AFRIKAANSE SPELREËLS EN KOMMENTAAR OP DIE SPELREËLS

| Tuisblad | Koop die AWS | Geskiedenis van die AWS | Taalkommissie-lede | Oorsig oor die reënboog-AWS | Spelreëls en kommentaar (ons s'n en joune ook) | Omgangstaalafrikaans | Weggelate woorde | Debat oor die 1991-AWS | Skakels |

VERKORTE OPSOMMING EN OPMERKINGS

Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls bevat die volledige spelreëls van Afrikaans, maar hier onder is 'n korter, opsommende weergawe van die Afrikaanse spelreëls. Om naslaan te vergemaklik, is die AWS se hoofstukstruktuur as "kanon" aanvaar en daarvan nie afgewyk nie. Die reël se nommer soos in die AWS word op die geskikte plekke in die opsommende reëls aangegee.

Let op: Die AWS bevat die enigste amptelike Afrikaanse spelreëls en formulering van die spelreëls, en ons moedig lesers aan om dit te koop.

Opmerkings oor die werf se taalgebruik

HOOFSTUKKE

Oppas! Moenie letterkundige meesterstukke verwag nie. Verwag 'n vinnig opgestelde tros paragrawe, en selfs spelfoute hier en daar :-).

1. Afbreek van woorde

Die afkapping van woorde het wesenlik nie juis verander nie, maar dit word wel deegliker uiteengesit.

2. Afkapteken

Daar is nuwe reëls wat die apostroof betref, veral by meervoude en verkleinings.

3. Afkortings

Die hoofstuk oor afkortings bevat weinig reëls, maar wel baie voorbeelde en kategorieë in 'n poging om afkortingsleer te vergemaklik.

4. Akuutteken

Die gebruik van die akuut is wesenlik dieselfde as in 1991 en 1964.

5. Deelteken

Hier en daar word meer vryheid by die keuse tussen 'n koppelteken of 'n deelteken toegelaat, maar oor die algemeen is die reëls oor deeltekens onveranderd.

6 Diftonge

Daar is weining reëls by die hoofstuk oor tweeklanke, maar wel voorbeelde en kategorieë.

7. Getalle, syfers en simbole

Die hantering van syfers en simbole het komplekser geword, maar daar is nie werklik afgewyk van die koers wat in 1991 ingeslaan is nie.

8. Gravisteken

Dié hoofstuk is byna 'n spieëlbeeld van die hoofstuk oor die akuut.

9. Hoofletters (lank)

Daar is heelwat nuwe reëls, vergunnings en wisselvorms by die gebruik van hoofletters, en hier en daar is daar selfs stellings uit die 1991-AWS herroep.

10. Kappies

[x] Kappies is baie straightforward.

11. Medeklinkers

Daar word 'n poging aangewend om die reëls oor die verdubbeling van medeklinkers meer kompleks te maak, en die 1991-blaaskans oor die keuse tussen =te en =de word gedeeltelik herroep.

12. Koppelteken

Koppeltekenreëls is oor die algemeen dieselfde, behalwe waar eiename en voegsels ter sprake is, maar daar enkele (maar soms drastiese) wysigings is. "Toktokkie" is nou "tok-tokkie" (toe, lewer kommentaar).

13. Meervoude

Meervoudsvorme krioel van uitsonderings, en omtrent net die eiename se meervoude kan met redelike sekerheid vasgestel word. Tog gee die AWS heelwat "reëls" (waarop daar wel uitsondering is, maar dis beter as niks).

14. Los- en vasskryf

Die reëls is nou makliker en laat meer vryheid toe, behalwe in sekere gevalle, waar dit juis minder vryheid toelaat.

15. Verkleinvorme

Die Taalkommissie het hulle skitterend van hul verkleiningsreëlstellingstaak gekwyt.

... en verder

KOMMENTAAR

Ons verwelkom kommentaar van ons lesers, hetsy kommentaar op ons opmerkings of direk kommentaar op die spelreëls sélf. Skryf solank jou kommentaar, en wanneer ons klaar is, sal ons die posadres gee waarheen jy jou kommentaar kan stuur. Kommentaar word onderaan elke hoofstuk geplaas (anoniem of met jou naam).


Outeursreg van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (9e uitgawe) behoort aan Pharos uitgewers en aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hierdie werf is nie by enige van dié twee geaffilieer nie.

Skryf kommentaar, by afrikaans@workmail.co.za.

π