deur Mike Oettle
DIT was die tweede skrywer van Jesaja wat geskryf het: “’n Stem van een wat roep: ‘Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis ’n groot pad vir onse God! . . . en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.’ ” [1]
Juda was in daardie tyd in ballingskap, en die “tweede Jesaja” – of Deutero-Jesaja, soos hy ook bekend staan – het blykbaar gemeen dat hierdie woorde wat God hom gegee het, verwys het na iemand wat in sy eie tyd, of ’n geslag of twee later, die volk na die land van Juda sou terugroep.
Maar sewe eeue sou verbygaan voordat die profesie deur Joganan bar Sagaria vervul is – of Johannes die Doper, soos ons hom beter ken.
Die wildernis van Judea[2] was waar hy sy plek opgeneem het. Matteus vertel vir ons hoe Johannes totaal by
die woestyn-omgewing aangepas het, met ’n kameelhaar-gewaad en ’n leer-lyfband,
en het hy van sprinkane en veldheuning gelewe. (Ja, sprinkane, nie “locust
beans”, soos wat baie beweer – onthou dat hierdie insekte in die enigste klas
kosjer sesbenige dier geval het.)[3] Die kameelhaargewaad was nie slegs paslik by die woestyn nie: dit was die tradisonele kleding van die profete. Johannes het niemand laat twyfel oor sy roeping nie.
Skares het hierdie man kom aanhoor, waar hy die woorde gebruik het wat God vir die tweede Jesaja gegee het: “Berei . . . die weg van die HERE,” maar hy het hulle ook gesê: “Draai weg van julle sondes en laat julle doop.”
Dit was in die hoofstroom van die Judaïsme ongehoord dat sondes op hierdie manier simbolies “gewas” kon word, maar daar was ander wat in hierdie tyd gedoop het. Miskien het hulle onthou dat Naaman in die Jordaanrivier gebad het, en dat dit sy melaatsheid weggeneem het, en hulle het Johannes kom aanhoor en gereinig te word.
Nie-Jode wat in die sinagoge toegelaat wou word het rituele baddens ondergaan, maar daar is blykbaar geen skakel tussen hierdie praktyk en Johannes s’n. Die gemeenskap van Qumran, wat vir ons die Doodsee-boekrolle gelaat het, het ook rituele baddens ondergaan, maar die meeste Jode het vir hulle as besetenes aangesien.
Toe dit gekom het by die Fariseërs, die Sadduseërs en ander wat hulself beskou het as spesiaal geseënd
beskouomdat hulle die Wet gehou het, het Johannes padlangs gepraat. Sulke mense
het op “mindere” mense neergekyk wat hulle as sondaars beskou het, omdat hulle
op die een of ander manier nie elke laaste besonderheidjie van die Wet behou
het nie:
“Julle slange!” het Johanes gesê. “Wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug?” [4]
Die “heilige” mense was seker vies met iemand wat hulle sò sleg gesê het – anders as hul mededwepers, wat hulle vir hulle stiptelikheid geloof het.
Heelwat mense het hulle by Johannes gaan aansluit. Ons ken die name van vier van sy dissipels: Simon (later Simon Petrus) en sy broer Andreas, Filippus van Betsaida, en Natanael.
En in Handelinge (19:1-7) lees ons dat Paulus dissipels van Johannes te Efese gevind het wat nie bewus was dat selfs ’n grotere prediker gekom het uit dié wat Johannes se doop ondergaan het. Paulus vra hulle: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” Hulle antwoord was: “Ons het nog nie eens gehoor of die Heilige Gees al gekom het nie.”
Tegelykertyd weet ons dat Johannes beslis wel van die Heilige Gees gepreek het (alhoewel dit miskien nie heeltyd was nie). Hy het van Jesus gesê: “Hy wat nà my kom is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”[5]
Die bekendste dele wat oor Johannes gaan is seker dié wat Jesus se doop beskryf, toe die Here daarop aangedring het, al het Hy geen sondes gehad
waarvan Hy gereinig moes word nie. God het Sy Seun se gesalfdheid bevestig
confirmed deur om uit die Hemel te praat en deur die afstuur van die Heilige
Gees in die vorm van ’n duif.[6]
Hierna verskuif die fokus van die Evangelies na die bediening van Jesus, en verskyn Johannes in slegs een verdere kort stelletjie insidente.
