Tuisbladsy              
 
Publikasies   Nuut Jamie Martie Werkskole

Balkie

 

BALKIEEEEEEEEEE

BALKIEKOERANT - JULIE 2002


HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die BALKIEKOERANT! (JULIE 2002)

Hoe gaan dit met jou? Met my gaan dit BAIEEEEE goed, want my boek, DIE BALKIEBOEK het NOG 'n prys gewen. Die prys se naam is die ATKV-Kinderboektoekenning en weet julle WIE BESLUIT watter boek WEN? DIE KINDERS! Is dit nie WONDERLIK nie.

Weet julle hoe WERK dit? Hulle sit die boeke wat in 'n jaar deur die uitgewers uitgegee is in BIBLIOTEKE en dan kan die kinders dit lees en STEM vir die boek wat hulle dink die BESTE was.

HET JY al van so iets gehoor? VRA bietjie by die Biblioteek die NAASTE aan jou.

Dis vir my VREEEEESLIK lekker dat die grootmense WEEET hoe belangrik ons kinders is en LUISTER as ons sê van watter boeke ons hou!

Ek is MAL oor Biblioteke. Daar is SO BAIE boeke. Maar die pa en die ma koop ook vir ons boeke want dis NOG lekkerder. Dan hoef mens NOOIT die boek terug te gee nie en kan jy dit vir ALTYD en ALTYD hou en oor en oor en oor lees.

Ek is op die oomblik BAIE besig, want ek moet vir tannie Elizabeth wat my boeke se prentjies teken, PRESIES vertel HOE sy moet teken. Grootmense weet ook NIKS nie. Ek moes vir tannie Martie ALLES vertel van die stories. En sy het ALLES net so neergeskryf, NES ek gesê het.

Daar kom DRIE nuwe boeke, maar ek dink eers in OKTOBER. Boeke vat so LAAAAANK om te maak. In die boeke is daar 'n KLEURDIEF wat die hele wêreld se KLEURE gesteel het en ek kry AL die kleure weer terug. Maar dit vat LAAAANK. En daar is DEUMEKAAR LETTERS en ONMOONTLIKE SYFERS wat met my SUKKEL. Maar ek laat nie met my sukkel nie en sien hulle sommer gou-gou reg!

Nou moet ek eers gaan. Ek sien tannie Elizabeth sukkel bietjie met 'n prentjie en ek moet haar eers gaan HELP. Ag tog, dis ook nie maklik om 'n Balkie te wees nie. Ek het soooooo baie werk.

BAIE liefdeeeeeeee
BALKIEEEEEEEEEEEEEE
EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF! KLIEK hieronder om te lees!