Naaktheid
by bad en swem
SOU jy ’n
baaikostuum aantrek om te bad of stort? Vir die meeste mense is die
vanselfsprekende antwoord “Nee, natuurlik nie.”
Dit is logies dat as jy enige kleding aanhet terwyl jy met seep was, jy
jouself nie behoorlik sal kan skoonmaak – wat sinneloos is.
Wanneer ander mense by is, word dit soms geargumenteer, is dit weens
fatsoenlikheid nodig om die een of ander kleding te dra.
En, hoor ek, het vele nonne ’n spesiale kledingstuk wat hulle altyd in die
bad dra (en slegs daar). Dit word in hulle kringe geglo dat die ontbloting van
die naakte liggaam selfs aan jou eie oë (en dié van God) sonde is.
Dit is egter duidelik uit my bespreking van die doop
en die miqweh, en vanuit die Hebreeuse opvatting van naaktheid,
dat hierdie soort fatsoenlikheid ten beste mesplaas is, indien nie heeltemal
ketters nie.
Terwyl vrome Christene van vele denominasies geskok sal wees oor die suggestie
van kettery waar fatsoenlikheid te spreke is – ‘Is dit nie Christelik om
fatsoenlik te wees nie?’ sal hulle vra – toon dit bloot hoe Christelike denke
deur die Gnostisisme verdraai en pervers gemaak is (weereens, kyk die artikel
oor die doop).
Ons, mense van die 20ste en 21ste eeue, is gekondisioneer om die
verbintenis te maak dat naaktheid en seks gepaard gaan. In rolprente, indien ’n
naakte persoon op die skerm verskyn, is dit slegs vir een van twee doele: òf is
daardie persoon besete, òf gaan hy of sy aan seksuele aktiwiteit deelneem.
Daar is selfs ’n verskil tussen die maniere waarop hierdie twee soorte
naaktheid voorgestel word: die besetene se naaktheid word selde ten volle
blootgestel nie (amper asof die volle gruwel van dit waaarmee die besetene
besig is, verskuil moet word), terwyl volle naaktheid van vooraf amper sonder
uitsondering ’n aanduiding is van seksuele aktiwiteit – en gewoonlik
onwelvoeglike seks (die paring van ’n man en sy wettige vrou in omstandighede
wat nie kompromittant is nie, is selde vir die ontugtige filmmaker van enige
belang nie).
Die een
uitsondering op hierdie reël wat in my gedagtes voorkom is die naaktheid van
die slawe in die rolprent Amistad – en in hierdie geval is hulle naak
getoon om klem te lê op hulle onderworpe status as gevangenes van die Portugese
skip se bemanning – gevangenes wie se mensewaardigheid aanhoudend van hulle
afgestroop is, soos wat ook met hul klere gemaak is.
Soortgelyk is die naaktheid wat die nazi-gevangenekampwagte op “mindere”
gevangenes, en veral op Jode, toegepas het.
Parallel met
die miqweh in die Hebreeuse samelewing was daar ’n Grieks-Romeinse
praktyk waar seks en naaktheid ook nie gesny het nie – een wat ons in die
meeste van die Westerse samelewing nie het nie – die openbare bad.
Daar is genoegsame dokumentasie om te bewys dat nie-Joodse Christene in
beide die Griekse en die Romeinse samelewing die openbare baddens bygewoon het.
Mans en vroue kon in hierdie openbare geriewe gesien word, by paslike
geleenthede totaal ongeklee en in gemengde geselskap, en die Christene het in
sulke mileus nie van die res uitgestaan nie.
Terwyl Moseley[1] dit duidelik maak dat Jode die openbare baddens vermy het, het nie-Joodse bekeerlinge tot die Nuwe Weg[2] hierdie fasiliteite ingesien as gelyk aan die miqweh, en is nie deur hul
naaktheid aldaar ontstel nie.
Dit wil in elk geval voorkom asof die Joodse vermyding van die Grieks-Romeinse baddens hoofsaaklik gemotiveer is deur die Griekse houding dat ’n besnyde penis ’n obseniteit is, eerder as enige besorgdheid oor onwelvoeglike
gebruike – soos die homoseksualiteit wat geheg is aan die gimnasium en die
atletiese spele (wat hier bespreek word).
