Transvaalse Vierkleur

BOERE SEPARATISTE

  Vrystaatse Vierkleur
Klik vir vergrote embleem
! Paardekraal !
12 Oktober 2002
BOERE EENDRAG
deur die Transvaal en Vrystaatse Separatiste
BOERVOLK
IDENTITEIT
Klik vir vergrote embleem
NUUS ! ! ! ! ! EEN VAN DIE GROOT POLITIEKE LEUENS
Dat die BOEREVOLK nie kan saamstaan ! Bog ! Dit is BOER en Afrikaner wie nie kan
 
          TUIS ENGLISH DONASIES POSLYSTE KONTAK-ONS POLITIEK ! BESOEKBOEK WIE IS ONS HULP STEM HIER  
   HOOF INDEKS
  24,000 Kinder grafte
  Argiewe
  Beleid / Manifes
  Bangjan
  Bedrog van die jare
  1910-1961-1994

  Boeke
  Boer vs Afrikaner
  Boer Radio
  Boere Grond
  Boere Holocaust
  Boere Identiteit
  Boere Ideologie
  Boere Jeug
  Boere Mans
  Boere Vrouens
  Doel
  Eenheid vs Eendrag
  Ekonomie ?
  Fotos
  Gebeure
  Gelofte-Bloedrivier
  Gelofte-Paardekraal
  Geskiedenis
  Grondwet ?
  Grond gebied !
  Help Boere
  Holocaust
  Identiteit
  Ideologie
  Koerant
  Koloniealers
  Konsentrasiekampe
  Leuens
  Monumente
  Nadenke
  Neem deel
  Oorloë
  Oplossing
  Party-Politiek
  Politieke Gedrogte
  Poslyste
  Republiek ?
  Saam of Teen
  Separatiste
  Simboliek
  Skakels www
  Traktate
  Transvaal
  Valse Rep. 1961
  Vroue Blad
  Vergeet ?
  Valshede
  Vlae
  Boere-Volksliedjies
  Volkslied Transvaal
  Volkslied Vrytstaat
  Vryheidstryd
  Volkstaat ?
  Vrystaat
  Vryheid
  Volksraad
  Wie is ons ?
  www Skakels
  Ander !! ??
 
Versprei hierdie boodskap, stuur dit aan 'n vriend ! >>

TRANSVAALSE  SEPARATISTE

( Klik op Staatssimbool vir vergroting )

(Byvoeging: Hierdie dokument was in 1983 opgestel deur lede van die Boervolk en is toe in sy duisende by die Boere Monument te Pretoria en op honderde politieke vergaderings, regs sowel as links, vir jare daarna versprei, die resultaat was 'n totale verwerping deur veral die regses, HNP, KP, hul bedmaatjies, en ook deur meeste regse groepe, dit het gewys op die totale verwerping van die Boervolk !!!, nie deur die Boere self, maar deur daardie leiers wat die Boervolk wil gebruik.

Net die NP het die TS gesien as 'n werklikheid en suiwer ideaal wat die Boervolk weer bymekaar sou kon kry, dus vir die NP en sy bedmaatjies was die TS ook 'n gevaar. Maar hulle het die Union Republiek uitmekaar sien spat en is die TS vir daardie rede deur hul staatsveiligehids hoof in 1989 as gevaarliker dan die AWB beskryf en teen die TS gewaarsku. Hulle het geweet dat daar net drie persone by die Transvaalse Separatiste betrokke was en dus was dit nie oor die getalle of lede, maar wel oor die ideologie van die TS. Hulle het nie regtig teen die TS gewaarsku maar teen die Boervolk self. Hulle het dus die Boervolk se identiteit verwerp.

Die Boervolk is 'n gevaar vir alle politici, links of regs.

Dit verskyn nou hier met effense veranderings wat na 1994 aangebring is.
Die oorspronklike dokument (1983) kan hier gesien word.)

............................................

Transvaalse Separatiste Dokument

ONS STRYD
  • TRANSVAAL BEHOORT AAN DIE BOERVOLK
  • ONS STRYD IS VRYHEID
  • GROND IS VRYHEID
  • DIE PRYS VAN VRYHEID IS JOU ERFPAG AAN DIE OPKOMENDE GESLAG
  • VRYHEID BETEKEN SELFWERKSAAMHEID
  • 'n VOLK IS NIE 'n SOSIOLOGIESE, HUMANISTIESE OF VERGEESTELIKE BEGRIP NIE
  • 'n VOLK IS 'n ETNIESE GROEPERING
  • EENHEID IS VERVLEG MET VRYHEID
  • VERDEELDHEID LE IN POLITIEKE PARTYE
  • HULLE WIE SE SWEET DIE GROND BENAT, BESIT DIE GROND

DIE NUWE VRYHEIDSTRYD

Die nuwe Vryheidstryd begin waar die oue opgehou het, in 1902 (Anglo-Boereoorlog), nie in 1910, 1961 of 1994 nie. Dit is die werklikheid van die Boervolk se stryd om Vryheid. Daar was nog nooit na 1902 'n vrye Boervolk gewees nie, dit was als net 'n skuinheilige vryheid onder die dekmantel van die party-politici. Teweeggebring deurmiddel van breinspoelling in skole, politiek en kerk. Net maar om die Union te herdoop as 'n Republiek.

Dit gee aan ons (die Boervolk) die onbetwisbare reg op die Boere Republiek van Transvaal (en Vryheid).

Grondgebied, Boervolk, Afrikaans as enigste amptelike taal en 'n volkstaat vorm van regering, vorm die hoekstene van die nuwe Vryheidstryd . Die enigste oplossing vir die Boervolk se probleme is 'n eie grondgebied , bestuur volgens sy aard en wese.

Die party-politieke stelsel is 'n erfenis van die Britsimperialistiese stelsel en 'n onding wat primer verantwoordelik is vir die kunsmatige bymekaar hou van die Afrikaner nasie en die verdeling van die Boervolk binne partye, op beginsels wat persoonlike moraliteite behels (verlig - verkramp, progressief - behoudend) , dus oppervlakkig en verwyderd van die realiteite is. Diegene wat hierteen kapsie het, speel speletjies met die begrip volk, wat etnies van aard is, en nie 'n sosiologies, humanistiese of vergeestelike begrip kan wees nie. Soortgelyke ideale en strewes tussen verskeie etniese groepe maak hulle nie een volk nie. 'n Volk sal as alle kondisioneringswyses geelimineer word, 'n gemeenskaplike ondertoon he. Hierdie basiese strewe van 'n Volk is sy grondgebied en genepoel.

Die Boervolk se enkel grootste uitdaging in hierdie tyd is om die valsheid, naamlik die kondisionerings propaganda van die party-politici oor die afgelope 84 jaar (1910 tot 1994) van hom af te skud.
Die propaganda is die sogenaamde groter wordende nasie begrip (nl. Afrikanerskap) wat aan die politici die demokratiese mag gee om oor etniese lyne heen te regeer en sodoende nie 'n enkele etniese groep volledig te kan bevredig t.o.v. sy basiese behoeftes nie.

Kom ons kyk na drie van hierdie veranderende begrippe wat met die tyd ingevoer en stilweg deur die verskeie etniese groepe as korrek aanvaar is !.

1. Die begrip Afrikaner

Hierdie woord (Afrikaner) ontken die fisiese skeiding tussen die kolonialiste (Cape-Dutch) en die Boervolk, wat in 1836 met die Groot Trek tot stand gekom het, en wil 'n vergeestelike samehorigheid die bindende element van etnisiteit maak. As die lawwe politieke argumente voortgesit word dan eindig ons met 'n afhanklikheid sindroom t.o.v. die stamlande en stuur ons af op 'n Babelse strewe. Nerens !! word daar gepraat van die Anglo-Afrikaner oorlog nie, net maar van die Anglo-Boereoorlog. (Die vraag bly dus, waar was die Afrikaners ???)( - mens hoef ook nie te vra waar was die Afrikaner tydens die grens geskille van 17?? tot 18??, wat nog gepraat van die Groot Trek -- waar was hulle tydens die eerste Boere oorlog van 18?? - en dan die tweede Boere oorlog van 1899 tot 1902 -- !en daarna ! met die anti-kolonialistiese/Unie- Boere rebellie van 1914 - die 1919 deputasie en die 40er jare van die OB, om nie eens van 1994 te praat nie. Waar ??)

Die antwoord is eenvoudig. Hulle (die Afrikaners) is maar eers in 1910 deur die politici geskep om die Boere se identiteit te vervang met 'n nuwe konsep, naamlik dieAfrikaner wat 'n nuwe
Hoe kan dit dan moontlik wees dat net een deel van 'n volk (die Boervolk en nie die Afrikaner) vir 'n aparte grondgebied (vir Boeregrond en nie vir kolonialistiese grond) kon stry om hierdie sogenaamde (Afrikaner)- "faksie" (nl. die Boervolk) se vryheid ???. Eenvoudig !!, die Boervolk en Afrikaner(koloniale Cape-Dutch) is verskillende etniese volke en die Boervolk was nie 'n

2. Die Landsvlag

Die huidige landsvlag (1924 tot 1994 Unie / RSA vlag) is 'n kompromie vlag van 'n groter wordende ( politieke) nasie, nie van die Boervolk nie.
Daar word maklik gepraat van die 27,000 offers van die Afrikanernasie in sy? stryd? oor 300 jaar. Dit is !! vals en verleidend !! . Die offers van die Anglo-Boereoorlog is in die Vierkleur begrawe. Hulle het nie hierdie kompromie kleed van die 1910 debakel geken nie.

3. Die Volkslied (Kolonialistiese Stem)

Wie se lied.

Uit basis van ons stryd (Boervolk) is dit dus duidelik dat geen party-politikus, in die RSA-raamwerk, die ideaal van die Boervolk sal kan verwesenlik nie, solank as wat ons geestelik verkneg bly aan hierdie volksvernietigende parasiete wat ons steun gebruik vir die verkryging van 'n magsbasis in die RSA parlement en ons nie ons ware volksbasis besef en dit in perspektief stel tot die Milner sisteem waarin ons vasgevang is, sal ons (Boervolk) nooit die steriliteit van die Brits-imperialistiese stelsel kan afskud nie en hervat waar die 1910 debakel ons laat vergeet het van die ware stryd en volksbou wat ons in die gesig staar maar nie wil aanvaar nie.

Ons betoog vir die Transvaal en Vryheid sluit in, 'n solidariteits gevoel met die Vrystaat wat dieselfde paadjie as ons sal moet loop om ook hulle verowerde staat vrygestel te kry uit die RSA miernes van state. Op grond van Blamke etnisiteit kan ons nie hulle saak beveg of hulle ons sin nie, maar soos in die Anglo-Boereoorlog kan ons gesamentlik die owerhede beveg om die poliieke moeras te be-eindig deur 'n Vryheidstryd.

Partisie is 'n onaanvaarbare politieke credo wat die reels van die spel verander maar nie die spel self nie. Die spel bly onwerkbare apartheid in die grote Suid-Afrika met die witvolk as Vader Kersfees en 'n gevisualiseerde oorblywende witland (restant). Hierdie witland sal bewoon word deur alle etniese groepe (wit en gekleurd) en stadig sal die getalle geweld weer teen hom opbou.

'n Volk kan net floreer en veilig wees as hy die enigste bewoner van sy grondgebied is en sy eie volkshuishouding bestuur en bedryf en op sy eie arbeid toegese is. Laat niemand die huidige RSA ekonomie afskaal na die vrye Republiek van Transvaal en sy twee miljoen Boere en dan die stelling maak dat dit ekonomies onwerkbaar is nie. Hierdie tipe ekonomiese argumente is net so leeg soos alle ekonomiese voorspellings. Die ware en hele ekonomiese realiteit is dat enige ekonomiese blok lewensvatbaar is en kan floreer as sy arbeidsuitset groter is as sy verorberingsdrang (lewensstandaard volgens ekonome).

Sover dit die PWV gebied aangaan sal 'n finale begrensing op 'n demokratiese stemming moet berus. Daardie dele wat dan kies om in die kosmopolitaanse deel opgeneem te word sal op 'n huurpagstelsel van 50 jaar aan die sentrale regering van die dag toegese word om hulle ekonomiese bedrywighede voort te sit teen 'n billikke heffing wat aan die Transvaalse Republiek betaalbaar sal wees.

Elke vreemdeling wat nie tot die Boervolk behoort sal hom self op eie koste, of die van die RSA regering, moet verplaas na daar waar hy 'n etniese aanklank vind en vry voel. Daardie mense elders in die RSA wat etniese aanklank vind en vir die Boervolk aanvaarbaar is sal die nuwe Groot Trek moet aanpak na Gelofteland (Transvaal) toe.

