deur Mike Oettle
’n KOERANTBERIG
wat melding gemaak het van ’n satanistiese kerk het my oë oopgemaak. Hoe kan
sataniste ’n kerk hê? En hoe kan Scientoloë ’n kerk hê . . . of
ateïste?
Jammerlik is hierdie woord so baie misbruik dat mense blykbaar nie meer weet wat dit beteken nie. En wat ateïstiese kerke betref – volgens Federale wet in die Verenigde State, sou ’n groep ongelowiges hulle by die Internal Revenue Service as “ateïstiese kerk” sou inskryf, is hulle dan op dieselfde behandeling geregtig as Christelike kerke of godsdienstige liggaam van enige ander soort, en mag hulle hulle eie “predikante” en “kerkgeboue”, met verskeie belastingtoelaes.
Hoe, vra jy
nou vir jouself af, kan ’n nasie wie se munte die leuse “In God we trust”
proklameer, so ’n toestand toelaat? Maar dan is die VSA ook die nasie wie se
Hooggeregshof gebede in openbare skole belet het op grond daarvan dat dit ’n
oortreding is van die Grondwetlike bepaling wat “an establishment of religion”
verbied.
Die geleerde regters het vergeet (of het hulle verkies om dit bloot nie te ken nie) dat die manne wat die Grondwet nie teen die godsdiens was nie – die meeste van hulle was kerkgaande Christene – maar teen die vestiging van enige spesifieke godsdiens of denominasie.
Nou ja, wat is dan ’n kerk of die Kerk?
My etimologiese woordeboek volg die ontlening van die verwante Germaanse woorde kerk en church deur vroeë vorms van Engels, Diets en Germaans tot ’n Laat-Griekse woord, kirikon (kirikon), wat ’n
kort manier was om doma kuriakon (doma kuriakon) te sê – die Here se huis. Kuriakon of kuriakos
(kuriakon/kuriakoV) kom op sy beurt van die Griekse woord kurios
(kurioV), wat “meester” of “heer” beteken.
Terwyl “kerk” dan wel ’n gebou beteken, beskryf dit dan ook letterlik die mense wat aan die Here behoort.
Dit word ook in Afrikaans gebruik om die Griekse woord ekklesia (ekklesia)[1] te vertaal. Dit het oorspronklik die politieke vergadering van die burgers van ’n Griekse stad-staat (iets soos ’n Amerikaanse dorpsvergadering of town meeting). Maar dit verkry sy spesiale betekenis van die feit dat die Griekse woord die betekenis het van “hulle wat uitgeroep is”.
Daardie geleerde man Paulus, wie van ’n Griekse stad gekom het, het die volgelinge van Christus die ekklesia genoem nie omdat hulle ’n politieke vergadering gevorm het nie, maar omdat hulle deur God geroep is tot geloof in die verlossende mag van Jesus Christus.
En hy het die woord gebruik om Gods mense op alle vlakke te beskryf, vanaf die klein groepies wat in privaat huise vergader het (omdat hulle nog nie vergaderingsale of sinagoges gehad het nie), asook grotere gemeentes en tot die gehele korpus van gelowiges dwars oor die Romeinse Ryk (en ook daarbuite), wat verteenwoordig is deur die vergaderings van apostels op Jerusalem.
Paulus was dan ook nie die eerste wat God se mense as ’n ekklesia beskryf het nie – die woord se beduidenis is reeds erken deur die geleerdes wat tydens die 3de en 2de eeue vC die Hebreeuse Skrif in Grieks[2] vertaal het, vir die nut van die Griekssprekende Jode wat in Alexandrië gewoon het.
Wanneer dit in die Bybel genoem is dat die volk van Israel vir ’n godsdienstige doel vergader het (soos in Deuteronomium 9:10 en 18:16) het hulle die Hebreeuse woord as ekklesia vertaal. In die Afrikaanse Bybel verskyn dit as òf “gemeente” òf “vergadering”, en in Engelse Bybels word dit gewoonlik as
“congregation” aangegee.
Terwyl dit miskien bietjie vreemd voorkom om na die Godvresende Hebreërs van die outyd as die Kerk te verwys, is dit ook nie heeltemal verkeerd nie. Hedendaagse Jode sal dit miskien misleidend noem, maar hulle vergeet dan dat hulle aan hul sinagoges behoort, voor alles nie omdat hulle Joods gebore is nie, maar omdat hulle ook deur God uitgeroep is.
As ’n mens na die Christelike Kerk kyk, sien ons dat dit heel paslik is om dit te gebruik nie net van die gehele korpus van gelowiges, maar ook van spesifieke denominasies – alhoewel ’n mens dan wonder of sommige van vandag se geïsoleerde sektetjies enige reg het tot daardie titel.
Maar dit is
’n kwessie van Kerkeenheid.
En Scientoloë, sataniste en ateïste? Aangesien geeneen
van hierdie groepe die Almagtige God as Heer erken nie, het hulle glad geen
aanspraak op die titel nie – wat die IRS ookal daaroor te sê het.
[1] Die Romaanse tale ontleen hulle woord vir kerk van hierdie woord: Latyns ecclesia, Frans église, Spaans eglesia.
[2] Omdat hierdie vertaling tradisioneel gekoppel is met ’n groep van 70 (of miskien 72) geleerdes, is dit die Septuagint genoem (van die Latynse septuaginta, wat 70 beteken).
For English, click here
Terug na indeks van artikels oor die Here
Terug na Heiliges & Seisoene-indeks