In die Westelike samelewing is die gedagte van openbare baddens dikwels
vreemd. Mense het deesdae privaat baddens binne hul huise, en is dit onnodig om
’n openbare gerief te besoek om gewone reinheid te besorg nie.
Hulle bad of stort agter geslote deure, en daardeur versterk hulle die idee
dat dit onfatsoenlk is dat enigiemand hul nat, naakte liggame sien nie.
Kontrasteer dit met die tradisie in die Japanse samelewing – wat algemeen
erken word as ’n hoogs ontwikkelde kultuur – waar elke dorpie ’n bad het wat
almal gebruik.
By jou aankoms by so ’n gerief kry jy ’n bak water waarin dit van jou
verwag word om met seep te was. Dan eers word jy toegelaat tot die
swembad-grootte bad waarin almal saam in warm water sit – dikwels baie warm
(vele sulke geriewe maak gebruik van nabye warmwaterbronne).
In sommige openbare geriewe is daar twee sulke groot baddens, een vir mans
en een vir vroue. Maar tradisioneel was daar slegs een, en elkeen het daarvan
gebruik gemaak: mans en vroue, seuns en meisies, met uitsondering van nóg die bejaardes nóg babatjies.
Selfs waar daar wel aparte baddens is, is dit geen probleem as die een
oorvol raak – dié wat nie kan inpas nie, gaan eenvoudig oor na die ander
toe. Een Westerse skrywer het sy verbasing uitgedruk toe hy ontdek het dat die
mans se bad, wat amper leeg was, skielik vol geraak het van tienermeisies wat
nie in die minste ontsteld was nie dat hulle totale naaktheid aan ’n vreemde
man – en boonop ’n Westerling – blootgestel is nie.
En die naaktheid van die baaiers is ook nie tot die bad beperk nie. Nog ’n
Westerse waarnemer het opgelet nadat hy ’n tyd lank in ’n bergdorpie gebly het,
dat die mense van die dorp daarna in die sneeu huis toe sou stap, steeds so
warm van hulle bad – hulle velle het selfs ’n rooierige gloed gehad – dat hulle
gemaklik in die straat naak gestap het, handdoek oor die skouer. En weereens
het dié wat so geklee is, oumas en oupas ingesluit, wat met die waardigheid van
hul jare gestap het.
Op emigranteskepe wat in die vroeë 20ste eeu Oostelikes na nuwe lande
geneem het, het die Japannese vir hul reinheid uitgestaan . . . alhoewel hulle
Sjinese mede-passasiers dit nie so ingesien het nie. ’n Sjinese emigrant wat
kort voor 1910 hom in Suid-Afrika gevestig het, het onthou dat die Japannese
families aan boord sy skip – moeder, vader, seuns en dogters – vroeg-oggend op
die dek om ’n bak water sou saamkom, kaal uittrek en hulself sou was, onbewus
van die mense om hulle wat hulle aangekyk het.
Duidelik het daardie Japannese emigrante iets begryp oor reinheid en
naaktheid wat vir die Sjinese duister was.
En het Christene nie reeds eeue lank die spreukwoord “Reinheid is naas
goddelikheid” aangehaal nie?
Jammerlik word hierdie Japannese gebruik deur die aanval van die Westerse
kultuur op die stede van hul land ondermyn. Moderne hotelle en woonstelblokke
word met privaat badkamers gebou, deesdae meer dikwels en suite, eerder
as die verouderde Westerse gebruik om badkamers te voorsien wat apart is van
die slaapgeriewe, maar steeds met deure wat instruksies gedra het dat dit
gesluit moet word wanneer die bad gebruik word.
Nie alle Westerse samelewings het hierdie nougesette houding teenoor
naaktheid in die bad nie. In Skandinawië – en veral Finland – is daar die
tradisie van die sauna, waar naakte mans en vroue in ’n stoomgevulde hut saam
sit en hulself skoonsweet, waarna hulle buite toe gaan om in ’n yskoue swembad
of meer te spring, steeds poedelnakend.
