Tuisbladsy              
 
Publikasies Balkie   Jamie Martie Werkskole

Nuus

 

Kliek asseblief hier om na my nuwe webwerf te gaan/ 

Please click here to go to my new website

http://www.martiepreller.co.za

Maart/March 2005 

 

 

 

 

MER PRYS VIR KINDERLITERATUUR (2004)

toegeken aan: 

 

EK IS SIMON (Tafelberg, 2003) 

 

 

Volkleurprenteboek met illustrasies deur Vian Oelofsen. 

 

KYK BY EK IS SIMON

OOk beskikbaar in ENGELS as I AM SIMON 

KYK BY I AM SIMON

Kliek op die Kalahari prentjie om die boek direk van kalahari.net te bestel.


Of: ON THE DOT (POSBESTELLINGS) - TOLVRY: 0800220224  

_____________________________________

DIEP, DIEP IN 'n DONKER BOS! 

Die langverwagte BABALELA - OPVOLG verskyn in SEPTEMBER 2004.

WIE bly nog in die bos? Hier is 'n paar van hulle: 

Die POTIFANT ...

WRRRUMPIE

en natuurlik die BABALELA!

Dan is daar ook nog die MEERMOSKAT en die AGT FRIPPERWAKKIES en KNORTAND. 

En hulle soek ook 'n avontuur ... maar met katastrofiese gevolge en die BABALELA moet gaan RED. 

Uitgegee deur LAPA-Uitgewers. 48-bladsye volkleur illustrasies deur Erika en Andries Maritz. 

Skakel Miemie du Plessis by 012 401 0700 (LAPA-UITGEWERS) om solank die boek te bespreek.

__________________________________________________________

BALKIENUUS

                                         NUWE BALKIEBOEK!!!!

BALKIE EN DIE KLEURDIEF - Kleurprenteboek met illustrasies deur ELIZABETH PULLES (Human & Rousseau, 2004) 

'n Gemene Kleurdief steel al die kleure van die hele wêreld, maar Balkie is op sy spoor. Al moet hy hom oor vyf kontinente agtervolg, die kleure sal hy teruggkry.

Kliek op die Kalahari prentjie om die boek direk van kalahari.net te bestel.


Of: ON THE DOT (POSBESTELLINGS) - TOLVRY: 0800220224  

                            BALKIEKOERANTE!!!! DANKIE AAN ROOIROSE! 

Balkie benodig sy eie sekretaresse!!! Die navraag na Balkiekoerante deur rooirose lesers het so oorweldigend geword dat rooirose nie meer die versending daarvan kan behartig nie. 

Ek het ongelooflik baie waardering vir dit wat hulle vir Balkie en die Kinders doen en gedoen het, o.a. die jarelange gratis versending van Balkiekoerante. 

Meeste van die BALKIEKOERANTE is egter op BALKIE se bladsy en kan daar afgetrek word. 

Ek beplan 'n eie, dalk interaktiewe BALKIERWEBWERF een van die dae - waarskynlik teen September/Oktober 2004. 

                                   BALKIE GAAN DIE SKOLE INVAL! 

Drie splinternuwe Balkiestories (Graad 4, 5 en 6) met uitgebreide en onweerstaanbare vragies is in wording (Julie 2004) onder die besondere leiding van Marietjie Coetzee van BEST BOOKS. 

Balkie praat nou ook ENGELS! Die boeke word in Engels vertaal deur Hettie Scholtz. Sy weeeeet hoe praat Balkie Engels! 

Illustrasies deur Elizabeth Pulles soos net sy kan. 

_______________________________________________________________________

NUWE JONGMENSBOEK - DIE HART VAN ZEEBAK 

word deur Tafelberg uitgegee in SEPTEMBER 2004 

Die verhaal begin as Ferdinand sy laaste matriekvraestel skryf. Hy weet wat hy met die res van sy lewe wil doen: hy wil ‘n breinsjirurg word en mense wat verstandelik gestrem is help. Dis wat hy vir almal sê. Maar wat voel hy regtig? Hy weet self nie, maar sien nie kans om saam met sy vriende see toe te gaan vir die vakansie nie. Hy het ‘n afspraak met ‘n blonde alien, spot hy. En hy vat die pad op sy fiets. Hy moet wegkom, wegkom van alles af. Maar veral van sy tweelingbroer Ben af, want Ben is nie meer wat hy was nie en dit voel vir Ferdinand asof hy nie meer sy eie woorde sê nie, maar asof daar dialoog vir hom geskryf word.

