Heiliges en Jaargetye
http://www.oocities.org/saintsnseasons

In diens van God, nie koning Henry nie

deur Mike Oettle

TWEE Thomasse verskyn op die almanak vir Juliemaand: die 3rde, die Apostel Thomas, en die 6de, Thom­­as More (martelaar, 1535).

Oor die Apostel (Thomas “die twyfelaar”) weet ons ongelukkig min met sekerheid behalwe dit wat in die Evangelie van Johannes verskyn – alhoewel hy ook in vier apokriewe[1] werke genoem word, die Handelinge van Thomas ingesluit. Hierdie boek vertel dat hy na Indië gereis het en in 53 nC gesterf het. Die Siriese kerk van Malabar, in Indië, noem hom sy stigter. Sy naam beteken eenvoudig “tweeling”, (in Aram­aďes, Te’oma; in Grieks, Didymos), en word dit op verskeie wërelddele ook as pleknaam gebruik, onder andere die eermalig Portugese eiland Săo Tomé in die Golf van Guinee.

Ons weet wel heelwat oor Thomas More en oor Thomas Beck­et (wat 29 Desember 1170 ’n marteldood gesterf het). Hulle was twee buitengewone Engelsmanne wie se loopbane vergelyk mag word. Oor elkeen is ’n rolprent in die 1960s gemaak: Becket en A Man for All Seasons (gebaseer op die toneelstuk van dieselfde naam), en Becket was ook die onderwerp van T S Eliot se toneelstuk Murder in the Cathedral.

Wat hierdie manne in gemeen het is ’n aan God en Sy Kerk wat die gesag van hulle koninklike meesters teengegaan het – in beide gevalle ’n koning met die naam Henry.

Beide rolprente het op my as tienderjarige ’n diep indruk gemaak – miskien sal jy die openingstoneel van Becket onthou (dit was ook die slottoneel) waar Henry II hom deur die Kerk laat gesel as penitensie vir sy versoek dat Thom­­as gedood word.

Ek sal nie hier hulle loopbane herhaal nie – die Encyc­lopćdia Britannica gee vir Becket meer as anderhalf bladsye en aan More 2˝, en boekdele is oor albei geskryf. Albei was regsgeleerdes (More was ’n suksesvolle advokaat voordat hy koninklike diens aanvaar het) en albei het as Kanselier (die koning se hoofminister) gedien.

Maar Becket was, alhoewel hy selibaat was,’n węreldlike man wat ryk geword het uit die inkomste van ’n aartsdiakenskap, al was hy glad nie ingeseën nie. Hy is uitgekies om aartsbiskop van Kantelberg te wees omdat hy die koning se man was, en in 1162 is hy binne een dag ingeseën as diaken, priester en biskop. Maar hy het Henry teleur gestel deurdat hy ’n vrome man geword het en ’n toegewyde dienskneg van die Pous. Kort voor lank het hy as Kanselier bedank, wat ook die koning teleurgestel het.

Aan die ander hand het More die toegewyde lewe geprobeer, maar het hy op die ou end gekies om te trou (na die dood van sy eerste vrou het hy weer getrou). Sy stipte eerlikheid en afkeur van omkopery het veroorsaak dat hy relatief arm was en in die skuld, tog het hy opvoeding as deur beskou. Hy het lewenslank aangehou met sy studies, en was sy huis ’n skool vir sy vroue, sy vier kinders, twee stiefkinders, ’n pleegdogter en verskeie bevoogdes. Hy is beskou as een van die vooraanstaande geleerdes Europa, en was hy ’n vriend van die beroemde Desiderius Erasmus (ook bekend as Erasmus van Rotterdam).

Elkeen van hierdie twee Thomasse het uiteindelik met sy koning twis gehad. Henry II was gekant teen ’n beweging wat die Gregoriaanse hervorming genoem is, ’n herlewing in die institusionele Kerk wat ook neergekom het op ’n vermindering van koninklike gesag oor die Kerk, en Becket het vanaf die jaar van sy inseëning vir Henry teengestaan. Hy is verplig om etlike jare lank in ballingskap te gaan. Henry het egter in 1170 te ver gegaan toe hy sy seun Henry deur die aartsbiskop van York laat kroon het as mede-koning. Op verskeie maniere was dit sonder presedent en onbetaamlik, en Thomas het vir almal wat verantwoordelik was, onder die ban geplaas. Die koning het besef dat hy ook op die punt was om onder die ban geplaas te word, en het hy in Frankryk by Thomas besoek afgelę, en hom toegelaat om terug te keer.