Hierdie idee het in Duitsland posgevat, en al hoe meer plaaslike owerhede
daar bou deesdae openbare baddens, wat swembaddens en saunas insluit. In die
saunas, en dikwels ook die swembaddens, geniet mans en vroue die geriewe
ongeklee saam.
’n Amerikaanse vrou wat in Duitsland gebly het terwyl haar man in die VSA
se militêre daar gedien het, het kommentaar gelewer op die uiterse hoflikheid van
veral die Duitse mans, wat die sauna waar sy gesit het, sou binnekom, hardop
sou uitroep “Guten Tag!” en geknik het. Dan sit hulle daar ’n ruk lank in
stilte, almal naak, totdat hulle voel dat hulle genoeg stoom gehad het. Dan
staan hulle weer op en roep weereens hardop “Guten Tag!” knik en vertrek.
Ironies sal hierdie selfde naakte sauna baaiers dikwels daarop aandring dat
baaikostuums gebruik word in die swembad by dieselfde fasiliteit. Dis duidelik
dat die Finse gebruik nie sonder die indring van inhibisies na Duitsland
oorgedra is nie.
Dan is daar hulle in die Weste wat miskien sal saamstem dat openbare
badgeriewe wenslik is – miskien om die watervermorsing van privaat baddens en
storte te verminder – maar dan sal aandring dat sulke geriewe vir mans en vroue
apart voorsien moet word.
Die gewone argument is dat die aparthouding van mans en vroue wenslik is,
want andersins sal mense seksueel ontugtig sou optree. Maar seksuele ontug is
in gesegregeerde geriewe ewe moontlik. Die baddens van Hongarye waarin die
Turkse badtradisie voortgesit word (om slegs een van vele lande en soorte oorde
te noem waar hierdie verskynsel voorkom) is berug as bymekaarkomplekke vir
homoseksueles.
Ons versteking van die naakte liggaam word deur valse teologie gemotiveer,
en het dit heelwat meer probleme geskep as dié wat dit veronderstel is om
op te los.
Dit wil nie sê nie dat mense nooit in ongesegregeerde (naakte)
badgeriewe onsedelik sal optree nie.
Maar dit gebeur ewe maklik in openbare baddens waar swemklere verpligtend
is – indien dit nie meer so is nie. Die bikini wat deur so baie vroue gedra
word, paslik of onpaslik, lê soveel klem op die liggaamsdele wat dit toemaak dat dit
’n hoogs seksuele kleding is. Dieselfde kan gesê word van die eina-klein
swembroeke wat sommige mans verkies.
En dit is hoogs onfatsoenlik dat klein meisiekinders bikinis dra. Hulle het
nie eens ontwikkelde borste of lang bene nie, maar reeds word hulle geleer om
hulself seksueel ten toon te stel. Dit is eintlik verkieslik om vir klein
kinders (tot op die ouderdom van omtrent nege) swemklere te belet en naak te
laat swem, selfs op geriewe waar volwassenes wel swemklere dra.
Dit is altyd nodig dat ’n wakende oog gehou word op mense se optrede in
gemengde samesyn. Op naturistiese strande in die Verenigde State word ouer
vrouens as (naakte) “strandoumas” gehuur om die jonglui te patrolleer en om vir
hulle te leer dat naak nie onsedelik behoort te wees nie (“nude is not lewd”).
Maar dit wil voorkom dat onsedelike optrede heelwat meer waarskynlik is op
geriewe waar swemklere verpligtend is, veral waar die meisies met mekaar
wedywer om te sien wie die minste kan aantrek.
Ek het daarop nadruk gelê (in die artikel oor die doop)
dat beide Jesus Christus en Johannes die Doper naak was toe die Here in die
Jordaanrivier gedoop is.
Maar kom ons fokus weer op die doop as reinigende ritueel, wat naak
uitgevoer word.
Kan ons hierdie aspek van antieke Christelike praktyk in die 21st eeu weer
in gebruik neem?
In die huidige klimaat van houdinge wat teenoor naaktheid negatief is, wil
dit lyk of dit nie moontlik is nie.
Maar onthou dat die ritueel in die teenwoordigheid van ’n beperkte groep
uitgevoer is, nie die gehele gemeente nie.
Dit is nou nie asof ons vir die First Baptist Church van watter stad ookal
sou aansê dat hulle volgende massa-doop uitgevoer sal word met al die kandidate
nakend, sodat al die jong mans op die naakte meisies sal loer nie, en die jong
vroue ook die jong ouens sal beloer (indien hulle nie eerder hul oë sal toemaak en gil nie).
Ons moet nietemin die naakte menseliggaam uit die ryk van die Satan
terugeis.
Die Gnostiese leer dat die liggaam boos is, het boosheid aangekweek.
Ons behoort om met die naaktheid van ons ouers, ons broers en susters en
ons kinders soos hulle groot word, vertroud te wees – maar in plaas daarvan
assossieer ons naaktheid met sonde.
In soveel gevalle het ons nooit enige van daardie indiwiduele naak gesien
nie, of miskien slegs in ons kleintyd, en hulle sou geskok wees indien ons
hulle wel ontbloot sou sien.
Daardie assossiasie moet gebreek word om sodoende die Satan se vashou oor
ons naaktheid te verbreek.
Hou dit in gedagte hoe die Hebreërs ’n onderskeid gemaak het (soos wat hier verduidelik word) tussen blote naaktheid en
onwelvoeglikheid.
As ons dan ons naaktheid van die Satan gaan terugeis, hoe hanteer ons
daardie situasie? In ’n groot mate moet die indiwiduele gelowige self die
kwessie aanpak.
Dit is onnodig dat gehele gemeentes naturistiese gemeenskappe gaan stig nie
– dit mag heel behulpsaam wees as dit wel so gebeur, maar enige predikant wat
so iets aanmoedig sal heel waarskynlik twis en moontlik selfs kerkskeuring
veroorsaak.
En selfs wanneer Christene wel op naturistiese oorde by mekaar kom om
eredienste te hou, gebeur dit dikwels dat hulle vir sulke geleenthede klere
aantrek. Sommige van hulle is vry genoeg om God te kan aanbid terwyl hulle naak
is en dit nie as onvanpas te beskou nie, maar selfs naturiste kan miskien oor
daardie benadering ongemaklik voel.
Ons kan ons badkamerdeure oopmaak om sodoende te verseker dat ons
familielede ons kan sien terwyl ons bad. Ons kan met oop slaapkamerdeure
aantrek of uittrek.
As ons dit wil, kan ons tuis tyd deurbring sonder klere – binnemuurs en,
waar dit privaat genoeg is, ook in die tuin – veral in baie warm weer wanneer
die dra van klere ongemaklik is.
Mense wat swembaddens het wat nie aan die loeroë van bure en verbygaandes
ontbloot is nie, kan hul familielede aanmoedig om daardie swembad sonder
swemklere te gebruik. Mettertyd kan hul vriende ook genooi word om hieraan deel
te neem.
Dissipline is beslis in sulke omstandighede nodig.
Kaalbasswem as vrye aktiwiteit waaraan enigeen kan deelneem is nie sonder
risiko nie. Indien ’n skoolgaande kind by iemand anders se huis hieraan wil
deel hê, moet dit met hy sy ouers se toestemming wees – beter nog, kan dit in
hulle teenwoordigheid wees.
En die ouers in die huis waar die swembad is, moet oor die gebruik van hul
swembad beheer uitoefen, ewe veel vir veiligheid in die water as vir
welvoeglike optrede.
Maar op sulke maniere kan ons ’n Christelike weg van naakte optrede vestig
wat familiariteit sal toelaat sonder wellustige gedagtes.
En sodoende sou ons ons naaktheid van die Satan se oorheersing teruggeëis het.
– Strandloper
[1] Dr Ron Moseley, artikel getitel “The Jewish background of
Christian baptism”, in die tydskrif The Tree of Life uitgegee.
[2] ’n Tradisionele verwysing na die
Christelike Geloof, veral in sy vroeë jare.
For English, click here
Terug na Strandloper
se hoofbladsy
Skryf vir my: Strandloper