Net toe hy na 5 dae opgee dat daar iets sal gebeur wat die werklikheid gaan verander, begin ‘n vreemde ineenskakeling van gebeure. Ferdinand ry ‘n verlate dorpie in wat nie op die kaart is nie; ‘n ou man wat vaagweg bekend lyk, daag hom uit tot ‘n skaakspel; en ‘n pragtige, blonde meisie lok hom deur ‘n ligtonnel.

Dan lyk dit vir hom asof hy hom bevind op Zeebak, ‘n planeet in ‘n ander dimensie, beweer Leandra. Hoe kan dit alles tog waar wees? Maar Ferdinand is in sy element en tot oor sy ore verlief en hy gee nie om nie wat aangaan nie, nie solank Leandra se hand in syne is nie. Maar Nimron is ook op Zeebak, Nimron wat saam met Leandra grootgeword het. En Supremus, die arrogante heerser van Zeebak, en die helfte van Zeebak se mense is in kriogeniese suspensie en alles is vir seker nie wel op Zeebak nie. Maar daar is ook ‘n Blikengel. Dis wat Ferdinand die uitgediende ou speelrobot noem. Alles is anders op Zeebak as op die aarde, maar nie so anders nie.

Ferdinand weet naderhand nie meer of hy kom of gaan nie, maar hy praat sy eie dialoog. Drome word waar op Zeebak, maar nagmerries ook. Die gebeure stuur onwrikbaar af op ‘n bloedstollende einde, maar Ferdinand loop sy pad. Sy eie pad. Die pad van sy hart. Maar Leandra het ook haar keuses gemaak en sy weet wat sy moet doen. Die hart van Zeebak  is die verhaal van Ferdinand en Leandra en van die mense van Zeebak en van ‘n Blikengel.  

_________________________________________________________________________________ 

DOKOTELA PAPALELA - TV-REEKS IN WORDING! 

Ek werk op die oomblik (Julie 2004) aan die draaiboeke vir 'n TV-reeks vir kinders vir SABC 2 en Sonneblom Films. 

Die beplande reeks sal vervaardig word deur KATINKA HEYNS met TOBIE CRONJE as DOKOTELA PAPALELA - 'n Storieman wat in die bos bly, saam met 

die eiesinnige TOKTOKKIE  

die artistiese WAINBOW ('n verkleurmannetjie) 

en die onnutsige KOBO ('n nagapie) 

______________________________________________

 TIENIE HOLLOWAY- MEDALJE vir BABALELA en LISA HET 'n PLAN

Die Akademie vir Wetenskap en Kuns het in 2003 die Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur toegeken aan BABALELA en LISA HET 'n PLAN.  Albei boeke is uitgegee deur LAPA-Uitgewers.

Koop by 

http://www.lapa.co.za/

_________________________________________

EENDAG WAS DAAR 'n STORIE! - 'n PRAKTIESE STORIEMAAKKURSUS (Tafelberg, 2003)

KYK BY EENDAG WAS DAAR 'n STORIE!

Kliek op die Kalahari prentjie om die boek direk van kalahari.net te bestel.


 

Of: ON THE DOT (POSBESTELLINGS) - TOLVRY: 0800220224  

_________________________________

JAMIE EN SEBASTIAAN! 

verskyn weekliks in vrouekeur - nou in BOEKVORM  beskikbaar. 

 VOLKLEUR Illustrasies deur VIAN OELOFSEN!!!!! Uitgegee deur LAPA-Uitgewers 

Koop by http://www.lapa.co.za/





(KYK ook op JAMIE EN ... SEBASTIAAN )

____________________________________________________

KINDERBOEKWINKEL IN PRETORIA

 

TEL: (012) 362 2208
ADRES: Duncan Yard, h/v Prospect- en Duncanstrate, Hatfield, Pretoria.

____________________________________________________

Pragtige REUSE "BIG BOOKS" Volkleurprenteboeke. (ook "klein" boekies) (16 bladsye) 

Koop by: ON THE DOT (POSBESTELLINGS) - TOLVRY: 0800220224  

 OF: http://www.nasou-viaafrika.com/

Of : Nasou-Via-Afrika: 021 406 3313

Skilpad sonder 'n dop /Tortoise without a Shell (GRAAD 1)
Die eensame draak /The Lonely Dragon (GRAAD 2)
Daar's 'n spook in my kas /My cupboard is Haunted (GRAAD 3)


 

SPOOK is 'n verwerkte heruitgawe van DAAR'S 'n SPOOK IN MY KAS (deur Human & Rousseau uitgegee in 1994) en tans uit druk. KYK by DAAR'S 'n SPOOK IN MY KAS