Vader van Bethelsdorp
SKILDER vir jouself ’n prentjie van die landskap rondom Algoabaai twee eeue gelede toe daar in 1801 dr Johannes van der Kemp, James Read en hul 80 Khoikhoi-volgelinge (Hottentot)[1] aangekom het om daar te bly. Die Khoikhoi-hordes wat eens saam met hul beeste oor die veld rondgeswerf het (die Gamtoos, Damaskwa, Gonakwa en Hoengeykwa) is deur siektes en veediefstal verbrokkel, en Boere het hul plek ingeneem, ten minste wes van die Sondagsrivier. Enkele bendes Boesmans[2] (ook Strandlopers[3] genoem) kon miskien steeds gevind word – miskien het een of twee oorgebly in die duinevelde van Algoabaai en St Francisbaai – die res is uitgejag of noordwarts gedryf. Die baken wat vaandrig Beutler sowat vier dekades van tevore aan die monding van die Kabegarivier[4] opgerig het, het steeds gestaan; die Boere het die rivier daarna vernoem: Baakens. Op ’n helling bokant die Baakensrivier-strandmeer het Fort Frederick, gestaan, slegs twee jaar vantevore opgerig nŕ ’n onsuksesvolle Franse poging om die rebelle van Graaff-Reinet te ondersteun.
Van der
Kemp en sy volgelinge het verlof gehad om op ’n verlate plaas, Bothas Plaats,
op die pad na Kragga Kamma[5] sowat 12km vanaf Fort Frederick. Hulle het sowat ’n jaar lank daar gebly totdat die Derde Grensoorlog uitgebreek het en ’n hulle deur ’n gemengde oorlogsbende van Xhosa en Khoikhoi op hulle neergeval het. Van der Kemp se Khoikhoi het slegs twee skote op die aanvallers afgevuur, en het heel per geluk hul leier dodelik gewond. Maar daarna het Van der Kemp hulle na Fort Frederick verskuif, wat onlangs deur die Britse Leër ontruim is omdat die oorlog teen Frankryk verslap het, en die Kaap aan die Nederlanders teruggegee sou word.
Nadat
Bothas Plaats deur koloniste afgebrand is, het die groep by die fort aangebly
totdat die Bataafse Republiek[6] se goewerneur, generaal Jan Willem Janssens, in 1803 besoek afgelę het. Hy het Van der Kemp verlof gegee om ’n nuwe perseel te betree wat hulle ooreengekom het om Bethelsdorp te noem (van die Hebreeuse Beth-El[7] [Huis van God], die perseel van Jakob se droom in Genesis 28).[8]
Die
koloniste het Bethelsdorp as ’n toevlugsoord vir diewe en swerwers gesmaad, en
reisigers het dit bevestig dat dit “’n wanordelike samehoping van bouvallige
hutte” was waar “die sendelinge te besig was met die leer van religieuse
waarhede om aandag te gee aan węreldlike sake”.
Vanaf
1805 tot aan die einde van ’07 het daar by Van der Kemp die sending-entoesias
Machtelt Schmidt aangesluit. Sy het die kinders op Bethelsdorp se skool handvlyt
geleer. Maar Van der Kemp het met haar rusie gehad omdat sy ’n slawe-eienaar
was, en sy het na haar huis in Kaapstad teruggekeer. So is Bethelsdorp gelos
sonder enigiemand wat enigiets ywerig sou aanmoedig nie.[9]
Mev
Schmidt het in Van der Kemp se afwesigheid vir Bethelsdorp aangevoer, want die
Bataafse owerheid het hom in April 1805 Kaap toe ontbied. Hier het hy onder die
slawegemeenskap gewerk totdat Britse magte
in Januarie 1806 die Kaap weer ingeneem het. Hy het die vryheid van
etlike slawe gekoop, en in Juliemaand ’06 is hy getroud met Sara, 17-jarige
dogter van ’n Malgassiese slawevrou. Sy was nie destyds ’n Christen nie, maar
is drie jaar later gedoop. Van hul vier kinders is die oudste, Cornelius, in
Engeland opgevoed, en het hy vir die London Missionary Society te Bethelsdorp
gewerk tot sy dood in 1859.
