| 
   
Versprei hierdie 
boodskap, stuur dit aan 'n vriend ! >>
 
   
 VRYSTAATSE 
SEPARATISTE
( Klik op Staatswapen vir vergroting )
Op hierdie webblaaie sal jy meer kan uitvind oor die Vrystaatse Separatiste, 
hul doel, ideale, en hul geskiedenis. (vir inligting rakende die 
Vrystaatse Republiek, kliek hier) 
Na langsame samesprekings tussen lede van die 
Boervolk, wie se doel dit is om die Oranje Vrystaat 
weereens onafhanklik te sien, en deur kontak met die 
Transvaalse Separatiste, het die Vrystaatse Separatiste 
in 1990 tot stand gekom. 
Die doel was nie om in te meng met die 1994 verkiesing wat op 
daardie stadium reeds bekend was, maar om te wag tot na 
die 100 jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog en 
dan tot verdere aksies oor te gaan. 
Die 1899-1902 Boere oorlog was ook deur 
ons voorouers gevoer vir die bewaring van ons onafhanklikheid. 
Net soos Transvaal is ons onafhanklikheid ook gesteel na 1902. 
Die persone wie die Vrystaatse Separatiste gestig het, se doel is 
nie om hiermee vir hulself 'n beweging op te bou. Ons doel is 
alleen om die Boervolk bewus te maak van sy 
eie Identiteit en daardeur te help om die Boere 
bymekaar te laat kom op hul eie in die tye van krisis wat voorlê. 
Die Boervolk moet self bymekaar kom en 'n 
Boere Verteenwoordigende Raad verkies om hom te verteenwoordig. 
Weg met Kolonialistiese en Uniale verteenwoordigong. 
  
Byvoeging: 
Hierdie dokument was in 1983 opgestel deur lede van die 
Boervolk en is toe in sy duisende by die Boere Monument te Pretoria en op 
honderde politieke vergaderings, regs sowel as links, vir jare daarna versprei, die resultaat was 'n 
totale verwerping deur veral die regses, HNP, KP, hul bedmaatjies, en ook deur meeste 
regse groepe, dit het gewys op die totale verwerping van die 
Boervolk !!!, nie deur die Boere self, maar deur daardie leiers 
wat die Boervolk wil gebruik.
Net die NP het die TS gesien as 'n werklikheid en suiwer ideaal wat die Boervolk weer 
bymekaar sou kon kry, dus vir die NP en sy bedmaatjies was die TS ook 'n gevaar. Maar
 hulle het die Union Republiek uitmekaar sien spat en is die TS vir daardie rede deur hul 
staatsveiligheids hoof in 1989 as gevaarliker dan die AWB beskryf en teen die TS gewaarsku. Hulle het 
geweet dat daar net drie persone by die Transvaalse Separatiste betrokke was en 
dus was dit nie oor die getalle of lede, maar wel oor  die ideologie 
van die TS. Hulle het nie regtig teen die TS gewaarsku maar teen die Boervolk self. Hulle het 
dus die Boervolk se identiteit verwerp. 
 
Die Boervolk is 'n gevaar vir alle politieke partye, links en regs, die geldmag en ook vir die Afrikaner.
 
[ Die oorspronklike VS dokument ( 1990 ) kan hier besigtig word. ] 
  
Die VS ! dokument hieronder is aangepas na die 1994 RSA verkiesing. 
 ............................................
 VRYSTAATSE SEPARATISTE
  | 
          | 
ONS STRYD 
  - VRYSTAAT BEHOORT AAN DIE BOERVOLK 
  
 - ONS STRYD IS VRYHEID 
  
 - GROND IS VRYHEID 
  
 - DIE PRYS VAN VRYHEID IS JOU ERFPAG AAN DIE OPKOMENDE GESLAG 
  
 - VRYHEID BETEKEN SELFWERKSAAMHEID 
  
 - 'n VOLK IS NIE 'n SOSIOLOGIESE, HUMANISTIESE OF VERGEESTELIKE BEGRIP NIE 
  
 - 'n VOLK IS 'n ETNIESE GROEPERING 
  
 - EENHEID IS VERVLEG MET VRYHEID 
  
 - VERDEELDHEID LE IN POLITIEKE PARTYE 
  
 - HULLE WIE SE SWEET DIE GROND BENAT, BESIT DIE GROND
  
 
 
