Tuisbladsy              
 
Publikasies   Nuut Jamie Martie Werkskole

Balkie

 

BALKIEEEEEEEEEE

BALKIEKOERANT - OKTOBER 2002


HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die BALKIEKOERANT! (OKTOBER 2002)

BALKIE RED ‘n MIER

Die groot en belangrike meneer Balkie Balkie het gistermiddag verskeie miere van ‘n sekere dood gered toe hy, sonder om te dink dat hy sy eie lewe in gevaar stel, die pa gekeer het om, sonder dat hy sien, oor ‘n hele paadjie miere te stap.

BALKIE KRY MIERPRYS

Meneer Balkie het gistermiddag die spesiale Mierprys ontvang van die groep miere wat in die pa en die ma se tuin woonagtig is. Die Mierprys, wat bestaan uit ses dooie stukkies gras wat saam gebrind is deur baie mierpootjies, is oorhandig aan Meneer Balkie Balkie tydens ‘n belangrike geleentheid gistermiddag net voor sonsak.

Ongelukkig kon Meneer Balkie Balkie nie te lank bly nie aangesien die ma hom geroep het vir baie belangrike sake.

Nadat hy aandete geëet het, het hy bietjie gaan rus op sy bedjie en met sy Mierprys gespeel wat toe ongelukkig uitmekaar geval het.

HOENDERS BOOS VIR DIE GROOT HAAN

Die hoenders van die werf waar Meneer Balkie Balkie bly het gisteraand bymekaargekom en daar was groot ongelukkigheid omdat die miere eerste aan Meneer Balkie Balkie ‘n prys toegeken het. Die hoenders het gevoel dat hulle eerste die Hoenderprys aan Meneer Balkie Balkie moes toegeken het.

Al die hoenders het saamgestem dat dit die Groot Haan was wat nie daaraan gedink het nie. Die Groot Haan het gesê dat hy baie jammer was en het onderneem om dadelik Meneer Balkie Balkie te kontak sodat die Hoenderprys aan hom toegeken kan word. Die hoenders wonder nog hoe die Hoenderprys sal lyk. Hulle sal vanaand daaroor dink terwyl hulle slaap.

En dit was dan die Balkiekoerant.

Ek moet nou gaan. Ek het al weer BELANGRIKE dinge om OOK te doen.

TATTAAAAAA

BAIE liefde

BALKIEEEEEEEEEEENS

Haaaai – hier kom die Groot Haan nou net aan. Ek wonder wat HY wil hê?

EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF! KLIEK hieronder om te lees!