(Prins Henry het terloops nie lank genoeg geleef om sy vader op te volg nie. Die kroon het eers aan sy broer Richard Lion-Heart gegaan, en toe na die jongste broer, John.)

Thomas se terugkeer het egter geen verskil gemaak nie, en kort na Kersfees het die koning gevra: “Sal niemand vir my van hierdie opstandige priester ontslae raak nie?”[2] het vier vooraanstaande ridders hom op sy woord geneem en, toe hulle op die 29ste op Kantelburg aankom, vir hom met hul swaarde afgemaai. Binne dae het pelgrims by sy graf begin aandoen, en in 1173 is hy tot heilige verklaar.

Aan die ander hand het More geen agtergrond gehad van twis met sy koning, Henry VIII, tot in 1533 toe hy versuim het om die kroning van koningin Anne Boleyn by te woon. Henry het in die daaropvolgende Februarie geprobeer om van hom ontslae te raak, maar die House of Lords het sy naam verwyder van ’n lys mense wat tereggestel sou word. Toe dit van hom in April verwag is om onder eed in te stem tot die Opvolgingswet (Act of Succession), het hy gesę hy sou toestem tot Anne se kinders as troonopvolgers, maar hy het beswaar gemaak teen ’n gedeelte van die wet wat die Pous se gesag verwerp het. Hiervoor is hy in die Toring van Londen toegesluit, waar hy sy tyd deurgebring het met die skryf van geestelike boeke.

Die jaar daarop is hy verhoor, en is hy skuldig bevind op grond van valse getuienis dat hy geweier het om die koning se titel van opperhoof van die Kerk van Engeland te aanvaar. Hy het in sy eie verdediging die hof toegespreek en daarmee die eenheid van die Kerk gehandhaaf. “Geen węreldlike man mag hoof wees van die spiritualiteit nie,”[3] het hy verklaar. Vonnis is uitgespreek dat hy opgehang en gevierendeel word, maar op die koning se versoek is hy egter onthoof. Min mense het geglo dat hy ’n verraaier was, en die hele Europa het vir hom gerou. Hy is egter eers in 1935 tot heilige verklaar.

Henry VIII was ook wreed teenoor Thomas Becket: die martelaar se beendere is verbrand, sy graftombe is aan flarde gebreek en sy naam is uit die kerkdiensboeke uitgewis. Hoekom? Soos More het hy heroďes vir ’n tiran weerstaan.

Weens Henry se onmin teenoor hulle, en omdat dit gedink is dat hulle Rome bo Engeland verkies het, het die Kerk van Engeland lank van die twee Thomasse vergeet. Maar toe dit besef is dat hul lojaliteit teenoor die bisdom Rome gespruit het uit ’n verlange vir Kerkeenheid, en hulle erkenning van God as hoër gesag as ’n koning, het waarskynlik gelei tot hul herverskyning op die Anglikaanse kerkalmanak. Waar ons in die moderne tyd versoek word om, in die woorde van Romeine 13:1, aan die owerhede te onderwerp, is dit ook goed om die psalmdigter te onthou: “Moenie op magtiges vertrou nie, nie op ’n mens nie; hy kan jou nie red nie.”[4]



[1] Apokriewe – wanneer daardie woord gebruik word van boeke wat oor Nuwe Testamentiese tye handel, beteken dit boeke wat nie in die Bybel ingesluit is nie weens hul twyfelagtige of onsekere herkoms.

[2] “Will no one rid me of this turbulent priest?”

[3] “No temporal man may be head of the spirituality.”

[4] Psalm 146:3. Die vertaling van 1933 lees: “Vertrou nie op prinse nie, op die mensekind by wie geen heil is nie.”


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Hierdie artikel is Juliemaand 1989 in Western Light, maandblad van die parogie van Alle Heiliges, Kabegapark, Port Elizabeth, gepubliseer, en is deur die skrywer vertaal.

  • Terug na indeks van heiliges

    Terug na chronologiese indeks

    Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle