DIE TAALKOMMISSIE VAN AFRIKAANSE WOORDELYS EN SPELREËLS-FAAM

| Tuisblad | Koop die AWS | Geskiedenis van die AWS | Taalkommissie-lede | Oorsig oor die reënboog-AWS | Spelreëls en kommentaar (ons s'n en joune ook) | Omgangstaalafrikaans | Weggelate woorde | Debat oor die 1991-AWS | Skakels |

DIE UITGELESE UITGELESENES1 WAT ALLES LAAT GEBEUR

Die Taalkommissie het tans hul eie webwerf met foto's en inligting oor die lede van die kommissie. Kliek hier vir 'n foto van die Taalkommissie of besoek die webwerf by http://www.taalkommissie.co.za/.

Die foto's op ons blad is van die web af verkry en is nie deur die gefotografeerdes sélf ingedien nie.

Taalkommissie 2004

Die Taalkommissie vir 2004-2007 bestaan uit vier mans en vier dames, almal blank. Daar is 'n foto van die Taalkommissie op die Taalkommissie se webwerf Taalkommissie.co.za, asook foto's van die individuele kommissielede.

Ons kan ongelukkig nie tans daardie foto's hier vertoon nie omdat ons nie toestemming het nie, maar kliek gerus op die prentjies om na die foto's te kyk.

Prof. Ernst Kotzé (voorsitter)

Prof Ernst Kotzé

Prof Ernst Kotzé, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Port Elizabeth. E-posadres afaefk@upe.ac.za. Prof Kotzé is sedert 1992 lid van die Taalkommissie. Hy dien ook in Pansat se Nasionale Liggaam vir Afrikaans, en was ook lid van die Oos-Kaapse Provinsiale Taalraad. Van 1998 tot 1999 was hy wetenskaplike redakteur van Die SA Tydskrif vir Taalkunde. Prof Kotzé is sedert 1995 by UPE betrokke.

Mnr. Tom McLachlan (ondervoorsitter)

Kliek vir foto

Hierdie is nie dieselfde Tom McLachlan wat in 1874 die eerste goud in Transvaal ontdek het nie (skies, grappie). Mnr McLachlan is waarskynlik 'n privaat taalpraktisyn wat onder meer 'n wesenlike bydrae tot die PUK se jongste speltoetser gemaak het. Hy is sedert ongeveer 1996 lid van die Taalkommissie.

Dr. Frikkie Lombard (geheimskrywer)

Kliek vir foto

Dr Frikkie Lombard, M.A., D.Litt. (Stellenbosch), Senior Mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. E-pos fjl@wat.sun.ac.za. Dr Frikkie is aktief betrokke by die opheffing van leksikograwe in ontwikkelende lande.

Dr. Mariëtta Alberts

Kliek vir foto

Dr Mariëtta Alberts werk by die Nasionale Taaldiens (NTD) van die Staatsdepartement van Kuns en Kultuur. Voorts is sy aktief betrokke by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSALB). E-pos marietta@pansalb.org.za. Sy is lid van die uitvoerende raad van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SATI) in die Terminologie-portefeulje.

Dr. Johan Anker

Dr Johan Anker    Dr Johan Anker

Dr Johan Anker is die departementshoof van die Departement van Onderwys aan die Kaapse Technikon. E-pos ankerj@ctech.ac.za. Hy is sedert 1994/1995 lid van die Taalkommissie. Hy was ook medeskrywer aan die Stigting vir Afrikaanse se glossarium van onderwysterme. Hierbenewens is dr Anker ook 'n ywerige draaiboekskrywer (kyk Dwaal).

Prof. Anna E Coetzee

Kliek vir foto

Prof Anna Coetzee is dosent aan die RAU-kampus van die Universiteit van Johannesburg. E-pos aec@lw.rau.ac.za. Sy is onder andere redakteur van Suid-Afrikaanse Vereniging vir Taalonderrig (SAALT) se Journal for Language Teaching. Sy het aanvanklik glo bekendheid verwerf vir haar boek Fonetiek vir Eerstejaars wat in 1981 verskyn het. Prof Coetzee is sedert 1998 lid van die Taalkommissie.

Me Madaleine du Plessis

Kliek vir foto

Madeleinde du Plessis was hoofredakteur van die bekende Pharos Nuwe Woorde-woordeboek en die Tweetalige Aanleerderswoordeboek.

Prof. Annél Otto

Kliek vir foto

Prof Annél Otto is tans dosent aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.


Taalkommissie 2002

Dr AF Prinsloo (Voorsitter) (SAUK): Dr Anton Prinsloo, radio-omroeper by RSG. E-posadres anton@rsg.co.za. Anton Prinsloo is sedert 1987 by die SAUK. Hy word in 1989 lid van die Taalkommissie, en volg in 1999 vir oorlede prof Johan Combrink as voorsitter van die kommissie op. Sedert Desember 2001 is hy voorsitter van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad.

