Heiliges en Jaargetye
http://www.oocities.org/saintsnseasons

Die Berg  van Lig

deur Mike Oettle

OORKANT die Galileďse heuweldorpie Ibillin, met ’n uitsig oor Haifa, is ’n klein bergie wat op die kaarte aangetoon word as die Djabal el Ghoul – die Berg van die Mensvreter. Onder die Palestyne van noord-Israel het dit nie meer daardie naam nie, en die verandering was die werk van Elias Chacour.

Ons het in die vorige artikel vir abuna[1] Elias ontmoet en uitgevind hoe hy Gods liefde gebring het aan ’n gemeenskap wat in vrees en wantroue geleef het. Hierdie Melkietiese[2] priester vertel baie stories van sy lewe in sy boek We Belong to the Land, maar die een wat vir my uitstaan is die sage van die skool.

Sekondęre onderwys is in Israel in private hande: plaaslike gemeenskappe rig skole op en doen dan aansoek om Staat subsidies. Joodse Israelis word deur die sisteem goed gedien, maar Palestyne moet dikwels klaarkom met niks meer as ’n laerskool-opvoeding. Sonder vaardighede of opvoeding, trou hulle dikwels vroeg en kry groot families, wat tot die groot aantalle arm Palestyene nog meer toevoeg. Elias het besluit dat wat sy gemeenskap nodig het, is sy eie hoërskool.

Dit het uit sy biblioteek gegroei, wat hy vir die dorpie oopgegooi het. Hy het veral die kinders aangemoedig om te lees, en het jaarliks ’n Dag van die Boek gehou wanneer die kind wat die meeste boeke gelees het, beloon is. Hoe het hulle nie onder mekaar gewedywer om daardie kind te wees! En die biblioteek het gegroei – gou was dit te groot vir die klein parogiehuisie, en gewilliges het saamgespan om ’n gemeenskapsentrum te bou, en om die parogiehuis te vergroot.

Dit was deels weens die nonne wat teen dié tyd in die parogie gewerk het. Elias het die idee gekry toe hy ’n groepie in sy motor deur Nasaret gebring het tydens een van sy gereëlde besoeke aan tonele uit Jesus se lewe, en die gedagte het hom bygeval dat hy die Moeder-Owerste van die klooster aldaar moet vra vir twee nonne wat hom in sy werk sou help. Moeder Josefat was entoesiasties, al was dit ongehoord dat nonne die klooster sou verlaat. Die Rooms-Katolieke biskop het daardie entoesiasme nie gedeel nie, en het verlof geweier vir twee nonne om saam met die Melkiete te werk. Moeder Josefat het vir Elias vertel dat, aangesien sy die biskop se bevele moes nakom, sy drie sou stuur! Aanvanklik het hulle slegs aangebly tydens die oggenddiens, maar het later begin besoek aflę en op die ou end kom bly. Elias het in sy motor geslaap en vir hulle die parogiehuis gegee, maar die gemeente het verstaan wat aan die gang is, en vir almal ruimte geskep.

Die drie nonne, suster Gislaine, suster Nazarena en mčre Macaire (wat vroeër ’n owerste was), het met tyd ’n geliefde deel van die gemeenskap geword. Aanvanklik het hulle slegs die Melk­iet-gemeente besoek maar (al wou hulle dit eers nie doen nie) ook die Ortodokse en selfs die Moesliem-dorpenaars. Saam met Elias sou hulle Sondae vroeg gaan aanklop: “Salaam ale­khum. Opstaan. Dis aguur. Oor ’n uur sal ons die liturgie hou, en ons wil graag hę dat jy en jou familie by ons sal aansluit.”

Selfs meer belangrik was die deurbraak wat die nonne self gemaak het. Hulle besoeke in die gemeente het hulle bewus gemaak van ’n behoefte wat Elias reeds opgelet het, maar sonder dat hy daarvan gepraat het, het hulle na hom gekom en gesę dat hulle ’n kindertuin wou stig.