Toe hy
teruggekeer het Bethelsdorp toe, het Van der Kemp saam met Read getuienis
bymekaargemaak van Khoikhoi wat boere verkla het dat hulle dwangarbeid geëis
het, vir wreedheid en selfs vir moord. Kaapkolonie se eerste rondgaande hof,
wat onthou word as die Swarte Ommegang, het in 1812-13 ’n groot aantal van
sulke aansprake ondersoek, maar blykbaar weens ’n tekort aan getuies[10]
het dit geen skuldigbevindings vir moord gemaak nie, en slegs sewe vir mishandeling.
Terwyl
hy in Kaapstad was om voor getuienis te lewer voor die verhoor wat aanleiding
gegee het tot die Swarte Ommegang, het Van der Kemp erken dat sy benadering op
Bethelsdorp verkeerd was. Maar voordat hy na Algoabaai kon terugkeer en dinge
begin regmaak, het hy siek geword en is hy 15 Desember 1811 in Machtelt
Schmidt se huis oorlede.
Alhoewel
dit duidelik is dat hy verkeerd en onverstandig was, maar Bethelsdorp staan tot
vandag toe, lankal in die stad Port Elizabeth ingelyf. Die Van der Kemp
Memorial Congregational Church, wat hy gestig het, herinner an sy naam, en die
verskeie boeke, briewe en pamflette wat hy oor ’n verskeidenheid onderwerpe
geskryf het – teologies, filosofies en filologies sowel as oor praktiese
onderwerpe – weerspieël die breë omvang van sy intellek.
En uiteindelik in die 21ste eeu
word sy aandrang op die gelykheid van die Khoikhoi (vandag sou ons Kleurling[11]
sę) en blanke burgers ingesien.
[1] Die woord Hottentot is, tot
laat in die 20ste eeu, normaalweg gebruik om die Khoikhoi-volk aan te dui. Hulle
was (tesame met die Boesmans) die inheemse volk van die Kaapse kusstreke wes
van die Visrivier en van die Oranjerivier-gebiede van Kaapkolonie (tans
Noord-Kaap) en Suidwes-Afrika (Namibia).
Dit is ontleen aan die
liriek van ’n religieuse dans wat deur die Khoikhoi uitgevoer is. Sewentiende-eeuse Nederlandse koloniste het die gebruik gehad om Khoikhoi-indiwidue met drank te paai om hulle te oorreed om die dans uit te voer. Die betekenis van die
uitdrukking “hot-ten-tot” is tans verlore.
Die term Khoikhoi (wat
“manne van manne” of “mense van mense” beteken) was die naam wat die Khoikhoi
gebruik het om na hulself te verwys.
[2] Die term San word tans
dikwels gebruik om die Boesmans aan te dui. Die woord is egter deur die
Khoikhoi gebruik om neerhalend na die Boesmans te verwys as “amper diere”. Die oorblywende Boesman-bendes (wat ’n verskeidenheid verwante tale praat, en wat vir hulself verskeie name gebruik) verwys tans na hul etniese groep as Bushmen, omdat hulle in en van die bos leef.
[3] Die Strandlopers van
Tafelbaai in Jan van Riebeeck se tyd, onder leiding van Autshumato (of Harry),
was nie regte Boesmans nie, maar eerder uitgeworpenes van die Khoikhoi-hordes
van die Kaapse Skiereiland, die sogenaamde Kaapmans. Die term Strandloper is
egter toegepas op daardie Boesmanbendes wat naby die see gewoon het en wat
uitgebreide gebruik gemaak het van die bronne van die see, en wie se kulturele
oorskot in duinevelde en grotte teruggevind is.