 | 
 
 
DIE NUWE VRYHEIDSTRYD
Die nuwe Vryheidstryd begin waar die oue opgehou het, 
in 1902 (Anglo-Boereoorlog), nie in 1910, 
1961 of 1994 nie. Dit is die werklikheid van die Boervolk se stryd om Vryheid. 
Daar was nog nooit na 1902 'n vrye Boervolk gewees nie, dit was als net 'n 
skuinheilige vryheid onder die dekmantel van die party-
politici. Teweeggebring deurmiddel van breinspoelling in skole, politiek en kerk. Net maar om die 
Union te herdoop as 'n Republiek.
 Dit gee aan ons (die Boervolk) die onbetwisbare reg op die Boere Republiek van die 
Vrystaat. 
Grondgebied, Boervolk, Afrikaans as enigste amptelike taal en 'n volkstaat 
vorm van regering, vorm die hoekstene van die nuwe Vryheidstryd
. Die enigste oplossing vir die 
Boervolk se probleme is 'n eie grondgebied
, bestuur volgens sy aard en wese. 
Die party-politieke stelsel is 'n erfenis
 van die Britsimperialistiese stelsel en 'n onding 
wat primer verantwoordelik is vir die kunsmatige bymekaar hou van 
die Afrikaner nasie en die verdeling
 van die Boervolk binne partye, op beginsels wat 
persoonlike moraliteite behels (verlig - verkramp, progressief - behoudend)
, dus oppervlakkig en verwyderd van die realiteite is. 
Diegene wat hierteen kapsie het, speel speletjies met die begrip
 volk, wat etnies van aard is, en nie 'n 
sosiologies, humanistiese of vergeestelike begrip kan wees nie. Soortgelyke ideale en strewes tussen 
verskeie etniese groepe maak hulle nie een volk nie. 'n Volk sal as 
alle kondisioneringswyses geelimineer word, 'n gemeenskaplike ondertoon he. 
Hierdie basiese strewe van 'n Volk is sy 
grondgebied en genepoel. 
Die Boervolk se enkel grootste 
uitdaging in hierdie tyd is om die valsheid, 
naamlik die kondisionerings propaganda 
van die party-politici oor die afgelope 84 jaar (1910 tot 
1994) van hom af te skud. 
Die propaganda is die sogenaamde 
groter wordende nasie begrip (nl. 
Afrikanerskap) wat aan die politici die 
demokratiese mag gee om oor etniese lyne 
heen te regeer en sodoende nie 'n enkele etniese groep volledig te kan 
bevredig t.o.v. sy basiese behoeftes nie. 
Kom ons kyk na drie van hierdie 
veranderende begrippe wat met die tyd ingevoer en 
stilweg deur die verskeie etniese groepe as korrek aanvaar is 
!. 
1. Die begrip Afrikaner 
Hierdie woord (Afrikaner) ontken die 
fisiese skeiding tussen die kolonialiste 
(Cape-Dutch) en die Boervolk, 
wat in 1836 met die Groot Trek tot stand gekom het, en 
wil 'n vergeestelike samehorigheid 
die bindende element van etnisiteit 
maak. As die lawwe politieke 
argumente voortgesit word dan eindig ons met 'n afhanklikheid 
sindroom t.o.v. die stamlande en stuur ons af op 'n 
Babelse strewe. Nerens !! 
word daar gepraat van die Anglo-Afrikaner
oorlog nie, net maar van die 
Anglo-Boereoorlog. 
 (Die vraag bly dus, waar was die 
Afrikaners ???)( - mens hoef ook nie te vra waar was die 
Afrikaner tydens die grens geskille van 
17?? tot 18??, wat nog gepraat van die Groot 
Trek -- waar was hulle tydens die eerste 
Boere oorlog van 18?? - en dan die 
tweede Boere oorlog van 1899 tot 1902 -- 
!en daarna ! met die 
anti-kolonialistiese/Unie- Boere rebellie van 1914 - die 
1919 deputasie en die 
40er jare van die OB, om nie eens van 1994 te praat nie. 
Waar ??) Die antwoord is 
eenvoudig. Hulle (die Afrikaners) 
is maar eers in 1910 deur die politici 
geskep om die Boere se identiteit
 te vervang met 'n nuwe konsep, naamlik dieAfrikaner
wat 'n nuwe 
Hoe kan dit dan moontlik wees dat 
net een deel van 'n volk (die Boervolk en nie die 
Afrikaner) vir 'n aparte grondgebied (vir Boeregrond 
en nie vir kolonialistiese grond) 
kon stry om hierdie sogenaamde (Afrikaner)-
