Temas – voëls en vere
Om meer oor die geïllustreerde wapens te leer, kliek op die beelde.
GEVEERDE kreature was nog altyd ’n aspek van die heraldiek. Een die beroemdste wapens – en een wat wyd en syd nageaap is – was die swart arend of adelaar van die Heilige Romeinse Ryk op ’n goue skild. Alhoewel dit die Keiser se wapen was, is dit ook deur vrye stede gevoer as teken van hulle feodale leenmanstrou aan die Keiser alleen, sonder enige ander here tussenin. Vandag is daardie selfde adelaar steeds bekend, want dit word deur die Duitse Bondsrepubliek gevoer. In hierdie land was dit die Zuid Afrikaansche Republiek wat ’n arend of adelaar as deel van sy wapen aangeneem het. Die arend was deel van die wapen soos in die Grondwet van 1858 beskryf, maar het eers in die staat se eerste posseëeluitgifte sy verskyning gemaak in 1869. Deur die meeste van die republiek se lewe het die arend na die verkeerde kant van die skild gekyk, maar kort voor die Suid-Afrikaanse Oorlog is dit reggemaak. Toe die Provinsie Transvaal in 1951 die ZAR se wapen aangeneem het, het die arend na die heraldiese regterkant gekyk.
Arende word ook in die wapens van Suid-Afrikaanse opvoedkundige inrigtings gevind. Toe Westering High School ’n wapen aanvaar het, het dit ’n helmteken ingesluit wat (in terme van heraldiese beskrywing) feitlik identies was met dié van die ZAR and Transvaal. Toe die wapen geregistreer is, is die adelaar geteken as staande op twee papkuile, skuins gekruis, om te verseker dat dit uniek is. ’n Nabye buurskool, Morningside High School, het ’n vlieënde arend, en so ook die beroemde Healdtown Institution.
’n Valk verskyn in ’n woordspelende rol in die wapen van St Michael’s Church, Observatory, waar dit die landgoed Valkenberg (tans deel van Observatory) voorstel.
Suid-Afrika se nasionale voël is die blou kraanvoël (Anthropoides paradisea), alhoewel dit miskien beter bekend is in die wapen van die Republiek Ciskei, waar dit die helmteken gevorm het – die blou kraanvoël was ook die nasionale voël van daardie staat, en kon ook in sy vlag gesien word.
In 2000, toe ’n geheel nuwe wapen vir Suid-Afrika onthul is, het die sekretarisvoël (Sagittarius serpentarius) na vore gekom, aangesien dit nou die meeste van die opperhelfte van die devies bestaan het. Hierdie voël van onlangse nasionale belang het egter lank reeds deel gevorm van die helmteken van Roedean School in Johannesburg, waar dit aangetoon word besig om ’n slang dood te maak – en hier word dit ook in sy natuurlike grys kleure aangetoon, eerder as die vergesogte bruine en “goud”-skakerings van die devies van 2000.


Die duif is lank reeds simbool van vrede. Dit dien egter om verduidelik te word dat die Engelse woord “dove” een van twee is wat toegepas word op wilde voëls van die familie Columbidæ. Oor die algemeen is ’n “dove” een van die kleinere Columbidæ-spesies, terwyl ’n “pigeon” een van die grotere kortstertspesies is . . . met een uitsondering, naamlik dat witgeveerde (aangeteelde) “pigeon”-soorte ook “doves” genoem word. Dit is die wit voël wat die simbool is van vrede. Vredesduiwe kan gevind word in die wapens van die Laerskool Moregrove en die Hoërskool Kaap Recife, terwyl ’n Afrikaanse klipduif (Columba guinea) as helmteken verskyn in die wapen van die dorp Volksrust – ’n verwysing na die nabye heuwel Majuba, die naam waarvan “Duiweheuwel” beteken.
’n Duif met ’n meer geestelike konnotasie is dié van die Heilige Gees wat (in rooi) in die wapen van eerwaarde Roy Snyman verskyn.

Al die bogenoemde voëlsoorte vlieg, maar Suid-Afrika is ook een van etlike lande dwars oor Afrika wat die tuiste is van die wêreld se grootste vluglose voël, die volstruis (Struthio camelus). ’n Lopende volstruis was is as helmteken aangeneem vir Grahamstad toe dit in 1862 ’n wapen opgetrek het, en is hierdie devies deur die dorp se openbare seuns- en meisieskole, tans bekend as Graeme College en Victoria Girls’ High School, oorgeneem. Maar toe Grahamstad in 1912 in Londen ’n wapenverlening verkry het, is die volstruis (simbool van die wild rondom die dorp) verwyder, en vervang met ’n helmteken wat drie swart volstruis-vlerkpluime bevat het. Aangesien hierdie pluime natuurlik wit is, kan dit slegs swart wees indien dit gekleur word, dus simboliseer dit die volstruisveerbedryf. Drie pluime in verskillende kleure verskyn in die helmteken van Grahamstad se Hoërskool P J Olivier. ’n Wit pluimveer verskyn weerskante van die skild in die wapen van Oudtshoorn, die wêreldsentrum van die volstruisboerdery- en prosseseringsindustrie. Beaufort-Wes, wat soos Oudtshoorn in ’n droë streek geleë is wat vir volstruisboerdery goed gepas is, het ook ’n volstruis (hierdie een is staande) as helmteken. Nog ’n wapen wat volstruisvere bevat is dié van die Wes-Kaap, waar ’n goue vlerkpluim (weereens is dit ’n gekleurde veer) weerskante van die leuselint verskyn, teen die agtergrond van die appeaTafelberg, wat as grond dien waarop die skildhouers staan.

’n Eksotiese voël wat in ’n Suid-Afrikaanse wapen voorkom is die Indiese pou (Pavo cristatus), een waarvan in die wapen van die dorp Stellenbosch voorkom.
Soms bevat ’n wapen vere wat glad nie aan ’n voël behoort nie – gewoonlik in die vorm van vleuels op ’n kreatuur of voorwerp. Die SA Uitsaaikorporasie het ’n gevleuelde fakkel vir sy wapen, Warren Morris van Port Elizabeth het ’n engeltjie het vir sy helmteken, die Anglikaanse Bisdom van Sint Markus die Evangelis het ’n gevleuelde leeu, en St Michael’s Church toon die aartsengel met vlerke.
Terug na bo
Terug na temas-indeks
Terug na Armoria-indeks
Opmerkings, navrae: Mike Oettle