Kliek hier vir die spelreëls-hoofbladsy.
Jy kan in Afrikaans 'n verkleining doen deur iets aan die woord te las, byvoorbeeld -ie, -jie, -tjie/djie, -kie en -pie.
(15.1) Woorde in die vorm =[aa|ee|oo][p|g|k|p|s], kry =ie as verkleining, en die dubbelklinker word 'n enkelklinker. (15.2) Woorde in die vorm =[(klanke) a|u|e|o|i][f|g|k|p|s] kry 'n =ie as verkleining, en die medeklinker verdubbel. (15.3) Woorde in die vorm [ander medeklinker|tweeklank|ie|oe|eu][f|g|k|p|s] kry 'n =ie as verkleining.
(15.4) Woorde in die vorm =[d|t], kry 'n =jie as verkleining, ongeag of dit uitgespreek word.
(15.5) Woorde in die vorm =[diftong|ie], kry 'n =tjie as verkleining (hoewel die AWS 'n drukfout bevat wat sê "jie"). (15.6) Woorde in die vorm =[diftong|schwa|aa|ee|oo|uu|eu][l|n|r], kry 'n =tjie in die verkleining. Die =tjie word ook gelas by verkleinings van enige leenwoord wat op y eindig. 'n Naamwoord in die vorm =[b.nw.][e], kry ook 'n =tjie in verkleining.
(15.7) Woorde in die vorm =[beklemtoonde vokaal][l|m|n|r], kry 'n =etjie in die verkleining, en die medeklinker verdubbel.
(15.8) Woorde in die vorm =[beklemtoonde lettergreep][ng], kry ook 'n =etjie. Dit geld ook vir woorde in die vorm =[ling]. (15.9) Woorde van dié soort wat egter nie 'n beklemtoonde lettergreep het nie, kry 'n =nkie as verkleining, en die ng val weg.
(15.10) Woorde in die vorm =[diftong|aa|ee|ie|oo|uu|eu|schwa][m], kry 'n =pie as verkleinvorm.
(15.11) Woorde in die vorm =[i|o|u|beklemtoonde a], kry 'n ='tjie as verkleining, tensy die klinkers verdubbel is. (15.12) Verkleinvorme van afkortings, simbole en letters/syfers, kry ook 'n afkapteken in die verkleining. (15.13) Eiename in die vorm =[s|rs] (wat nie uitgespreek word nie), kry 'n ='tjie in die verkleining, behalwe in enkele gevalle waar net ='ie geskryf word.
Ons verwelkom kommentaar van ons lesers, hetsy kommentaar op ons opmerkings of direk kommentaar op die spelreëls sélf. Skryf solank jou kommentaar, en wanneer ons klaar is, sal ons die posadres gee waarheen jy jou kommentaar kan stuur. Kommentaar word onderaan elke hoofstuk geplaas (anoniem of met jou naam).
Outeursreg van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (9e uitgawe) behoort aan Pharos uitgewers en aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hierdie werf is nie by enige van dié twee geaffilieer nie.
Skryf kommentaar, by afrikaans@workmail.co.za.