[4] Die Khoikhoi-uitspraak van
hierdie rivier se naam was blykbaar meer soos wat dit deesdae in isiXhosa
weergee word – Gqeberha, met ’n harde bo-verhemelte klikklank – as die
afgewaterde Nederlandse Kabega.
Deesdae word die naam (in
die vorm Kabega) slegs in die westelike voorstede van Port Elizabeth vir die
rivier gebruik. Die Xhosa-benaming word gebruik vir die eermalige Walmer
Township of lokasie (in die vorm eGqeberha, of dikwels foutief as eGqebera
geskryf).
[5] Kragga Kamma, wat “soet
water” beteken, is die naam wat die Khoikhoi aan ’n groep fonteine, sowel as
die strome wat daarvan na ’n nabye meer gelei het, en ook aan die meer self,
sowat 20 km wes van Port Elizabeth.
Die naam word onkundig
gebruik vir die woongebiede weerskante van die Kragga Kammaweg (wat steeds die
roete volg van die wapad waarlangs Bothas Plaats gelę het).
Die meer word deesdae
gewoonlik Lake Farm genoem (van die naam van ’n nabye plaas), en was etlike
jare lank feitlik uitgedroog, weens die optrede van ’n maatskappy wat besig was
met die sny van turwe vir voorstedelike grasperke.
In die 18de eeu was die naam wat die meeste aangetref word vir die omgewing van die huidige Port Elizabeth, Kragga Kamma, omdat dit hoog aangeprys is deur beide Khoikhoi en Boere as ’n plek waar hulle en hul beeste water kon vind.
[6] Die naam Bataafs is deur
die rewolusionęre Franse gebruik in ’n herlewing van name wat deur die Romeine gebruik is. Lombardye is die Cisalpynse Republiek genoem (wat aan Cisalpynse Gallië herinner het), en Switserland is die Helvetiese Republiek genoem (wat na die Keltiese Helvetii wat in die Romeinse tyd daar gewoon het, terugverwys het).
Die land wat ons tans as Nederland ken was nie deel van die Romeinse Ryk nie,
maar die stam wat daar gebyl het, het in Latyns as Batavi bekend gestaan.
[7] Ek skryf hierdie naam
doelbewus met die letters TH, want die klank daarvan was in Klassieke Hebreeus
dieselfde as in die Engelse woord “thin”. Die bewys hiervoor is dat, toe die
Hebreeuse Skrif in Grieks vertal is, dit met die letter theta (Q) geskryf is.
[8] Van der Kemp het vir
Janssens die krediet gegee vir die benaming van Bethelsdorp. Dit is egter
bekend dat hy op Graaff-Reinet reeds gepreek het van sy droom om vir hulle ’n
Bet-El te vind.
[9] Aangehaal uit Die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek.
[10] Dit was vir werkgewers moontlik om die lewering van getuienis deur hul werknemers op verskeie maniere te verhoed. Al was sulke optrede onwettig, was dit feitlik onmoontlik om dit te bewys.
[11] Die vraag of die term Kleurling aanvaarbaar is aldan nie, is netelig. Daar is ’n polities korrekte houding dat dit rassisties en verouderd is, maar aan die ander kant is daar ’n groot proporsie van die bevolkingsgroep wat eermalig as Kleurling (of een van die sub-kategorieë daarvan) geklassifiseer is, trots is om Kleurling te wees.
Die term het sy oorsprong in
die statistiese kategorie wat in Kaapkolonie gebruik is om gekleurdes aan te
dui wat ’n “Europese taal” gepraat het – amptelik Nederlands of Engels,
alhoewel Afrikaans wel onder Nederlands getel is.
Gekleurdes wat steeds
Khoikhoi of ’n Boesmantaal gepraat het, is nie as “beskaafd” beskou, dus het
heelwat indiwidue hul moedertaal vergeet en eerder Afrikaans of Engels gepraat.
For English, click here
Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks