Transvaalse Vierkleur

BOERE SEPARATISTE

Vrystaatse Vierkleur
Klik vir vergrote embleem   Paardekraal
  12 Oktober 2002
BOERE EENDRAG
deur die Transvaal en Vrystaatse Separatiste
                  Klik vir vergrote embleem
EEN VAN DIE GROOT POLITIEKE LEUENS
Dat die BOEREVOLK nie kan saamstaan ! Bog ! Dit is Boer en Afrikaner wie nie kan
 
          TUIS ENGLISH DONASIES POSLYSTE KONTAK E-POS SLUIT-AAN HULP                    
   HOOF INDEKS
  24,000 Kinder grafte
  Argiewe
  Bangjan
  Bedrog van jare
  1910-1961-1994

  Boeke
  Boer vs Afrikaner
  Boer Radio
  Boere Grond
  Boere Identiteit
  Boere Ideologie
  Boere Jeug
  Boere Mans
  Boere Vrouens
  Doel
  Eenheid vs Eendrag
  Ekonomie ?
  Fotos
  Gebeure
  Geskiedenis
  Grondwet ?
  Help Boere
  Holocaust
  Identiteit
  Ideologie
  Koerant
  Koloniealers
  Konsentrasiekampe
  Leuens
  Monumente
  Nadenke
  Neem deel
  Oorloë
  Oplossing
  Party-Politiek
  Politieke Gedrogte
  Poslyste
  Republiek ?
  Saam of Teen
  Separatiste
  Simboliek
  Skakels www
  Traktate
  Transvaal
  Tvl Volkslied
  Valse Rep. 1961
  Vroue Blad
  Vergeet ?
  Valshede
  Vlae
  Volksliedjies
  Vryheidstryd
  Volkstaat ?
  Vrystaat
  OVS Volkslied
  Vryheid
  Volksraad
  www Skakels
  Ander !! ??
Versprei hierdie boodskap, stuur dit aan 'n vriend ! >>

!! LEDE VAN DIE BOERVOLK !!

WIE HET HIERDIE WWW BLAD OPGESTEL

WIE IS DIE BOERE SEPARATISTE

Hierdie persone, wie hulself lede van die Boervolk noem, en hierdie Web blad opgestel het, is uit die Transvaal en Vrystaatse Separatiste denk groepe opgemaak, ook is daar ander Boere hierby betrokke wie nie meer kans sien vir hul gewese groepe, bewegings of partye, en hulle doel met hierdie WEB is soos volg:-

  • Ons doel is nie om hierdie beweging te beheer en manipuleer nie.
  • Ons soek eendrag onder die Boervolk, nie eenheid nie.
  • Ons verlang soveel insette as moontlik van mede Boerevolksgenote.
  • Ons voel dat dit die Boervolk self moet wees wat dit beheer en besit.
  • Ons het wel sekere vaste beginsels rakende die Boere Separatiste Web blad en sal daarby bly staan totdat ons oorweldigend verkeerd bewys word, en dan ook alleen deur lede van die Boervolk en nie van volksvreemdes nie. Ook nie van akademici wie met kolonialistiese volksvreemde idees kom.
  • Ons beginsels wat ons nastreef, kan op hierdie Web blaaie gevind word.

  • Ons doel is om idees daar te stel, sowel as inligting rakende die Boervolk, wat gebruik kan word in die Vryheidstryd deur ons mede Boerevolksgenote om dus hul taak makliker te maak.
  • 'n Verdere doel is om te help waak teen die gevare van die verlede, sodat ons nie weer gevang word in 'n wip soos vantevore nie. (sien ook Boeke blad, Wie is die Skuldiges.)
  • Ons sal dus ook baie punte en redenasies hierin noem wat onbekend is tot vandag toe en wat ook deur baie van die sogenaamde leiersfigure net eenvoudig nie genoem word en selfs geignoreer word, andersom word die redenasies met sieklike politieke antwoorde afgemaak en verkleineer sodat die Boervolk nie by die waarheid kan uitkom nie, als ter wille van die stembus kruisies. Nie vir die Boervolk maar wel vir die doel om AfrikanerDOM te bevorder.

    Dus:

  • Inligting daar te stel vir hulle wie nie meer weet hul is eintlik lede van die Boervolk en dus nie deel van die Afrikanernasie nie.
  • Om sodoende die herontwaking van Boere-identiteit aan te wakker.
  • Om die Boervolk te laat besef dat hy nog altyd as Boere kon saamstaan, soos ander volke, maar nooit met volksvreemdes nie. Daarom is die ou siek gesegte van " Ag man, ons Boere kan tog nie saamstaan nie", vals en verleidelik. Ons die Boervolk, kan saamstaan en sal weer !!.
  • Sodat die Boervolk weer self, soos van ouds (soos met Paardekraal) hom kan beywer vir sy eie Boere onafhanklikheid.
  • Om die Boervolk in te lig oor die gevare en dubbelagendas van die party-politieke klug rakende die Volkstaat ideologie en gedagtes.
  • Om te wys hoe die Boervolk se eie geskiedenis, sentimente en ook sy vryheidstryd alewig gebruik word deur andere vir die doel van totale mag oor die Boervolk deur middel van politici en valse organisasies . Ook hoe die Boere dan geignoreer en verkleineer word vir die se eie munt.
  • Die doel is om die Boervolk te help om hom self te identifiseer, sodat hy dan uit eie geledere en deur Boere 'n volksverteenwoordigende liggaam van Boerevolksgenote in die lewe sal roep om vir Boere onafhanklikheid in 'n Boere Republiek te betoog, omdat daar geen ander groep of beweging is wat werklik belangstel in die Boervolk as sulks nie.

