This site is now officially dead.
Visit my new home page at http://www.oocities.org/lacialacia/.
Please update your bookmarks.

Welcome to Samuel Murray's grave site, where I lament my demise from the internet -- / -- Welkom by Blerts van die Baaierd, my laaste snak.

ordinateur@websurfer.co.za

blerts van die baaierd ... wespark

die uwe

I was once great. I ruled the Internet like a prince. I surfed far and wide. And then, once day, I died the great netdeath all netpeople dread. Now I roam. I had scant time to prepare my sarcophagus, gather all my webpages in a bundle, and carve out a tombstone of my demise. Read, weep, and be still for me.

grafskrif ... et eulogy

.

Without much further ado stel ek graag die volgende artikels aan u bekend om deur te blaai en te geniet. Ek het 'n ouer werf gehad, by name "Leuce se werf", wat ek stadig probeer voltooi het. Daar was allerlei beplande skakels en artikels, maar teen die einde van my netlewe was net die volgende artikels en blaaie voltooi:

Persoonlike seksie...

Hier is 'n een en ander oor die uwe, 'n bladsy wat my as persoon aan die leser voorstel, 'n lang relaas oor my onmiddellike familie, 'n equally lang relaas oor my onmiddellike vriende en kennisse (dalk effens lanklaas opgedateer of bygewerk), en dan ook 'n paar van my beste gedigte en 'n seksstorie wat ek geskryf het toe ek jonger was.

Artikelse seksie...

Hier is eerstens 'n lang tweetalige lys van terme oor die internet (internettermlys), van Engels na Afrikaans. En tweedens 'n bladsy met allerlei skakels oor hoe om te werf te ontwerp (werfontwerp), vir diegene wat hul eie webwerwe wil ontwerp. Good luck.

Advanced Dungeons & Dragons: 'n onligsinnige kyk na die aard en gevare van rolspel, met spesiale verwysing na die sogenaamde Dungeons & Dragons. Ek verduidelik hoe die spel gespeel word, kyk na 'n paar besware wat soms geopper word, en verduidelik die sewe groot gevare van rolspel.

Hacking en Cracking: 'n pseudo-akademiese kyk na komperkappery. This page does contain some english. Ek is heel geïnteresseerd in kappery, en bespreek hier 'n paar maniere om die onderwerp te benader.

Pornografie op die Internet: vir indien enige iemand dit eens oorweeg om na kaalfoto's op die Internet te gaan soek, het ek slegte nuus, goeie raad, en 'n een of ander te sê.

NOTA: ek het sedertdien ook 'n wyntermlys en 'n motortermlys hierby gevoeg, albei van Engels na Afrikaans. Die lyste is ook beskikbaar van Afrikaans na Engels, in text-formaat.

Pellese seksie...

Heksie se werf is altyd besonders. Ons stem nie altyd oor alles saam nie, maar sy doen werklik moeite met haar werf, en dis beslis 'n besoekie werd.

Francois Bloemhof is een van my gunsteling skrywers. Hy't bekend geword vir sy rillers, maar hy skryf ook kinderstories en algemene romans. Christ-O Coetzee se werf het all die nuutste.

Die Kettie is Andries de Ridder se versamelpunt vir allerlei Afrikaanse dinge, veral rekenaarverwante onderwerpe, insluitend vryware programme en byprogramme (plug-ins). Loer gerus daar.

Ek is nie meer op die Internet nie, en kan dus amptelik nie juis my werf aanvul met ekstra skakels nie, maar indien enige iemand se webwerf my interesseer sal ek 'n daarheen hiervandaan skakel. Enige iemand wat na hierdie werf wil skakel is welkom, en daar's selfs twee baniere beskikbaar, naamlik 'n grote en 'n kleintjie.

dooigoed ... le jeune mort

.

Vir 'n blissvolle ses maande het ek Internet gehad. Ek kon e-pos stuur en ontvang, ek kon op die irc-netwerk chat met allerlei interessante menske, en ek kon kaalfoto's vir die prys van 'n foonoproep kry by die duisende. Helaas, alles kon tot niets.

My diensverskaffer (M-Schleb) én my telefoonverskaffer (Tel-Skom) se rekeninge het by die dag hoër en hoër geworre, en eindelik kon my bank dit nie meer bekostig nie.

Maar, dit was goeie dae.

My ou werwe is nog steeds op die Internet beskikbaar. Hieronder tel

En dan is daar natuurlik hierdie einste werfblaai wat u nou na kyk. Ek het besluit om nie hierheen 'n skakel hierby in te voeg nie, aangesien u reeds hier is...

fenikssug ... chi mi'n geamhradh

.

Ek sal graag en met graagte van enige iemand hoor. Ek ontvang tans nog e-pos want dit word aan vriende se werk na aangestuur. Ek kan ongelukkig nie per e-pos enige korrespondensie beantwoord nie. My e-pos adres is ordinateur@websurfer.co.za. U kan ook vir my skryf by slakkepos,

Sultanastraat 20
Shirleypark
7530 Bellville
Suid Afrika (nuut)

Toekomsdrome...

Ek sou natuurlik graag my netpresence wil behou. Sodra ek tyd het, en geld, en die nodige ondersteuning van skrywers en vriende, sal ek 'n internetjoernaal of -tydskrif begin wat weekliks opdateer en bygewerk sal word. Sodra ek kan. Hmm...

Intussen (1999/02/01) het ek 'n Afrikaanse skakellys geskryf, genaamd Die Afrikaanse Kraaines, by Geocities Paris 2920. Die Kraaines het baie vinniger gewild en bekend geword as wat ek kon droom. Die werf bestaan uit oor die 500 skakels van werwe van Afrikaans bevat, almal sommer so deurmekaar gerangskik. Onlangs (1999/04/23) het ek die hele ding herontwerp om dit meer toeganklik te maak. Geniet!

Ek't ook aan my advertensiewerf getorring (1999/07/01), omdat ek my tans toespits op vryskut vertaling en proeflees. Gaan kyk gerus na die advertensie, op http://www.afrikaner.co.za/termwerf/leucetti.html. Jaja, ek weet dis 'n obskure webadres, maar nouja. As jy leucetti verkeerd spel as bv leucetta of leucette dan sal dit ook werk, *efg*.


shine se award vir my (want ek't haar gepes daarvoor)

Cape Town Personal Home Page Web Ring
This Cape Town Personal Home Pages site owned by Samuel Murray.
If you live in or around Cape Town and want to add your site to the ring, click here.
[ Previous 5 Sites | Previous | Next | Next 5 Sites | Random Site | List Sites ]


geocities

htmlskrywersgilde
ingeskrewe lid

byna 1 000 afrikaanse skakels

(c) Samuel Murray, 1998
ordinateur@websurfer.co.za

http://www.oocities.org/Wellesley/5897/index.html

werf geskep: 1998-10-20 (hierdie voorbladsy)
werf hersien: 1999-11-11

lettertipes gebruik: helvetica, brandley hand, en enya

sedert 1998-06-28fxweb.com/tracker sedert 1998-10-20fxweb.com/tracker teken my gasteboek
lees gasteboek