Heiliges en Jaargetye
http://www.oocities.org/saintsnseasons

Auschwitz-vrywilliger

deur Mike Oettle

“NIEMAND het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflę,” [1] het Jesus gesę. Hy het van Sy eie dood gepraat maar ook, is ek seker, het Hy gedink aan dié nŕ Hom wat ook selfopofferend hulself vir ander sou opgee.

Jesus se woorde het blykbaar eendag in Julie, 1941, deur die gedagtes gegaan van Rajmund Kolbe toe die kommandant van Auschwitz die insittendes van die kamp se Blok 14 op parade laat staan het nadat ’n gevangene ontsnap het.

Die kom­mandant se manier om ontsnappings te hanteer was om 20 gevangenes te neem, hulle in ’n sel toe te sluit, en hulle van honger laat omkom. Vanaand het hy grootmoedig gevoel: slegs 10 gevangenes sou honger ly.

Voordat hy sy keuse gemaak het, het hy reeds die Blok 14-gevangenes heeldag in die son laat staan. Nou begin hy met die uitkeur van die ongelukkige 10. No 4 was ’n Poolse sersant met die naam Francicek Gajowinczek, wat om genade gesmeek het: “Ek het ’n vrou en twee kinders. Ek will hulle weer sien. Ek wil nie sterf nie.”

Rajmund het uit die gelid gesnel en probeer hy om die kom­mand­ant se hand te soen. Die kommandant stoot hom weg en vra in Duits: “Wat soek hierdie Poolse vark?” Rajmund sę toe hy wil die sersant se plek inneem. Hy en nege ander word weggemarsjeer.

Wie was hierdie man wat die plek van ’n landgenoot ingeneem het?

Kolbe is 8 Januarie 1894 in Pole onder Russiese heerskappy gebore, in die dorp Zdunska Wola, in die provinsie Wielkopolski, suidwes van Warskou en na aan die grens van Silesië, destyds deel van Duitsland. Broeder Kenneth, CGA,[2] vertel vir ons dat toe Raj­mund 10 jaar oud was, sy ma hom uitskel en vra: “Wat gaan van jou word?”

Daardie nag het hy gedroom dat die Maagd Maria na hom gekom het en vir hom twee krone aangebied het, een wit en een rooi. Die wit kroon het beteken dat hy by ’n religieuse orde sou aansluit en enige gedagte van die huwelik of van kinders sou prysgee. Die rooi kroon het martelaarskap beteken. In sy droom het hy altwee gekies.

Wetend wat van hom sou word, het Rajmund hom by die Franciskaanse Kloosterorde aangesluit toe hy slegs 13 jaar oud was. In 1910, toe hy 16 was, het hy die name Maximilian Maria aangeneem, en in 1912 is hy Rome toe, waar hy aan die Pouslike Gregoriaanse Universiteit gestudeer het. Selfs voordat hy as priester ingeseën is (in 1918, die jaar van Pole se bevryding), het hy en ses vriende ’n sendingskruistog gevorm wat hulle die Milisie van die Onbevlekte Maria genoem het. Vroeër het Maximilian daaraan gedink om soldaat te word. In die ouderdom van 25 het hy vir homself as soldaat van Christus aangesien en het dwarsoor die Poolse Republiek klein groepies toegewyde Katolieke gevorm.

In 1922 het hy ’n gewilde Katolieke maandblad begin met die titel Rycerz Niepo­kala­nej (Die Ridder van die Onbevlekte Maria). In 1927 het hy sy idees werklike vorm gegee (sy tydskrif se sirkulasie was in hierdie stadium 70 000 eksemplare per maand) en ’n godsdienstige sentrum gestig te Tere­sin, wes van Warskou, en het hy dit die Niepokalanów[3] (Stad van die Onbevlekte Maria) genoem. Gou het dit een van die węreld se grootste Franciskaanse huise geword. Later het hy soortgelyke sentrums in Japan (1930) en Indië gestig.

In 1936 het sy kloostervoogde hom na Pole teruggeroep om aan die hoof te staan van beide die Niepo­kala­nów en Pole se grootste Katolieke uitgewersredery.

September 1939 het die nazi-Duitse inval in Pole gesien, gevolg deur die deportasie van die meerderheid van die broeders aan die Niepokalanów (Maximilian ingesluit) na Duitsland. Maar sonder verduideliking is hulle bevry, en teruggeneem. Die Niepokalanów het ’n vlugtelingsentrum geword met huisvesting vir 3 000 hawelose Pole, waaronder 2 000 Jode.

In 1941 is slegs een uitgawe van Rycerz Niepo­kala­nej uitgegee. Hierin het Maxi­mil­ian so sterk teen die euwel in die land geskryf dat hy gearresteer is en na Warskou se berugte Pawiak-gevangenis geneem. Hier het ’n SS-wag vir hom gevra: “Glo jy in Christus?” “Ek glo,” sę Maximilian. Die wag slaan vir hom, vra weer die vraag, en genadeloos vir hom oor en weer geslaan. Steeds het Maximilian “Ek glo” geantwoord.

Maximilian is, sonder sy Franciskaanse kleed en in gevangene-uniform, na Auschwitz gestuur en met die nommer 16670 gebrandmerk. Saam met ander priesters is hy gedwing om aan die bouwerk op die krematorium deel te neem, onder die oog van die sadistiese wag “Bloedige” Krott.

Maximilian Kolbe was vir sy mede-gevangenes ’n voorbeeld selfs voordat hy vir die hongersdood-sel ingewillig het. En in daardie sel het hy nog gebedel nog gekla. Ander het op die deur vir kos afgestorm wanneer dit oopgemaak is, en is geslaan of geskiet. Toe die sel geďnspekteer is, is die ander lęend gevind; Maximilian, indien hy nie op sy knieë was nie, het in die middel van die kamer gestaan en vir die wagte geglimlag.

Nŕ twee weke was Maximilian die enigste oorlewende. Die sel is vir ander gevangenes benodig, en 14 Augustus is ’n doods-inspuiting van fenol beveel. Met ’n gebed het Maximilian sy arm voortgebring.

Pous Paulus VI het 17 Oktober 1971 die basiliek van die Niepokalanów besoek vir die gewyde saligverklaring van Maximilian Kolbe. Teenwoordig in die vergadering was Francicek Gajowinczek. Broeder Kenneth stel dit dat hy “’n dramatiese voetnoot tot Kolbe se opoffering”[4] gemaak het.



[1] Johannes 15:13.

[2] In Saints of the Twentieth Century deur Broeder Kenneth van die Gemeenskap van die Heerlike Opstanding.

[3] Om hierdie huis se naam uit te spreek, onthou dat in Pools IE twee vokale is, dat die letter L (wat hier met ’n skuinsstreep geskryf behoort te word) ’n Engelse W-klank voorstel, en dat die letter W dieselfde waarde het as in Afrikaans.

[4] Aangehaal uit die Encyclopćdia Britannica (my vertaling).


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Hierdie artikel is Augustus 1994 in Western Light, maandblad van die parogie van Alle Heiliges, Kabegapark, Port Elizabeth, gepubliseer, en is deur die skrywer vertaal.

  • Terug na indeks van heiliges

    Terug na chronologiese indeks

    Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks


    Skryf vir my: Mike Oettle