wat saak maak in die Vrystaat

Tuisblad

 


Die implementering van Uitkomsgebaseerde Onderwys in skole open 'n nuwe geleentheid vir jeugorganisasies soos die VCSV en kerke om direkte diens aan skole te lewer. Een van die leerareas wat nou verpligtend vir skole is, is Lewensorientering. Daarom het die VCSV onder leiding van Dr Vic Brink (VCSV Uitvoerende hoof) saamgespan met verteenwoordigers van ander jeugorganisasies en kerke om in vennootskap leerprogramme te ontwikkel en dan so wyd as moontlik bekend te stel aan skole in Suid-Afrika.

Die kurrikulum en leerprogramme word tans ontwikkel en behoort graad 4 en 8 alreeds gereed te wees teen Julie van die jaar.  Tesame met die programpakkette wat die materiaal dek word ook hard gewerk om geskikte lewensorienteringsentrums op te rig oor die land waar leerders die geleentheid het om deur spesiale en behoeftegerigte metodes te leer.

Die VCSV se werksaamhede sal daarom in die toekoms op vier vlakke sigbaar wees, naamlik vlak 1: werksaamhede by takke, uitreike, feeste, graad 7 kampe,ens

Vlak 2: Lewnensorienteringmateriaal vir skole

Vlak 3: Lewensorienteringsentrums waar leerders deur ervaring kan leer

Vlak 4: Leierskapontwikkeling

Met dank kan die Vrystaat nou berig dat die plaas Langesnek in die Moolmanshoekvallei in die distrik Ficksburg deur die eienaar Willie Nel beskikbaar gestel en opgegradeer is om sodoende die leerders in die Vrystaat die geleenthede te bied in vlakke 3 en 4.

Vyf naweke is geidentifiseer waarvan die eerste reeds 5 tot 6 Mei is om die lewensorienteringsentrum met sy fasilitiete bekend te stel aan skoolhoofde van die Vrystaat. Datums is reeds beskikbaar vir die aanbied van die programme vanaf die derde kwartaal.

Die projekleier vir die projek is Jacques Mouton (tel: 083-653-2421) vir enige vrae rakende die ontwikkeling en lewensorientering. Mnr Gert Heyns ( tel: 083-384-1226) is die koordineerder ten opsigte van die skoolhoofde naweke. Jackie Blignaut (tel : 082-373-6091) is die kontakpersoon rakende kampdatums vir : lewensorientering, leerlingraad/kringleier leierskapontwikkeling, ens. Natuurlik kan hy ook vir die skool behulpsaam wees met die reel van 'n lekker wegbreeknaweek vir 'n groep.


Ons sien uit daarna om u op Langesnek te ontvang.


Berig deur Jacques Mouton

 


Gebed

Diensjaar

Buitelug

Berading

Streek

Skakels

0