Weg met die administratiewe mededeelsame paternalistiese meerderwaardigheid van 'n blanke nasie. Terug na die volksbegrip van arbeidsaamheid en spreekwoordelike skoffel en pik in die hand, vry op die grond van u Vadere, as lid van die Boervolk.

Manifes
Uitgereik deur lede van die Boervolk.
Hiermee verklaar ons:

  • Dat ons staan vir die herstel van die geskonde vryheid van TRANSVAAL en VRYHEID vir die Boervolk onder die Vierkleur met sy bekende volkslied.

    Ken jy die Volk vol heldemoed
    En tog so lank verkneg
    Hy het geoffer goed en bloed
    vir Vryheid en vir reg
    Kom burgers! laat die vlae wapper
    Ons lyding is verby
    Roem in die sege van onse dapp'res
    'n Vrye volk is ons
    'n Vrye volk
    'n Vrye volk
    'n Vrye, Vrye volk is ons

    Ken jy die land so min bekend
    En tog so heerlik skoon
    Waar die natuur haar wonders skenk
    en kwistig stel ten toon
    Transvalers! Laat ons feeslied galm
    waar vas ons volk moet staan
    waar onse vreugdeskote ge'knalt
    Daar is ons vaderland
    'n Heerlik land
    'n Heerklik land
    Dit is; Dit is ons vaderland

    Ken jy die staat, nog maar 'n kind
    in werelds statery
    maar tog deur magtig Brits bewind
    weleer verklaar as vry
    Transvalers! edel was ons strewe
    en pynlik onse smaad
    maar God wat uitkoms het gegewe
    sy lof vir eie staat
    loof onse God!
    loof onse God!
    loof onse God vir land en staat!

  • Dat die RSA en sy voorloper, die Unie van SA, waarnemende regeringsvorme is van die Brits-imperialistiese stelsel en dat volwaardige vryheid die saamgevoegde volkere, onder sy jurisdiksie toekom.
  • Dat Grondwet 84 'n tydelike grondwet is wat die weg moet baan vir die ontbinding van die RSA in sy afsonderlike state vir die volkere wat dit begeer.
  • Dat die ondernemings gegee aan ons Vadere by oorgawe in 1902, en die vorming van die uniale sisteem en weer in grondwet 83, skandelik verbreek is en dus aan ons, hulle wettige erfgename, die reg gee om op staatregtelike basis, die ontbinding van sodanige strukture wat daaruit voortgespruit het, te kan opeis.
  • Ons verwerp die beginsel dat 'n nasie beskikkingsreg het oor die lotgevalle van volke in sy midde.
  • Ons verwerp die begrip Afrikaner op grond van die feit dat dit - sinteties is - na 'n nasie verwys - party-polities geinspireerd is.
  • Ons verwerp die party politiekestelsel (vir die Boervolk) van demokrasie aangesien dit lei tot 'n onpersoonlike entiteit (die party) wat die volksiel beheer en manipuleer.
  • Ons aanvaar die aristokratiese vorm van demokrasie wat 'n konkrete realitiet in die midde van die volkshuishouding is en dus tot orde geroep kan word.
  • Alle terme, groeperings, name en konnotasies wat die begrip Afrikaner behels word summier verwerp as volksvreemd en idelogies onsuiwer t.o.v. die Boervolk.
  • Die gelofte van Bloedrivier bind die Boervolk en hulle nasate sowel as die daaropvolgende 'trekkers' wat hulle by die Boervolk-laer aangesluit het, en nog sal, tot volksbou en nie tot arbitrere rituele nie.
  • Dat die Boervolk willens en wetens die Gelofte verbreek het op 31 Mei 1910 en dat geen aanpassings behalwe die verkryging van die vryheid van die Boervolk weer die Gelofte in ere sal herstel nie.
  • Ons erken die Skepper van hemel en aarde en sy Goddelik geinspireerde geskrifte, maar ingelyks is ons bewus van die menslike listigheid wat nie die suiwer bewaring van Godswoord aan ons kan waarborg nie.
  • Ons stel ons dit ten doel om ons grondgebied op vreedsame wyse te herwin mits ons teenstanders dit vreedsaam met ons wil besin en besleg.

Terug na hoofblad
 
Kontak: E-pos die Boere Separatiste.
Sluit aan by een van die poslyste, en neem deel aan die gespreke en Boere volksbou.

Laaste datum van hersiening; 15 Augustus 2002.


This page hosted by Get your free home page here.