BALKIEEEEEEEEEE
BALKIEKOERANT -
SEPTEMBER 2002
HALLOOOOOOOO daar. Dis EK, BALKIE, wat hier praat. En hierdie is die
BALKIEKOERANT! (SEPTEMBER 2002)
Ek is nou sooooo moeg. Jy het geeeeeen idee hoe moeg ek is nie. Ek gaan jou nou
vertel hoe moeg ek is. Ek is so moeg dat ek net hier kan OMVAL. Ek is so moeg
dat ek nie eens kombuis toe kan loop om 'n koekie te gaan soek nie. Ek is so
moeg dat ek nie eens Miaukatjie wat op my maag lê en slaap kan afstoot nie. Ek
is sooooo moeg. Weet jy nou hoe moeg is ek?
En weet jy HOEKOM is ek sooooo moeg? Dis omdat ek 'n HELE boek vir julle moes
skryf. Ek dink die boek se naam is BALKIE EN DIE KLEURDIEF, maar ek weet nie.
Dalk gaan hulle die boek se naam anders maak by die uitgewers. Weet jy watse
goed is uitgewers? Dis hulle wat die boeke maak. Hulle druk dit en verkoop dit.
Maar EK is die een wat die stories moet skryf.
En ek is sooooo moeg want ek HARDLOOP DWARSDEUR die boek. As jy die boek in die
hande kry, kan jy SELF sien hoe moeg is ek. Ek het PRESIES vir tannie Elizabeth
beduie HOE moeg ek is sodat sy my kan teken.
En dis ALS daai GEMENE KLEURDIEF se skuld. Weet jy wat het HY gedoen? HY het AL
die kleure van die HELE wêreld GESTEEEEEL. Is dit nou nie VERSKRIKLIK ERG nie?
En wie dink jy moes AL die kleure weer gaan SOEK? EK, wat BALKIE is.
En DIS HOEKOM ek nou soooooo moeg is.
Ek hou die heel meeste van GEEEEEL - dink ek. Of dalk van ROOOOOI …. BLOU is ok
mooi. Ag ek weet ook nie. Wat dink jy? Van watter kleur hou jy die HEEEEEL
meeste.
Maar ek dink ek hou die heel meeste van die reënboog. Dis SOOOOO mooi. Ek
wonder of daar REGTIG goud aan die onderpunt van die reënboog is? Het jy al
daardie storie gehoor? Hmmm - ek moet dalk net wag totdat dit weer reën en
daar'n reënboog kom en dan VINNIG hardloop …. maar HOE kan ek hardloop as ek
sooooooo MOEG is. Miskien sal ek minder moeg wees as dit eendag weer
reën.
Hmmm. Ek begin nou beter voel. Dis seker omdat ek met jou gesels het. Ek dink
ek kan nou kombuis toe loop vir …. jy weet wat! Skuif op, Miaukatjie …..
DAARSY.
TATTAAAAAAAA
Tot volgende keeeer
BAIE liefdeeee
BALKIEEEEEEEEEEEE
EK, wat BALKIE is, het ook 'n STORIEBLADSY op STORIEWERF!
KLIEK hieronder om te lees!
|