| 
   
Versprei hierdie 
boodskap, stuur dit aan 'n vriend ! >>
 
 BOEKE oor die BOERVOLK
Gun volk het 'n toekoms as hy sy verlede vergeet, dit geld vir die goeie en die slegte.
Die Boervolk se verlede is vergeet en verpand vir die van die Afrikaner, om die Boervolk uit te wis. 
Dit is 'n tragedie en skande om te sien hoe min Boere, nie eens gepraat van hul kinders, nog nooit 'n 
enkele boek oor hul verlede gelees het. 
Hoekom ? en is dit hulle skuld ? NEE ! , die hoekom word op hierdie webtuiste en ook hieronder uiteen gesit, lees dit 
gerus  
Hier sal ons poog om hierdie verraad, propaganda en volksmoord te stuit. 
Ons as lede van die Boervolk, eien onsself die reg toe om dit wat ons eie is, terug te neem en weer bekend te maak. 
Met of sonder die goedkeuring van hulle wie deel is van hierdie toedrag van sake, doen ons dit volgens die wette van 
die VVO, die wat teen volksmoord, in al sy fassette op die wetboek staan. 
Dus sal enigiemand ons by die VVO en of wêreldhof moet aanvat, maar ons sal hierdie boeke weer bereikbaar maak 
aan mede Boerevolksgenote, en wie anders ookal dit wil lees. 
 skandelik hoe min van hierdie boeke nog 
beskikbaar is vir ons en ons kinders om te lees. 
Sou jy hulle opspoor, die wat nog nie vernietig is, is hul bykans onbekostigbaar duur. 
Die doel van hierdie blad is om soveel Boeke as moontlik, wat betrekking het op die Boervolk se ontstaan, 
geskiedenis en vryheidstryd hier weer bekend te stel. 
Daar is skandelik min van hierdie 
boeke nog beskikbaar vir ons, (die Boervolk) en ons 
kinders om te lees. 
Gaan hier direk na die Boeke Indeks 
Ons gaan jou nie vir geld vra om 
hierdie boeke oor die Boervolk te kan lees. 
((Daar is ook 'n indeks vir 
hededaagse boeke oor die Boervolk, maar ongelukkig sal hulle 
nie verniet wees nie. (daar is nie veel van hulle) Vir die is daar 'n 
aparte afdeling in die hoof indeks.)) 
Ons hoop ook dat u as lede van 
die Boervolk en vriende van ons volk hiermee sal 
help. Die doel van hierdie blad is om soveel Boektitels as 
moontlik, wat betrekking het op die Boervolk se 
ontstaan, geskiedenis en vryheidstryd hier weer bekend te stel. 
Daar is skandelik min van hierdie 
boeke nog beskikbaar vir ons, (die Boervolk) en ons 
kinders om te lees. 
 Daar is min van hulle oor om te koop, dan ook meestal 
net bekostigbaar deur die versamelaars.
Ons sal ook soveel as moontlik van daardie boeke op hierdie tuisblad 
te lees wil aanbied. (as jy dalk 
van hulle het en iemand ken wat kan help 
met afskrifte - verkieslik digitaal - of op 'n ander manier kan help, 
laat weet ons asseblief !!!)  
Jy kan na die Boeke-Indeks gaan en klik 
op die titel van die boek wat jy graag sal wil lees en daar sal 'n 
aflaai proses wees waarmee jy die 
boek of in jou rekenaar of op 'n disket sal kan spaar om dan op jou 
eie tyd te lees. 
 Daar is min boeke met betrekking tot geskiedenis wat 
die volle waarheid bevat. Dit word nie net 
deur die skrywer bepaal nie. Die uitgewer 
en andere het ook 'n groot rol hierin te speel.  Wees 
versigtig.
Wanneer dit by die geskiedenis van die Boervolk 
kom, is daar nog minder wat nie 
deur die uitgewers en veral die politici 
van die tyd beinvloed is nie. !!!.
Die grootste bedrog in meeste van 
hierdie boeke word gevind met die verwysing 
na die Identiteit van die 
Boervolk wanneer dit op slinkse 
maniere met die term 
Afrikaner vervang word, om so 
die Boervolk tot identiteitslose te 
rediseer. 
So word daar dan sommer met die 
eerste paar bladsye en in baie gevalle 
selfs na net 'n paragraaf of twee gepraat van hoe die 
Afrikaner nou skielik die Boerekryger 
geword het. 
Eers word daar na die Boervolk tydens 
die Boereoorlog verwys, dan 
skielik word die noemnaam 
van die Boer met die term ?? Afrikaner ?? 
vervang. 
 En siedaar, klaas 
word sommer so baas van 
Boer se erfporsie.
As mense 'n boek lees, lees die meeste oor of verby 
sekere woorde sonder om dit te besef, dit gebeur 
veral maklik na jare se breinspoeling sodat die woord nie meer 
dieselfde betekenis het nie, 'of dit word dan net misverstaan 
al word die werklike woord gelees, beteken dit iets anders in die gedagtes. 
Hier is 'n voorbeeld: 
Tydens 'n geselsie met 'n bekende man wat die trotse eienaar van duisende 
Afrikaanse boeke oor Suidelike Afrika is  besit 
die stry en sweer hoog en laag dat die volgende onwaar is, aangesien 
hy die boek al twee keer deurgelees het. "Dit staan nie in daardie boek 
nie" is sy verweer. 
Tydens 'n geselsie word hy gevra hoekom hy homself dan 'n Afrikaner 
noem nadat hy daarop aanspraak 
gemaak het dat sy oupa in die Anglo-
Boereoorlog geveg het.  
Verward en geirriteerd seg hy dat hy 'n Afrikaner is omdat dit die 
Afrikaner is wat in die Boereoorlog baklei het. ??? 
Hy word toe daarop gewys dat die destydse waarnemende Goeweneur 
Generaal van die Britse Kaap Kolonie, in 1899, Generaal G.Butler, tydens 
Milner se besoek aan Engeland om sy pleidooie vir die oorlog teen die 
Transvaal te loods, self 'n ondersoek geloods het en vasgestel het dat 
Milner se redes vals en verleidelik is, dat hy net die oorlog vir die 
gewin van die myn magnate en banke doen. Dit het hy toe inderhaas aan 
Engeland laat weet. Wat hier van belang is 
is dat hy die volgende stelling maak, "The problem in Southern Africa 
is that there are three different 
white ethnic groups who do not belong together, they are the British, 
the Cape-Dutch 
ondersoek gelas het na Milner se bewerings en aantuigings om  nadat 
Milner Engeland toe is om te pleit vir die oorlog teen die Transvaal, 
 
 
Boer is
BOEKE oor die BOERE OORLOG 
Hier kan jy boeke aflaai na jou 
rekenaar of 'n disket, om te lees. 
Gaan na die een wat jy wil lees en klik op die titel van die boek om 
dit af te laai.
My Lewe en My Strewe. Deur Generaal Manie Maritz. 
Die boek was verban onder die Unie en RSA regerings, vir 
byna 55 jaar en toe in die laat sewentiger jare is daar net toegelaat 
dat 6000 van hulle herdruk word. Hierdie boek is deur Gen. Maritz self 
geskryf, hy was een van die mees bekende Boere genearaals tydens 
die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 en het die Britte totaal ore 
aangesit in die wes en noord Kaap. Die boek handel oor die 1899-1902 
Boereoorlog en die verraad van Gen.Jannie Smuts. 
Dit het ook insigte op die toekoms soos wat Gen. Maritz dit daai dae 
reeds gesien het.
 
     		
       |