3. Die Volkslied (Kolonialistiese Stem)
Wie se lied.
Uit basis van ons stryd (Boervolk) is dit dus duidelik dat geen
party-politikus, in die RSA-raamwerk, die ideaal van
die Boervolk sal kan verwesenlik nie, solank as wat ons geestelik
verkneg bly aan hierdie volksvernietigende
parasiete wat ons steun gebruik
vir die verkryging van 'n magsbasis in die RSA parlement en ons nie
ons ware volksbasis besef en dit in
perspektief stel tot die Milner sisteem waarin ons vasgevang
is, sal ons (Boervolk) nooit die steriliteit
van die Brits-imperialistiese stelsel kan afskud nie en hervat
waar die 1910 debakel ons laat vergeet het van die
ware stryd en volksbou wat ons in die
gesig staar maar nie wil aanvaar nie.
Ons betoog vir die Transvaal en Vryheid sluit
in, 'n solidariteits gevoel met die Vrystaat wat
dieselfde paadjie as ons sal moet loop om ook hulle verowerde staat
vrygestel te kry uit die RSA miernes van state. Op grond van Blamke
etnisiteit kan ons nie hulle saak beveg of hulle ons sin nie, maar soos in
die Anglo-Boereoorlog kan ons gesamentlik die owerhede beveg om die poliieke
moeras te be-eindig deur 'n Vryheidstryd.
Partisie is 'n onaanvaarbare politieke credo wat die reels van die spel
verander maar nie die spel self nie. Die spel bly onwerkbare apartheid in
die grote Suid-Afrika met die witvolk as Vader Kersfees en 'n gevisualiseerde
oorblywende witland (restant). Hierdie witland sal bewoon word deur alle
etniese groepe (wit en gekleurd) en stadig sal die getalle geweld weer teen
hom opbou.
'n Volk kan net floreer en veilig wees as hy die enigste bewoner van sy
grondgebied is en sy eie volkshuishouding bestuur en bedryf en op sy eie
arbeid toegese is. Laat niemand die huidige RSA ekonomie afskaal na die
vrye Republiek van Transvaal en sy twee miljoen Boere en dan die stelling
maak dat dit ekonomies onwerkbaar is nie. Hierdie tipe ekonomiese argumente
is net so leeg soos alle ekonomiese voorspellings. Die ware en hele
ekonomiese realiteit is dat enige ekonomiese blok lewensvatbaar is en kan
floreer as sy arbeidsuitset groter is as sy verorberingsdrang (lewensstandaard
volgens ekonome).
Sover dit die PWV gebied aangaan sal 'n finale begrensing op 'n demokratiese
stemming moet berus. Daardie dele wat dan kies om in die kosmopolitaanse
deel opgeneem te word sal op 'n huurpagstelsel van 50 jaar aan die sentrale
regering van die dag toegese word om hulle ekonomiese bedrywighede voort te
sit teen 'n billikke heffing wat aan die Transvaalse Republiek betaalbaar
sal wees.
Elke vreemdeling wat nie tot die Boervolk behoort sal hom self op eie koste,
of die van die RSA regering, moet verplaas na daar waar hy 'n etniese
aanklank vind en vry voel. Daardie mense elders in die RSA wat etniese
aanklank vind en vir die Boervolk aanvaarbaar is sal die nuwe Groot Trek
moet aanpak na Gelofteland (Transvaal) toe.
Weg met die administratiewe mededeelsame paternalistiese meerderwaardigheid
van 'n blanke nasie. Terug na die volksbegrip van arbeidsaamheid en spreekwoordelike
skoffel en pik in die hand, vry op die grond van u Vadere, as lid van die
Boervolk.
Manifes
Uitgereik deur lede van die Boervolk.
Hiermee verklaar ons:
- Dat ons staan vir die herstel van die geskonde vryheid van TRANSVAAL
en VRYHEID vir die Boervolk onder die Vierkleur met sy bekende volkslied.