Tuisbladsy              
 
Publikasies   Nuut Jamie Martie Werkskole

Balkie

 

BALKIEEEEEEEEEE

BALKIEKOERANT - AUGUSTUS 2002


HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die BALKIEKOERANT! (AUGUSTUS 2002)

Ek het hierdie SLIM plannetjie gekry. Julle sal NOOIT raai waar sit ek hierdie BALKIEKOERANT en skryf nie. IN DIE BOOM. Ek sit heerlik hier op 'n tak met my rug teen die stam en ek het die papier hier voor my en ek het my pen in my hand ….. OEPS …. gehad! Agge nee. Daar het hy nou afgeval.

Verskoon my net gou. Ek gaan net gou afklim en my pen haal.

Hier is ek weer met my pen in my hand en my mond vol sand. Neeeeee. Ek wou dit nie gesê het nie. Ek wonder hoekom het ek dit gesê. Wel, sand rym met hand. Rym Slym. Hmmm.

Nou gaan ek verder skryf. OEPS. Waar is my BLADSY nou? Agge neeeee …. daar warrel dit in die wind.

Verskoon my net weer asseblief. Ek gaan net gou my papier haal.

Haaaaaaai WIND, jy LOS my papier uit, hoor jy! Dis MY papier. Sjoe, maar so 'n wind is vir jou VINNIG hoor. Maar nie vinniger as 'n Balkie nie. En die wind praat niks. Hy (of is dit 'n sy?) sê net SJOOOOERRRR …. en daar gaan die papier weer.

Aggeneeee - daar gooi die Wind die papier neer in 'n modderplas. O VETPLANT. Hoe gaan my koerant NOU lyk? Hmmm … ek vee net bietjie van die moddertjies weg. Daarsy. Nou lyk dit glad nie SO erg nie.

Nou gaan ek WEER in die boom klim. VETPLANT, maar ek SUKKEL om hierdie koerant te skryf. Daarsy. Nou is ek amper daar.

OEPS. Steek so 'n tak sommer DWARSDEUR my papier. AGGE NEEE. Wag net. Ek gaan hom net bietjie so vou en daar vou. Daarsy. Nou is die gat skoon WEG en die papier net REG. HA. Daar rym ek weer. pruim?

Hmmmm.

Haaaaaai - en nou is my koerant sommer klaar. Ek weet nie mooi hoe DIT gebeur het nie. En jy sal NOOIT sê hierdie papier was al ORALS nie, né?

BAIE LIEFDEEEEEE
BALKIEEEEEEEEEEEEEEEEEE

EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF! KLIEK hieronder om te lees!