Van die kleine akkertjies van die kindertuin en die biblioteek het die Miriam Bawardy Gemeenskapsentrum aan die voet van die Djabal el Ghoul gegroei. Dit is vernoem vir ’n jong vrou (dood in die ouderdom van 33) van Ibillin wat ’n non geword het en wat nŕ die Eerste Węreldoorlog gehelp het om nuwe Karmelitiese gemeenskappe in Britse Palestinië en in Indië te stig. (Elias se pa het hom ’n paar jaar later in Rome verteenwoordig toe die Pous vir Miriam salig verklaar het.)

Vir Palestyne is boupermitte nou ’n probleem. Om die mees obskure redes word hulle verlof ontsę om huise te bou, of om bestaande huise te vergroot, wat daartoe lei dat hulle in al hoe meer oorvolle toestande leef. Dus het Elias probleme verwag toe hy planne voorgelę het vir die Hoërskool van die Profeet Elias, vernaam ter ere van die Ou Tes­ta­ment se Elia, gelyk vereer deur Christen, Jood en Moesliem. Soos amptenare van die Bantoe Administrasie in ons onlangse verlede, het die Israelis ’n halfdosyn redes (waarvan nie een waar was nie) om die permit te weier.

Maar Elias, oortuig daarvan dat die bevordering van die gemeenskap belangriker was as rompslomp, het met die bouwerk voortgegaan. Toe sy eie biskop aan hom finansiële hulp geweier het, het hy ’n versoek aan die Koningin van Nederland gewend. Nederlandse skenkers het hul bydraes tot die van die Palestynse gemeenskap bygevoeg. Die dorpenaars van Ibillin het self, onder leiding van abuna Elias, die bouwerk gedoen, ten spyte van inmenging deur die polisie, en buitelandse vrywilligers het by hulle aangesluit.

Die gebrek aan ’n bou permit het tot ’n hofverhoor gelei, en na ’n oponthoud van vyf maande (waartydens die skool voltooi is) is Elias vertel dat hy nooit ’n permit sou kry, en daarsonder sou geen dienste verskaf word nie. Maar die dorp het water voorsien, en het toegelaat dat ’n elektriese kabel die bult langs gelę is. Die lig wat snags bo-op die heuwel geskyn het, het vir Elias die inspirasie gegee vir ’n nuwe naam daarvoor: Djabal el Ennuur – die Berg van Lig.

Elias het uiteindelik (langse onreëlmatige weë) sy permit verkry, maar kon vir uitbreidings weereens nie een kry nie. Ten spyte daarvan staan die Hoërskool van die Profeet Elias en die naasstaande Vredesentrum op die Berg van Lig. Verrassend het die skool ’n uiters hoë kwota-aanslag (95,5%) by die Israelse Departement van Onderwys.

In die volgende artikel deel ek met jou Jesus se woorde wat hierdie energieke dienskneg van Christus motiveer.



[1] “Abuna” is die gewone aanspreekvorm vir ’n Palestynse Christen-priester.

[2] Die Melkitiese Kerk staan ook as Grieks-Katoliek bekend. Dit het volle kommunie met die Bisdom Rome, en neem sy gewone naam (wat “rojaliste” of “keisersmanne” beteken) van die Siriese woord malk-, wat “koning” beteken – die bynaam gaan terug op ’n leertwis nŕ die Konsilie van Chalsedon van 451 nC, waarin een faksie deur die keiser in Konstantinopel gesteun is.


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Hierdie artikel is oorspronklik Juliemaand 1993 in Western Light, maandblad van die parogie van Alle Heiliges, Kabegapark, Port Elizabeth, gepubliseer, en is deur die skrywer vertaal. Die inhoud is geneem uit We Belong to the Land, deur Elias Chacour (Marshall Cavendish).

  • Terug na indeks van heiliges

    Terug na chronologiese indeks

    Terug na Heiliges & Jaargetye-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle