Hierdie webwerf – so te sê ’n takkantoor van Armoria – ontleen sy adres aan die naam vir ’n wapenfiguur wat dikwels onder familiewapens as breukmerk voorkom. Op sy beurt is dit gekoppel aan ’n URL wat met barensteel eindig – die Nederlandse woord vir die breuk wat ’n oudste seun in sy vader se leeftyd op sy wapenskild voer (in Afrikaans “baresteel”). Dit lyk paslik vir ’n webwerf wat op familiewapens fokus. (Vir ’n verduideliking van die skilde links en regs [die regterhandse een met ’n baresteel], kliek hier)