AKUUT - OPSOMMENDE AFRIKAANSE SPELREËLS EN OPMERKINGS

| Tuisblad | Koop die AWS | Geskiedenis van die AWS | Taalkommissie-lede | Oorsig oor die reënboog-AWS | Spelreëls en kommentaar (ons s'n en joune ook) | Omgangstaalafrikaans | Weggelate woorde | Debat oor die 1991-AWS | Skakels |

Kliek hier vir die spelreëls-hoofbladsy.

AKUUT - SOOS DIÉ

Die akuut in Afrikaans word nie op medeklinkers geplaas nie. Dit kan wel gebruik om (4.1) iets te beklemtoon, byvoorbeeld ongelóóflik. (4.5) Die "i" kry slegs 'n akuut wanneer daar nie nóg 'n klinker is om 'n akuut op te plaas nie. Met ander woorde, "dié" en "dít", nie "díé" nie. Die akuut kan ook nie enige ander bestaande diakritiese tekens verdring nie. Die akuut word ook (4.2) by vreemde woorde gebruik indien daardie woorde oorspronklik met 'n akuut geskryf is, en dieselfde (4.3) geld ook vir eiename. Dis tans ook aanvaarbaar (4.4) om die akuut te gebruik indien daar 'n betekenisverwarring mag wees, al is daar geen sprake van beklemtoning nie, byvoorbeeld "Die mense het nou saamgewerk" (nie later nie) en "Die mense het nóú saamgewerk" (nie lossies nie).

KOMMENTAAR

Ons verwelkom kommentaar van ons lesers, hetsy kommentaar op ons opmerkings of direk kommentaar op die spelreëls sélf. Skryf solank jou kommentaar, en wanneer ons klaar is, sal ons die posadres gee waarheen jy jou kommentaar kan stuur. Kommentaar word onderaan elke hoofstuk geplaas (anoniem of met jou naam).


Outeursreg van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (9e uitgawe) behoort aan Pharos uitgewers en aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hierdie werf is nie by enige van dié twee geaffilieer nie.

Skryf kommentaar, by afrikaans@workmail.co.za.

π