Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls weeg nogal swaar, is op goeiegehaltepapier gedruk, het 'n kleuromslag en is ongeveer A5-grootte groot. Dis ongelukkig net in sagteband beskikbaar. Die naam van die boek is "Afrikaanse woordelys en spelreëls", hoewel op die voorblad dit geskryf staan as "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls". Elders word die kleinletter-spelwyse gebruik.
Kliek op die duimnaels van die vooromslag en die inhoudsopgawe:
Die voorwoord bevat die name van die Taalkommissie, gee 'n baie kort oorsig oor die geskiedenis van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, en probeer aantoon dat die jongste AWS 'n bak boek is.
Dis bloot 'n waarskuwing om nie die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls te ernstig op te neem op gebiede waar die AWS nie te ernstig opgeneem moet word nie. Dié afdeling verduidelik hoekom daar wisselvorme opgeneem word, en hoekom sommige ander wisselvorme wat vroeër opgeneem is, weggelaat is. Daar word baie kortliks verduidelik watter kriteria gebruik is om te bepaal watter woorde in die woordelys opgeneem word of nie. Beide dié verduidelikings is vaag en kon netsowel weggelaat word.
Die toeligting is eintlik net 'n plek waar daar gesê word wat in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls staan, asook ekstra stukkies inligting wat nie in die Voorwoord of in die Wenke tuishoort nie. Daar is 'n lys fonetiese letters, 'n gebruikersgids van die woordelys (baie handig), en melding van die afkortinglys en terminologielys.
[x] Die grondbeginsels het blykbaar nie verander sinds die vorige uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls nie. Basies kom dit daarop neer dat:
Die doel van die grondbeginsels is om as verskoning te dien vir besluite wat in die reëls gemaak is. As grondbeginsel (a) nie jou argument staaf nie, sal grondbeginsel (b) of (c) dit staaf, en vice versa.
Die spelreëls strek van bladsy 21 tot bladsy 208. Elke spelreël volg dieselfde formaat om dit maklik te maak. Elke hoofstuk het 'n kort inleidinkie voor die spelreëls volg, en elke spelreël bestaan uit een of meer van die volgende elemente, altyd in dieselfde volgorde:
Groepe spelreëls wat by mekaar hoort of oor dieselfde ding handel, het 'n subopskriffie met 'n pyltjie, sonder om met die reëlnommers in te meng.
Die woordelys strek van bladsy 210 tot bladsy 476, en bevat glo sowat 30 000 woorde. Elke bladsy het 3 kolomme met 45 lyne... maak dus jou eie somme as jy wil. Die woordelys het sy eie voorwoord wat enkele misverstande uit die weg probeer ruim (soos om te probeer verduidelik hoekom daar ooglopende inkonsekwenthede is in die keuse van opgeneemde woorde):
Die woordelys het 'n duimnaelindeks vir maklik naslaan, en dis werklik nuttig.
Die afkortings strek van bladsy 479 tot bladsy 523. Dis twee kolomme met 45 lyne elk, maar baie afkortings strek oor meer as een lyn omdat die volvorm lank is. Dieselfde opmerkings wat vir die woordelys geld, geld ook vir die afkortinglys.
Uit 'n oorspronklike lys van by die 5000 (as ons reg onthou) is 450 omgangstaalwoorde gekies en gelys. Omgangstaalwoorde uit vier kategorieë is opgeneem:
Ongelukkig word daar geen reëls gegee oor die keuse van die spelwyses van die woorde nie (ons lei egter reëls af van die woorde wat opgeneem is, in die Omgangstaal-afdeling van die webwerf).
Die omgangstaallys strek van bladsy 527 tot bladsy 534.
Volgens die Taalkommissie het hulle geen mandaat om spelwyses vir Suid-Afrikaanse plekname voor te stel nie, maar hulle gee darem so'n ou lysietjie buitelandse name en hul spelwyses. Dié lys bevat die pleknaam, die byvoeglike naamwoord en die inwonernaam. Die pleknaamlys strek van bladsy 535 tot bladsy 552, in een kolom per bladsy. Landname is in vetdruk gedruk, om dinge te vergemaklik.
Die tabel strek oor drie bladsye en bevat die Bulgaarse letter, sy uitspraak in Engels en in Afrikaans (en in fonetiese letters), 'n voorbeeldwoord, die voorbeeldwoord in Engels, en die voorbeeldwoord in Afrikaans. Daar is geen tabel vir enige ander taal nie.
Die terminologielys is verbasend volledig. Dit bevat verduidelikings van al die taalterme wat in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls gebruik word, sodat leke ook kan verstaan wat is 'n "deelwoord", 'n "sillabe" of 'n "affiks". Die terminologielys strek van bladsy 557 tot bladsy 576.
Die indeks, daarenteen, is nie baie volledig nie, hoewel dit 'n poging daartoe aanwend. Die indeks strek van bladsy 577 tot bladsy 592.
Outeursreg van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (9e uitgawe) behoort aan Pharos uitgewers en aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hierdie werf is nie by enige van dié twee geaffilieer nie.
Skryf kommentaar, by afrikaans@workmail.co.za.