Johannes het (soos uit die heerser se oogpunt gesien) die vermetelheid gehad om die sonde uit te wys van Herodes Antipas, tetrarg[7] van Galilea en Peræa en seun van Herodes die Grote, wat met sy broersdogter Herodias gaan trou het. Sy was die geskeide vrou van sy halfbroer Herodes Filippus. Volgens die wet is ’n man toegelaat (selfs aangemoedig) om met sy broer se weduwee te trou, maar is spesifiek dit belet om met die vrou van ’n lewende broer te trou.[8]
Markus vertel vir ons dat Antipas lief was om na Johannes te luister. Maar hy het ook gevrees dat, nadat Johannes sy huwelik veroordeel het, sy Joodse onderdane saam met die trans-Jordaniese Arabiere van Perea in opstand soukom. Aanvanklik het by bloot die profeet in die tronk geplaas – deels het hy gevrees dat teregstelling so ’n opstand sou veroorsaak – en dit was nie voordat Herodias vir haar (en Filippus se) dogter Salome aangemoedig het om suggestief voor Antipas tydens sy verjaardag te dans, dat die finale toneel van die drama
uitgespeel is nie.
Moderne toneelopvoerings – en, meer onlangs, Hollywood – het veel gemaak van Salome se verleidelikheid, maar dit is die brutaliteit van moeder en
dogter wat in hul karakter uitstaan: hulle het Johannes se kop in ’n skottel
geëis.[9] Aangesien hy reeds voor al sy verjaarsdaggaste beloof het dat hy sou gee wat Salome sou vra, het Antipas die Doper laat onthoof en die bloedige kop die paleis laat indra.
Johannes se dissipels het sy lyk gehaal en dit begrawe. Volgens oorlewering was die begrawing te Sebaste (voorheen as Samaria bekend).
Sy feesdae is 24 June (sy geboorte) en August 29 (sy onthoofding).
Die naam Joganan het, soos ek reeds genoem het, een van die Christelike wêreld se gewildste geword. Om te kan onderskei dat ’n kind die Doper se naam dra, is dit veral in Latynse lande algemeen om die naam dubbeld aan te gee: Jean-Baptiste (Frans), Giovanni Baptista (Italiaans), of Juan Battista (Spaans).
[1] Jesaja 40:3,5 (Die Bybel
[vertaling van 1933]).
[2] In Hebreeus is hierdie
stamgebied Juda (of eintlik Jehoeda) genoem, maar die Romeine het daardie naam effens verander na Judæa. Die Latynse spelling word gewoonlik in Afrikaans as Judea aangegee.
[3] Levitikus 11:20-23: “Al die insekte met vlerke wat op al vier loop – ’n gruwel is hulle vir julle. Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op al vier loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring. Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte. Maar al die ander insete met vlerke wat vier pote het – ’n gruwel is hulle vir julle.” (Die Bybel [vertaling van 1933]; die Nuwe Vertaling van 1983 maak dit duidelik dat hierdie kategorieë ook krieke insluit.)
[4] Matteus 3:7; Lukas 3:7.
[5] Matteus 3:11b.
[6] Matteus 4:13-17; Markus
1:9-11; Lukas 3:21-22; Johannes 1:31-34.
[7] ’n Tetrarg was die tweede
rang (in die Romeinse orde van inboorlingheersers) onderkant ’n skatpligtige
koning. Herodes die Grote was koning van Judea, en sy kleinseun Agrippa en
agterkleinseun Agrippa II ook was konings, maar Herodes se seun Argelaus was
bloot ’n etnarg. Antipas en die ander onder Herodes se nageslag wat heersers
was was dan ’n verdere graad laer af, as tetrarge.
[8] Kyk Deuteronomium 25:5-10
en Levitikus 18:16.
[9] Matteus 14:3-12; Markus
6:17-29; Lukas 3:19,20.
For English, click here
Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks
Opmerkings, navrae: Mike Oettle