‘Grens-opruier’ (Deel 2)
deur Mike Oettle
WAAR James Read gedurende sy jare op Bethelsdorp, in die land van die
Batswana en op Theopolis, in Benede- Albany, ’n opruier genoem is, sou hy met
daardie beskuldiging vervloek wees nadat hy na die omgewing van die Katrivier
verplaas is.
Die vraag moet dan duidelik en billik gestel word: watter soort Christen was hierdie man? Die ou geskiedenisboeke is van sy wandade vol geskryf, maar dit moet in gedagte gehou word dat dit geskryf is deur manne wat geglo het dat die wit man in Afrika bo moet staan, en dat enigiemand wat dit bevraagteken het of op enige manier dit ondermyn het, ’n gemene skurk moet wees.
Die Katrivier-nedersetting, ’n gebied waar Khoikhoi- (“Hottentot”)-mense
grond kon besit, is in 1829 in die the Kat-vallei daargestel op grond wat van
die amaXhosa geneem is. Tot met die Vyfde Grensoorlog van 1819 was dit waar die
Xhosa-kaptein Maqoma sy kraal gehad. Grondlose Khoikhoi – waarvan daar in
Kaapkolonie sowat 9 000 was – het vanuit baie dele van die kolonie
daarheen getrek.
Die London Missionary Society, nadat dit daartoe uitgenooi is deur Andries
Stockenström, landdros op Graaff-Reinet, het die geleentheid gebruik om van
hul eie mense daar te vestig op ’n sendingstasie wat hulle vir dr John Philip
vernoem het: Philipton. Ten spyte van die misnoeë van Stockenström is Read
ook daarheen gestuur. Sy seun James het in 1832 by hom aangesluit, toe die jong
man 21 jaar oud was.
Die bestaan van ’n nedersetting van vry Khoikhoi was vir boere ontstellend, beide Britte en Boere, wat altyd op soek was vir maniere om nog arbeid by te kry. Die Boere kon slawe koop (totdat slawerny in 1834 afgeskaf is), maar die 1820-Setlaars is die eienaarskap van slawe ontsê, en dit was veral hierdie gemeenskap wat die Reads en soortgelykes vir hindernisse ingesien het, as mense wat vir “lui Hottentotte” aangemoedig het.
In werklikheid was dit die LMS-sendelinge, meer as enige ander mense, wat die bewoners van die sendingstasies aangemoedig het om uit te gaan om geld vir ’n bestaan in te win – daar was so baie uit Bethelsdorp wat so gemaak het, dat skaars enige van die weerbare mans wat aan die gemeenskap behoort het, werklik daar gebly het. Soos vele gemeenskappe in die swart reserwegebiede onder apartheid (en selfs vandag) was dit ’n dorpie van vroue, kinders en ou manne.
Die Khoikhoi van die Katrivier het goeie rede gehad om vir blanke koloniste te vrees, asook die wette en ander metodes wat hulle aangewend het om bruin mans te dwing om onder ongunstige omstandighede arbeiders te wees – veral nà die bevryding van die slawe, wat nouliks saamgeval het met die Sesde
Grensoorlog in Desember 1834 – en ’n mens sou kon verwag dat hulle so opstandig
sou wees dat hulle hul met die amaXhosa sou allieer.
Maar alhoewel hulle dit miskien wou doen, het hulle nie, selfs al het Read senior hulle posisie onder ’n gedreigde wet op rondlopery: enige beampte kon ’n vermeende rondloper wegstuur om op openbare werke te arbei totdat die verdagte die versekering gegee het dat hy òf sou ophou rondloop òf onder kontrak sou werk.
Die sendelinge was oor die algemeen teen hierdie beoogde wet gekant: die Morawiërs het gevoel dit sal al hulle werk onklaar maak, die Metodist het dit verdoem as iets wat tot lyfeienskap sou lei, en dr Philip het ’n beroep gedoen om verdere grondverlenings aan Khoikhoi langs die Katrivier (maar het regtens bygevoeg dat sterk drank daar verbied moet wees).
Die wet op rondlopery is deur die Wetgewende Raad deurgevoer, maar die Hoofregter het dit onreëlmatig gevind en dit is in Londen ongeldig verklaar.
Ondanks Read se raad teen opstande, het die Regering tydens die oorlog vir hom uit Philipton verban omdat hulle hom van sedisie verdink het. Hy het in werklikheid teen rebellie gekant gebly tydens die Sewende (1846-47) en Agtste (1850-53) Grensoorloë, en tydens laasgenoemde konflik het hy die Kat River Loyal Burgher Association gevorm teen “dislojaliteit en anargie” – maar toe inwoners van Philipton onder die leiers was van die Katrivier-rebellie in 1851, is hy daarvoor geblameer, en na die oorlog is blankes in die vallei op
“Kleurling”-grond geplaas. Die gemeente van Philipton se getalle is verminder,
en kon hulle nie meer ’n predikant bekostig nie.
Die Reads se reis na Londen in 1836, vergesel van die bekeerlinge Dyani Tshatshu[1] (ook Jan Tzatzoe genoem) en Andries Stoffels, om voor die parlementêre Select Committee on Aborigines getuienis te lewer, het na verdere beskuldigings gelei.
’n Gebalanseerde oorsig oor die lewe van Read (wat 8 Mei 1852 oorlede is) is egter dat hy ’n opregte Christen was, alhoewel hy miskien te gewillig was om die klagtes aan te hoor van die mense onder sy sorg, en was hy ook te maklik ’n teiken vir die vyandigheid van sy blanke bure. Dr Philip se afkeur van sekere van sy handelinge dui daarop dat hy beslis nie vir ’n groot heilige aangesien kan word nie. Hy het blykbaar voortgegaan met dr Van der Kemp se fout dat hy die evangelie geleer het sonder dat hy groot pogings te maak om sy bekeerlinge se lewens op ander maniere te verander.
Tog sou hy, indien hy ernstig verkeerd was in sy leer van die boodskap van die evangelie, met sekerheid afgedank gewees het.
Dit word algemeen gedink dat James Read jnr, wat in 1836 in Engeland as predikant ingeseën is, meer intelligent was as sy vader. Alhoewel hy half Khoikhoi was, is hy 1841 getroud met Anna, dogter van die Engelse sendeling eerwaarde George Barker. Hulle het drie seuns en ’n dogter, van wie die derde seun, Walter Henry, in Transkei magistraat geword het.
[1] Dyani Tshatshu was ’n
mindere kaptein onder die amaXhosa, en was die enigste bekeerling van dr
Johannes van der Kemp se jaarlange verblyf by die kraal van die kaptein Ngqika,
in 1800-01.
Hy was ’n leier onder die sogenaamde “ongelowiges” (dit wil sê, die wat nie in die profesieë van Nongqawuse geglo het nie) tydens die berugte Veeslagting (ook die Nasionale Selfmoord van die Xhosa genoem) van 1854.
For English, click here
Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks
Skryf vir my: Mike Oettle