Avontuurkampe vir hoër- en laerskole:
Hierdie kampe bied kinders die
geleentheid om in kontak te kom met God, die natuur, hulself, die
uitdagings wat met al hierdie verband hou te trotseer en deel te word
van 'n wonderlike nuwe leefwêreld. Hul kry ook die geleentheid
om te deel in die genot van abseiling, paintball (met ketties)
waterspeletjies, stap, hindernisse en alle ander moontlike
interessanthede wat die natuur kan opdis. Snags word daar om die
kampvuur gesing en gesels oor die christelike waarde wat die wonde,
uitdagings en persoonlike oorwinnings van die dag inhou
Vakansiekampe
Dit is vir die meer gemaklike, maar
tog lewenslustige kamper. Temas, rollespel, lekker saam sing en
interessante onderwerpe van bespreking is kenmerkend aan hierdie
kampe. Die kinders funksioneer meesal in kleingroepies en kom op 'n
speelse manier tot insig oor bybelse beginsels. Tydens hierdie kampe
is daar ook baie geleentheid vir kuier, speel en bande bou met nuwe
vriende en kulture.
Streekkampe
Die werkswyse is baie eenders aan die
van vakansiekampe, al wat verskil is dat die toegang beperk word tot
kampgangers uit 'n bepaalde streek
Takkampe
Takkampe is ook soortgelyk aan bg,
maar die kampgangers bestaan uit leerlinge van 'n spesifieke tak.
Kringleierskampe
Kringleierskampe bring skole, met
VCSV- takke, se kleingroepleiers/kringleiers, bymekaar met die doel
om hul geestelik te versorg en met ander nodige vaardighede vir
effektiewe leierskap toe te rus. Die doel hiermee is om hul in staat
te stel om die nodige leiding te kan gee tydens hul aanbied van
bybelstudies, kleingroepbespreekings en omsien van geestelike
behoeftes van leerlinge.
Kampe gerig op lewensvaardighede
Tans in ontwikkelingsfase
|