Tuisbladsy              
 
Publikasies   Nuut Jamie Martie Werkskole

Balkie

 

BALKIEEEEEEEEEE

BALKIEKOERANT - DESEMBER 2002


HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die BALKIEKOERANT! (DESEMBER 2002)

 

Ek is nou so opgewonde ek kan GIL. ARGHHHHH – daar het ek nou net gegil. Het jy my gehoor? Ek kan weer gil as jy my nog nie gehoor het nie. ARGHHHHHH. Het jy my nou gehoor? Gil jy ook nou? Dan moet jy eers die deur toemaak, anders SKRIK al die ander mense.

 

JY wonder seker hoekom ek so opgewonde is dat ek kan gil. Wonder jy dit? Wat wonder jy nog? Ek wonder wat jy wonder en wonder jy wat ek wonder? En nou is ek heeltemal deurmekaar. Waar was ek nou weer?

 

O ja, ek was besig om die Balkiekoerant te skryf. Hmmm. Wat wou ek nou weer ges๊ het?

 

O JA! Ek is soooooo opgewonde omdat dit AMPER Kersfees is. En ek het SULKE mooi presente vir die ma en die pa en Bert en Karien en Isak en Roelf en Miaukatjie GEMAAAK. Ek is VERSKRIKLIK slim.

 

Ek het ‘n boekmerk met my vingerafdruk vir die pa en die ma en Isak gemaak. Vir Bert het ek ‘n papierhoed gemaak met sterretjies op. Vir Karien het ek …. o gats … ek het nou vergeet. Laat ek net gou weer kyk. O jaaaa – vir Karien het ek ‘n vingerpoppie met lap gemaak en dit SELF met naald en gare vasgewerk en ek het my vinger net TWEE keer raakgesteek en dit was nie VREESLIK seer nie.

 

En vir Roelf het ek ‘n serpie gemaak van ‘n ou handdoek en vir Miaukatjie het ek ‘n bolletjie wol gerol. Sy hou BAIE daarvan om met wol te speel.

 

Het JY al jou Kersfeespresente gemaak?

 

OOOOO en ek wonder WAT ek alles gaan kry. Dit gaan soooo lekker wees. En as dit eers Kersfees was, dan word dit 2003.

 

Ek hoop JY en almal vir wie jy lief is het ‘n WONDERLIKE Kersfees en nuwe jaar!

 

BAIE liefde

BALKIEEEEEEEEEE

 


EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF! KLIEK hieronder om te lees!