Saints and Seasons
http://www.oocities.org/saintsnseasons

‘Sy het hom in ’n krip neergelę . . .’

deur Mike Oettle

Elisabet / Maria

“DIE maagd sal swanger word en ’n seun in die węreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.”[1] Toe Jesaja hierdie woordie vir koning Agas gespreek het, kon hy nie weet dat sy woorde na enigiets meer buitengewoon verwys het as die geboorte van nog ’n kind aan die koning. Maar profetiese woorde word nie deur hul spreker beperk nie, want dit word deur Goddelike ingewing gegee. Die woorde is beslis van toepassing op die kind van Mirjam (aan ons bekend as Maria), die verloofde van Josef bar Jakob van Nazareth, wat volgens die engele Jesus genoem moes word.

Matteus, wat vir die Jode geskryf het, was het gesorg dat hy nie net die Profete aanhaal nie, maar ook om Josef se stamboom aan te gee (of ten minste meestal sy manlike voorouers) want dit het nie slegs Josef se geloofbaarheid gevestig het nie, maar ook Matteus s’n. Aan die ander hand was Lukas die versamelaar van stories, die Griek wat die Joodse leefwyse aan ander Grieke wou verduidelik.

Lukas lę selfs meer klem op die familie as Matteus, met sy aandag aan Sagaria en Elisabet, die ouers van Johannes, en aan Maria se besoek aan haar niggie Elisabet – die geleentheid vir Maria se loflied wat so bekend is onder die Latynse benaming Magnificat.[2] Die familie is ook in Lukas se vertelling van Jesus se geboorte belangrik – maar op ’n manier wat nie vir jou bekend sal wees nie. Hy skryf:

“Sy het haar Eerstelingseun in die węreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelę, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.”[3]

Hierdie vers het aanleiding gegee aan ’n hele kultuur van “arme klein Jesus, deur die węreld verwerp, in ’n stal gebore”. Maar daar word glad nie daar ’n stal genoem nie. Maar wag, sę jy, wat van die tradisionele liedjies? Ons sing mos in Engels: “Ox and ass before him bow/ and he is in a manger now” Maar die os en die donkie word nie in die Skrif genoem nie – die diere is deur Fransiskus van Assisi vir sy Kers-tablo bygebring.

Die Griekse woord wat hier as “herberg” vertaal word, verskyn slegs tweemaal in die Nuwe Testament – en die ander keer word dit korrek as “gastekamer” vertaal. Kom ons gaan terug na die Ou Testament, na 2 Konings 4, waar ons lees dat Elisa dikwels by ’n getroude paar in Sunem besoek afgelę het. Die vrou sę vir haar man: “Kom ons bou ’n klein bovertrekkie en sit vir hom ’n bed, ’n tafel, ’n stoel en ’n lamp daarin. Wanneer hy [Elisa] by ons aankom, kan hy daar intrek.”

Teen die tyd van die Nuwe Testament het dit die gebruik geword dat ’n gastekamer op die dak voorsien word. Om die waarheid te sę, sou Josef die aand toe hy in Betlehem aangekom het, by ’n herberg gaan aanklop het, sou hy nooit weer sy gesin in die gesig kon kyk nie. Dit was hulle reg en hul plig om vir hom en vir Maria te huisves. Maar aangesien vele ander mense ook verplig is om vir die sensus Betlehem toe te reis, sou daar ook ander gaste gewees het, dus sou die gastekamer blykbaar bietjie vol gewees het.

Hier kom die krip nou in: op die grondvloer sou die huis in twee vlakke verdeel word: ’n bovlak vir kook en eet (met die familie-slaapkamer eenkant), en ’n laer vlak waar die diere snags ingelaat sou word. Waarskynlik het die familie ’n paar skape aangehou, miskien ook ’n koei en ’n donkie. Die skape en die koeie sou bedags saam met die dorp se veewagters uitgaan. Die krip, wat vir die vee voer gehou het, sou vir die pasgebore kind ideaal wees as beide bed en kooigoed.

En dus sien ons die Verlosser van die Węreld, nie ’n uitgeworpene in ’n stal by ’n herberg nie, maar in die boesem van Sy familie.

Onthou ook dat dit van Joodse mans verwag is dat hulle met vroue uit hulle eie stam sou trou, dus was Josef se familie in alle waarskynlikheeid ook Maria se familie. Sommige kommentators glo selfs dat die stamboom wat in Lukas se Evangelie weergee word in werklikheid Maria s’n is, aangesien dit in die geslagte tussen Salamo en Jesus so anders is as die lys in Matteus.



[1] Jesaja 7:14, aangehaal in Matteus se Evangelie, 1:23.

[2] Lukas 1:46a-55.

[3] Lukas 2:7.


Counter

Terug na bo

For English, click here

Hierdie artikel is oorspronklik in die Desember 1993/Januarie 1994-uitgawe van Western Light, maandblad van die parogie van Alle Heiliges, Kabegapark, Port Elizabeth, gepubliseer, en is deur die skrywer vertaal.


Terug na indeks artikels oor die Here

Terug na jaargetye-indeks

Terug na chronologiese indeks

Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks


Opmerkings, navrae: Mike Oettle