Tuisbladsy              
 
Publikasies   Nuut Jamie Martie Werkskole

Balkie

 

BALKIEEEEEEEEEE

BALKIEKOERANT - NOVEMBER 2002


HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die BALKIEKOERANT! (NOVEMBER 2002)

 

Vandag wil ek vir jou vertel wat alles gebeur het. ALLES het gebeur en ALLES het verkeerd gegaan. En EK het NIKS gedoen nie!

 

Die ma is so boos sy is so PERS in haar gesig, want iemand het ‘n bottel koeldrank op haar NUWE trui omgegooi. Sy het net GISTER die trui gekoop het en dit het nog op die kombuistafel gelê. En dit was nie EK nie. Ek dink dit was Miaukatjie want sy is nou nêrens te sien nie. Sy kruip seker weg dat die ma haar nie in die hande kry nie.

 

En die pa is DONKERROOI in sy gesig want IEMAND het in sy BAKKIE vasgery in die dorp en nou is daar ‘n GROOT duik in die bakkie. En dit was nie EK nie. Ek kan nie eens kar bestuur nie en was nie in die dorp nie.

 

En ISAK is GROEN in SY gesig want IEMAND by die skool het sy een boek geleen en dit WEGGEGOOI en toe kry Isak raas! En dit was nie EK nie. Ek was nie eens by die skool nie.

 

En BERT is LIGBLOU in sy gesig want IEMAND het sy lekkerste karretjie WEGGESTEEK en hy kan dit nêrens kry nie. En dit was nie EK nie. Ek was nie NABY sy kamer nie. (Ek dink dit was Karien.)

 

En KARIEN is GEEL van NAARGEID want IEMAND het ‘n PADDA in haar BED gesit. En dit was nie EK nie. Ek weet nie waar om ‘n padda in die hande te kry nie.

 

Ken jy ook sulke dae wanneer ALLES verkeerd loop? EN ALMAL is KWAAD. Maar JY het NIKS gedoen nie. Jy sit net daar en jy doen NIKS.

 

Ek hoop môre gaan alles beter en dat daar nie weer moeilikheid is nie.

 

Ek het NIKS gedoen nie. Ek het net hierdie BALKIEKOERANT geskryf.

 

BAIE liefde

 

TATAAAAA

 

BALKIEEEEEEEEEE

 

 

 


EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF! KLIEK hieronder om te lees!