Heiliges en Jaargetye
http://www.oocities.org/saintsnseasons

Apostels aan die Slawiese volkere

deur Mike Oettle

TOE die Serbiërs sowat ’n dekade terug op die Kroasiërs en die Bosniërs oorlog gevoer het, moes dit veral vir die Heiliges Cyrillus en Metodius hartseer gemaak het om daarop neer te kyk, want dit was hulle sendingwerk 11 eeue gelede wat van die Slawiese stamme van die Donau Christene gemaak het. Iewers langs die pad het die boodskap van die evangelie in die Balkaanse skiereiland verlore geraak.

Die evangelie is reeds in sommige van die lande van die Donau gepreek voordat hierdie twee op die toneel verskyn het – ons weet van Sint Martinus se werk in Pannonia (tans Hongarye) en Illy­r­icum (tot onlangs toe die westelike dele van Joegoslawië) tydens die 4de eeu nC – maar soos in ander dele van die Romeinse węreld (soos Brittanje) het heidense stamme binnegeval en die Kerk uitgewis. ’n Slawiese prinsdom genaamd Groot Morawië het ontstaan in die lande wat ons vandag Tsjegia, Slowakye en Hongarye noem (die Magjars het op hierdie stadium nog nie in Sentraal-Europa aangekom nie) en in 862 het die heerser daarvan, Rostislav, hom onder druk gevind van beide die Duitse koninkryk en die Roomse Kerk in Duitsland, sowel as van ’n ander Slawiese staat, die Bulgaarse Ryk.

Rostislav het tot Konstantinopel ’n beroep om sendelinge gerig. Die keiser, Migael III, en die Patriarg, Fotius, het saamgestem dat Cyrillus[1] en Metodius die manne was wat die evangelie na die Slawwe sou bring. Cyrillus, omstreeks 827 gebore, ’n eermalige professor in die wysbegeerte en voorheen ’n sendeling aan die Arabiere, en sy broer, die ab Metodius, omstreeks 825 gebore, wat betrokke in ’n sending aan die Khazars, noord-oos van die Swart See, maar was teenoor die beroep gehoorsaam en het in 862 onder die Slawwe begin werk.

Hul eerste taak was om die Skrif en die liturgie in Slawonies te vertaal (dit was die gemene taal van die stamme vanaf Bulgarye tot in Groot Morawië), en om dit te doen moes hulle (vanuit die Griekse) ’n alfabet te skep wat die klanke van die Slawoniese taal (vandag word dit Ou Kerk-Slawonies genoem) sou weerspieël. Metodius het glo die alfabet uitgewerk, maar dit word aan Cyrillus gekrediteer met die naam Sirillies. Die Sirilliese alfabet word nie meer in sy oorspronklike vorm gebruik nie, maar aangepaste weergawes daarvan word steeds in Serwië, Bulgarye, Oekraďna en Rusland gebruik en kan gesien word op die posseëls wat deur hierdie lande, deur Joegoslawië en deur die eermalige Sowjet-Unie uitgereik is.

In 867 is die broers deur pous Sint Nikolaas I na Rome genooi om hul konflik met die Duitse aartsbiskop van Salzburg (tans in Oostenryk) en die biskop van Passau (in Beiere) te verduidelik. Hierdie biskoppe wou die gebied beheer waar Cyrillus en Metodius besig was, en die Latynse liturgie afdwing. Teen die tyd wat hulle in 868 in Rome aangekom het is ’n nuwe pous, Adrianus II, geďnstalleer. Hy het hulle kant gekies en formeel die Slawoniese liturgie bemagtig. Cyrillus is in Rome dood, maar Adrianus het vir Metodius aartsbiskop van Sirmium gemaak (hierdie stad was aan die suidergrens van Pannonia) en ook pouslike afgevaardigde.

Nŕ Rostislav se afsterwe het sy opvolger, Svatopluk, die Duitsers meer ruimte toegelaat en in 870 is Metodius deur die Duitse geestelikes verhoor, wreed behandel en in die tronk gewerp totdat pous Johannes VIII ingetree het. In 880 is Metodius weereens na Rome ontbied oor die Slawiese liturgie, maar weereens het hy pouslike goedkeuring verkry, hierdie maal nie so maklik nie. Verdere twis, aangehits deur sy wybiskop, Wiching, het genoodsaak dat Metodius in 882 Konstantinopel moes besoek.

Nŕ Metodius se oorlye in 884 het Wiching vir hom opgevolg, en hiermee het Rome die bohand verkry. Pous Stephanus V het die gebruik van die Slawiese liturgie verbied, en Wiching het die dissipels van Cyrillus en Metodius verban. Hierdie volgelinge het die These dissipels het hulle werk onder die Serbe, Kroate, Pole en Bulgare voortgesit en het selfs die evangelie na Kiëf geneem, wat destyds hoofstad van Rusland. Maar die kloof tussen Latyns en Slawonies het onherstelbare skade gedoen nie slegs aan die Kerk in die lande van die Donau nie, maar selfs aan die Slawiese volkere, veral toe die Roomse Kerk in latere jare die Latynse liturgie op die westelike afdeling, die Chrvata,[2] van die stam wat hulself Srba[3] genoem het. Die gevolg is nie slegs die gebruik van die Romeinse alfabet onder die Katolieke Kroate maar haat en wantroue teenoor die “ketterlike” Ortodokse Serwiërs, en andersom.

Cyrillus en Metodius is kort nŕ hul dood deur die Oosterse Kerk tot heiliges verklaar, en in 1880 het Rome hulle ook gekanoniseer. Hulle feesdag is 7 Julie.



[1] In Grieks, Kurillos (KurilloV), wat “heerlik” beteken, van kurios (kurioV), “heer” of “meester”. In Russies verskyn die naam as Kiril.

[2] Die Kroate. Posseëls van hulle staat (huidiglik en tydens die Tweede Węreldoorlog) dra die inskrywing Hrvatska.

[3] Die Serwiërs. Posseëls van die Vorsdom Serwië (vňňr 1918) dra ’n Sirilliese inskrywing wat soos CPbNJA lyk (die C staan vir die klank S; die P is eintlik R; die “b” het ’n ekstra hakie, die N is agterstevoor en staan vir ’n kleurlose vokaal; en die J en A het dieselfde waarde as in Afrikaans.)


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Hierdie artikel is Februariemaand 1993 in Western Light, maandblad van die parogie van Alle Heiliges, Kabegapark, Port Elizabeth, gepubliseer, en is deur die skrywer vertaal.

  • Terug na indeks van heiliges

    Terug na chronologiese indeks

    Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks


    Skryf vir my: Mike Oettle