Prof EF Kotzé (Ondervoorsitter) (UPE):

Dr FJ Lombard (Geheimskrywer) (WAT): Dr Frikkie Lombard, M.A., D.Litt. (Stellenbosch), Senior Mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. E-pos fjl@wat.sun.ac.za.

Dr M Alberts (Nasionale Taaldiens)

Dr J Anker (ctech, Wellington-kampus): Dr Johan Anker is dosent aan die Bolandse Onderwyskollege. E-posadres ankerj@ctech.ac.za.

Prof WAM Carstens (PUCHO): Prof Wannie Carstens, Direkteur van die Skool vir Tale aan die PUCHO. E-posadres sktamm@puknet.puk.ac.za (sekretaresse), (?) AFNWAMC@puknet.puk.ac.za.

Prof AE Coetzee (RAU): Prof Anna Coetzee is van die Departement Afrikaans aan die RAU. E-posadres aec@rau.ac.za.

Mnr J du T McLachlan (privaat, Pretoria)

Op die Akademie-werf

Daar was 'n foto van die 2002-Taalkommissie op die Akademie se webwerf. [x] Die Akademie het sindsdien die foto van die Taalkommissie verwyder, maar hier is dit nog.

Die teks op die Akademie se webwerf lui:

Agter: Anna Coetzee, Tom McLachlan, Wannie Carstens, Mariëtta Alberts en Johan Anker.
Voor: Lawrie McFarlane (hoofsekretaris van die Akademie), Ernst Kotze, Anton Prinsloo (voorsitter), Frikkie Lombard, Theuns Erasmus (Akademieraadvoorsitter)

Die taalkommissie was verantwoordelik vir een van die hoogtepunte van 2002 - die verskyning van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Hulle het vir 11 jaar aan hierdie spogpublikasie gewerk. Dit is die ideale Kersgeskenk en is landswyd by boekwinkels verkrygbaar teen R150,00 stuk.

Dis interessant dat die Akademie sélf verkies om nie die nuwe spelreëls te volg nie, deurdat hulle "taalkommissie" met 'n kleinletter skryf (die nuwe spelreëls lui dat name van kommissies met 'n hoofletter geskryf moet word, aangesien dit as 'n eienaam geag word, sonder uitsondering).

Akademie se foto van die Taalkommissie

Ander bydraers

Prof A Carstens, prof LG de Stadler, prof HGW du Plessis, prof LC Eksteen (oorlede), dr AW Feinauer, prof RH Gouws, mnr DC Hauptfleisch, prof MC Janse van Rensburg, prof TH Links, prof FF Odendal, mnr L Pokpas, dr CJ Scheffer, prof JD Swanepoel, prof PH Swanepoel, prof GJ van Jaarsveld, dr DJ van Schalkwyk en prof JGH Combrink (oorlede).

Taalkommissie 1991

FF Odendaal (Voorsitter) (RAU emeritus)

TJR Botha (Ondervoorsitter) (NU emeritus)

DC Hauptfleisch (Geheimskrywer) (WAT)

JGH Combrink (US)

HGW du Plessis (PUCHO)

LC Eksteen (UP)

RH Gouws (US)

MC Janse van Rensburg (UP)

AF Prinsloo (SAUK)

GJ van Jaarsveld (UOVS)

Ander bydraers

Prof SPE Boshoff, porf WJ de Klerk, prof M de Villiers, dr SJ du Toit, dr LW Hiemstr, prof W Kempen, dr GJ Labuscagne, prof TH le Roux, prof JE Loubser, prof DF Malberbe, mnr JSB Marais, prof GS Nienaber, prof FA Ponelis, prof MJ Posthumus, dr FJ Snijman, prof S Strydom, dr HJ Terblanche, prof HJJM van der Merwe, prof H Venter, dr A Coetser en dr LG de Stadler.

Taalkommissie 1964

SPE Boshoff (Voorsitter)

W Kempen (Geheimskrywer)

M de Villiers

SJ du Toit

LW Hiemstra

GJ Terblanche

TH le Roux

DF Malherbe

JSB Marais

GS Nienaber

FF Odendal

FJ Snijman

S Strydom

HJ Terblanche

HJJM van der Merwe


# 1 Geen disrespek bedoel nie; eintlik bedoel ons "grootmenere en -mevrouens".


Outeursreg van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (9e uitgawe) behoort aan Pharos uitgewers en aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hierdie werf is nie by enige van dié twee geaffilieer nie.

Skryf kommentaar, by afrikaans@workmail.co.za.

π