Kliek hier vir die spelreëls-hoofbladsy.
Net soos die akuut kom die gravis in Afrikaans nooit op medeklinkers nie. (8.1) Die gravis word gebruik op enkele Afrikaanse woorde om 'n sekere soort uitspraak te verkry. Nie baie suksesvol nie, want die e-klanke appèl (wat rym met "vel") en hè en dè (wat rym met "net") word nie naastenby dieselfde uitgespreek nie. Ons vra ons trouens af in hoeveel van dié gevalle die gravis werklik nog nodig is, veral nadat 'n SABC-nuusleser onlangs nog "appèl" uitgespreek het as "appel". Die gravis het dus gefaal. (8.2) Die gravis word ook geskryf by sommige vreemde leenwoorde en (8.3) eiename wat die gravis het.
Eintlik is die reëls vir die gravis en die akuut dieselfde, behalwe dat die strepie op 'n ander manier gemaak word.
Ons verwelkom kommentaar van ons lesers, hetsy kommentaar op ons opmerkings of direk kommentaar op die spelreëls sélf. Skryf solank jou kommentaar, en wanneer ons klaar is, sal ons die posadres gee waarheen jy jou kommentaar kan stuur. Kommentaar word onderaan elke hoofstuk geplaas (anoniem of met jou naam).
Outeursreg van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (9e uitgawe) behoort aan Pharos uitgewers en aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hierdie werf is nie by enige van dié twee geaffilieer nie.
Skryf kommentaar, by afrikaans@workmail.co.za.