Hoekom
spesiale dae vir heiliges?
deur Mike Oettle
DIE aankoms van Advent aan die begin van Desember is die begin van die Kerk se jaar – ’n hele maand voordat die sekulêre jaar sy deure oopgooi. Dis nou ’n anomalie wat jou miskien sal laat wonder hoekom ons die moeite doen om ’n spesiale kalender te hê, vol spesiale dae vir dié of daardie heilige. Maak dit nou regtig saak dat 4 Desember toegewy is aan Johannes van Damaskus
(volgens Liturgie ’75) of Clementius van Alexandrië (volgens die ou South African Prayer Book)?
Op ’n manier kan ’n mens sê nee. Paulus, waar hy aan die kerk in Rome skryf, sê: “Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ’n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting.” (Romeine 14:5)
Daar is sekerlik geen rede om so
te kere te gaan oor die heiliges dat feitlik elke dag oorgegee word aan lof en
dank aan God vir die heilige martelaar so-en-so of die heilige maagde
watshaarnaam. (Iemand sal miskien sê dis Roomse hagiolatrie.)[1]
Die Rooms-Katolieke praktyk van die verering van die heiliges, en om aan hulle
te bid dat hulle by die Here voorbidding te maak vir die een of ander spesiale
seëning (soos waar Sint Antonie versoek word om hulp wanneer iets verlore is)
is is vreemd aan die Protestantse tradisie (en word deur die 39 Geloofsartikels
verbied).[2]
Aan die ander hand is die
radikaal Protestantse verwerping van die kerkkalender met sy heiliges en
jaargetye ook nie heeltemal vir Anglikaanse paslik nie. Ons ongemaklik met die
Puriteinse benadering dat die enigste dag wat spesiaal moet wees die Here se
Dag (Sondag) is, en die verwerping van alle feeste – onthou dat in Cromwell se
tyd, mense wat Kersfees gevier het behandel is soos wat kommuniste met
“teen-rewolusionêres” afhandel.
Dit word deur die Kerk geleer –
en deeglik in die Skrif gefundeer – dat alle Christene heilig is. En die
Apostels-Geloofsbelydenis herinner ons daaraan dat ons aan die Kommunie van
Heiliges behoort – daardie spesiale koppeling wat die Kerk op aarde met almal
wat gelowig aan Jesus Christus gesterf het sedert Stefanus buite Jerusalem
gestenig is, verbind.
Natuurlik het sommige heiliges
lewens gelei wat meer voorbeeldig is as ander – maar die voorbeelde wat hulle
vir ons stel is van min waarde wanneer hulle niks meer is as name op ’n lys
waarna ons nie dikwels kyk nie.
God se leër is werklik magtig.
Hierna kyk ek na die martelaars en wat hulle vir ons beteken.
[1] “Hagiolatrie” beteken die aanbidding van heiliges.
[2] Die 39 Geloofsartikels, wat in 1571 deur die Konvokasie van die Kerk van Engeland aanvaar is, en wat deur koningin Elizabeth (Elizabeth Tudor, koningin van Engeland) goedgekeur is, is ’n basiese stelling van die Protestantse Geloof soos dit destyds in die Engelse Kerk verstaan is.
Dit word tradisioneel in Anglikaanse gebedsboeke ingesluit, maar hulle status wissel. Sedert 1865 is dit vir geestelikes van die Kerk van Engeland slegs nodig dat die leerstellings in die artikels “agreeable to the Word of God” is (aanvaarbaar in die lig van die Woord van God).
In die Episcopal Church van die Verenigde State (die Anglikaanse kerk in daardie land), word dit van nòg geestelikes nòg sedelikes verwag om formeel daarmee akkoord te gaan nie.
Die artikels kan teruggevoer word na 13 geloofsartikels wat in 1538 die basis gevorm het van ’n ooreenkoms tussen koning Henry VIII en die Duitse Lutherse vorste, en die Twee-en-Veertig Artikels van aartsbiskop Thomas Cranmer van 1553 “for the avoiding of controversy in opinions” – hy het dit opgetrek om, soos hy dit gestel het, verskille uit die weg te ruim.
Die 42 Artikels is deur koningin Mary afgeskaf, want sy het na die Rooms-Katolieke Geloof teruggekeer. ’n Nuwe geloofsbelydenis was nodig toe Elizabeth in 1558 die troon bestyg het, en in 1563 het die Konvokasie van Kantelburg die 42 Artikels drasties hersien. Verdere veranderings is op versoek van die koningin gemaak.
Op verskeie punte vermy die artikels presiesheid; die Encyclopædia Britannica stel dit (volgens my vertaling): “Dit is dikwels opsetlik duister . . . omdat die Elisabetaanse regering graag die nasionale kerk so inklusief moontlik wou maak.”
For English, click here
Terug na Heiliges en Seisoene-indeks
Opmerkings,
navrae: Mike Oettle