HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die
BALKIEKOERANT! (JANUARIE 2003)
HAAAAI – kan jy GLO dis alweer ‘n NUWE jaar. En weet jy wat
– dit was my VERJAAAARSDAG laaas week. BOE HOEEEE – nou is dit verby vir nog ‘n
jaar. Agggggge neeeee. Maar aggggge jaaaa – dit was soooooo lekker.
Hier was klomp maats en die ma en die pa en Isak en Bert en Karien en Roelf en
Miaukatjie. Roelf het ook ‘n hoedjie opgehad en hy het BAIE mooi gelyk.
Miaukatjie het hare afgepluk en daarmee gespeel. Katte is baie snaaks. (Die
hoendertjies het ook saam partytjie gehou, maar in hulle hok. Ek het vir hulle
ekstra mielies gaan gooi. Ek het nie probeer om vir hulle hoedjies op te sit
nie. Ek was bang hulle skrik vir die hoedjies en vergeet om eiers te lê!)
Ons het BALONNE gehad van al die kleure – ek en die pa het
die balonne opgeblaas voor die partytjie. Eintlik het die pa die meeste
opgeblaas want dis VREEEESLIk swaar om balonne op te blaas. Die pa was ook
naderhand ROOOI in sy gesig.
Daar was ook lekkers en chippies en ek het SELF die vorige aand my
verjaarsdagkoek versier. Die ma het net die koek self gemaak en toe het sy baie
bakkies met smarties en allerande blink eetgoedjies reggesit en ek het SELF ‘n
regte BALKIEKOEK gemaak. Dit was WONDERLIK en toe ek klaar was, was ek ook nie
meer honger nie. Daar het niks smarties en ander blink lekkergoedjies oorgebly
nie.
Ons het speletjies gespeel en gehol en gelag en geêet. Almal
was so vrolik. En ek het wonderlike presente gekry. Ek het ook ‘n pakkie lekkers
vir elkeen gegee en ‘n briefie om dankie te sê. Ek het vir URE lank die pakkies
lekkers opgemaak en briefies geskryf. Nou nie sulke lang briefies soos die
Balkiekoerant nie. Maar net DANKIE BLANKIE – of nee – dis nie reg nie. DANKIE
BALKIE? Jaaaa – dis reg – partykeer raak my kop so deurmekaar dan voel dit asof
daar honderde ballonne in my kop ronddryf – elkeen met iets lekkers in om te
doen of te dink en te wonder. Ek is so beeeeeesig.
Hmmm.
Ek hoop dat hierdie jaar vir jou en almal vir wie jy lief is
en wie vir jou lief is ‘n wonderlike jaar gaan wees!!! En as JY verjaar dat dit
ook vir jou ‘n heerlike dag sal wees.
Wat dink jy gaan jy alles hierdie jaar doen? Dis snaaks as mens dink jy kan
dink wat jy wil doen, né?
BAIEEEEEEE liefde
BALKIEEEEEE
TATAAAAAAAA
EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF!
KLIEK hieronder om te lees!