    Ons besef ook en wil wys dat daar verskeie ander groepe is wie se doel dit is om vir die Boervolk se onafhanklikheid en vryheid te stry, maar die meeste van hulle wil of hul groep, beweging, party of "leier" se "eie" Identiteit behou, als ten koste van hul "egoisme" en dan speel die werklikheid van die Boervolk eintlik by hulle tweede vijool.

    Kom ons vervang die EK, van die egoiste met ONS binne die Boervolk.

    Eendrag sal bereik word binne die Boervolk, met of sonder hierdie mense. Om dinge te versnel sal hul egter van hul egoistiese houdings moet ontslae raak en by en saam met die Boervolk staan.

  • Ook om te wys dat die Afrikaner nog minder belangstel in die Boervolk en net wanneer dit hulle pas, en dan die Boere gebruik vir hul eie gewin.
  • Let ook op hoe dit altyd die Boer is waarna verwys word as iets sleg kamtig gebeur, en nie die Afrikaner nie.

Boere Separatistiese groepe.

Hulle het na baie jare van self aangestelde afwesigheid, om skeuring soos baie dit stel, te verhoed, besluit dat die tyd nou gekom het om reeds bestaande Boere groepe wie se ideale suiwer ten opsigte van die Boervolk was en steeds bly, in een Eendragtige groep saam te vat.

Hierdie groepe het nog nooit belang gestel in ledelyste en wil ook nie in die toekoms nie.
Die doel, is vir die Boervolk om homself te identifiseer en te herken.

Die Boere Separatiste is nie 'n groep waarby iemand kan aansluit nie, nee, die doel is alleen om by die Boervolk aan te sluit.

????Hulle onderskraag net dit waarvoor en waarby hul voorouers, die Boervolk, gestaan, geoffer en gesterf het, vir Vryheid en onafhanklikheid .

Transvaal en Vrystaat het nie Eenheid geken, maar wel Eendrag

Eendrag !! Maak Mag.

Nie eenheid nie.

Daar is tot nou, in 1997, vir 95 jaar lank, geen verteenwoordiging van die Boervolk op enige vlak gewees of toegelaat deur die magte in beheer.
Nie deur regerings -'of- politieke-partye-'of- bewegings nie.

Soos wat jy sal kan aflei uit hierdie Web blad, is hier twee groepe wie sterk na vore kom, nl. die Transvaalse en Vrystaatse Separatiste.

Ons verwelkom ander wie vir die Boervolk se vryheid staan, maar in eendrag.

Hulle het besluit om saam die Boere Separatiste te vorm. Dus wil hulle deur middel van Eendrag, en ook deur jou insette in die saak, die vryheidstrewe weer onder die Boervolk aanwakker. Boerevolksgenoot, kom nooi jouself en sit hand by vir die verkryging van ons vryheid wat ons in 1910 met Unie wording verloor het.

Die Transvaalse Separatiste het reeds in 1983 tot stand gekom, en het nie, soos wat deur sommige mense beweer word, uitmekaar gespat, verval, vergaan of net so in die niet verdwyn nie. Nog minder is die T.S. opgeneem in die een of ander party, groep of beweging. Dis onmoontlik, want dit is 'n suiwer ideologie.

Partye, bewegings en groepe vergaan kort kort en maklik weens 'n gebrek aan 'n ideologie. Hulle gedagtegang word maar net gebaseer op dit wat hulle sien as trekpleisters vir kruisies by die stembus. Dus maak dit nie vir hulle saak, of hul nou so, en later sus maak nie. Die Boervolk maak per sui nie aan hulle saak nie.

Maar dit is nie die geval met die Boere Separatiste se ideologie nie. Dit is duidelik standvastig omdat dit uit 'n verskeidenheid mense met verskillende agtergronde, idees en sieninge gekom het, en tog het hulle saam net een eendragtige doel voor oog en verskil dus nie ideologies oor die Boervolk nie. Ook is dit nie herroeplik, net soos wat die Boervolk se geskiedenis ook nie herroeplik is nie. Dit is etnies van aard en dus nie deelbaar met ander nie. (Sien monument te Pretoria.)

Daarteenoor het die Vrystaatse Separatiste in 1990 tot stand gekom. Hulle het besluit om 'n lae profiel te handhaaf om nie die media van hul bestaan bewus te maak tydens die jare van die politieke-partye se struwelinge onder mekaar in die aanloop tot die 1994 verkiesing.

Hulle het toe reeds saam met die Transvaalse Separatiste begin beplan aan strategie vir die Boervolk se Vryheid en Onafhanklikheid tydens die nuwe Vryheidstryd.

Almal wou eenheid gehad het, niks het daarvan gekom nie.

Mens kan twee volke, nie een probeer maak nie.

Nou soek die Boervolk na Eendrag !!

EENDRAG MAAK MAG
Nie Eenheid nie !!!

Terug na hoofblad.

 
Kontak: E-pos die Boere Separatiste, of sluit aan by een van die poslyste, en neem deel aan die gespreke.

Laaste datum van hersiening; 15 Augustus 2002.


This page hosted by Get your free home page here.