"faksie" (nl. die Boervolk) se 
vryheid ???. Eenvoudig !!, die Boervolk 
en Afrikaner(koloniale Cape-Dutch) is verskillende etniese 
volke en die Boervolk was nie 
'n  
2.  Die Landsvlag 
Die huidige landsvlag (1924 tot 1994 Unie / RSA
 vlag) is 'n kompromie vlag van 'n groter wordende (
politieke) nasie, nie
 van die Boervolk nie.  
Daar word maklik gepraat van die 27,000 offers
 van die Afrikanernasie in sy?
stryd? oor 300 jaar. Dit is !! vals 
en verleidend !! . 
Die offers van die Anglo-Boereoorlog 
is in die Vierkleur begrawe. Hulle het nie 
hierdie kompromie kleed van die 1910 
debakel geken nie. 
3.  Die Volkslied (Kolonialistiese Stem) 
Wie se lied. 
Uit basis van ons stryd (Boervolk) is dit dus duidelik dat geen 
party-politikus, in die RSA-raamwerk, die ideaal van 
die Boervolk sal kan verwesenlik nie, solank as wat ons geestelik 
verkneg bly aan hierdie volksvernietigende 
parasiete wat ons steun gebruik 
vir die verkryging van 'n magsbasis in die RSA parlement en ons nie 
ons ware volksbasis besef en dit in 
perspektief stel tot die Milner sisteem waarin ons vasgevang 
is, sal ons (Boervolk) nooit die steriliteit 
van die Brits-imperialistiese stelsel kan afskud nie en hervat 
waar die 1910 debakel ons laat vergeet het van die 
ware stryd en volksbou wat ons in die 
gesig staar maar nie wil aanvaar nie. 
Ons betoog vir die Vrystaat sluit 
in, 'n solidariteits gevoel met die Transvaal en Vryheid wat 
dieselfde paadjie as ons sal moet loop om ook hulle verowerde staat 
vrygestel te kry uit die RSA miernes van state. Op grond van Blamke 
etnisiteit kan ons nie hulle saak beveg of hulle ons sin nie, maar soos in 
die Anglo-Boereoorlog kan ons gesamentlik die owerhede beveg om die poliieke 
moeras te be-eindig deur 'n Vryheidstryd. 
Partisie is 'n onaanvaarbare politieke credo wat die reels van die spel 
verander maar nie die spel self nie. Die spel bly onwerkbare apartheid in 
die grote Suid-Afrika met die witvolk as Vader Kersfees en 'n gevisualiseerde 
oorblywende witland (restant). Hierdie witland sal bewoon word deur alle 
etniese groepe (wit en gekleurd) en stadig sal die getalle geweld weer teen 
hom opbou. 
'n Volk kan net floreer en veilig wees as hy die enigste bewoner van sy 
grondgebied is en sy eie volkshuishouding bestuur en bedryf en op sy eie 
arbeid toegese is. Laat niemand die huidige RSA ekonomie afskaal na die 
vrye Republiek van Transvaal en sy twee miljoen Boere en dan die stelling 
maak dat dit ekonomies onwerkbaar is nie. Hierdie tipe ekonomiese argumente 
is net so leeg soos alle ekonomiese voorspellings. Die ware en hele 
ekonomiese realiteit is dat enige ekonomiese blok lewensvatbaar is en kan 
floreer as sy arbeidsuitset groter is as sy verorberingsdrang (lewensstandaard 
volgens ekonome). 
Sover dit die PWV gebied aangaan sal 'n finale begrensing op 'n demokratiese 
stemming moet berus. Daardie dele wat dan kies om in die kosmopolitaanse 
deel opgeneem te word sal op 'n huurpagstelsel van 50 jaar aan die sentrale 
regering van die dag toegese word om hulle ekonomiese bedrywighede voort te 
sit teen 'n billikke heffing wat aan die Transvaalse Republiek betaalbaar 
sal wees. 
Elke vreemdeling wat nie tot die Boervolk behoort sal hom self op eie koste, 
of die van die RSA regering, moet verplaas na daar waar hy 'n etniese 
aanklank vind en vry voel. Daardie mense elders in die RSA wat etniese 
aanklank vind en vir die Boervolk aanvaarbaar is sal die nuwe Groot Trek 
moet aanpak na Gelofteland (Transvaal) toe. 
Weg met die administratiewe mededeelsame paternalistiese meerderwaardigheid 
van 'n blanke nasie. Terug na die volksbegrip van arbeidsaamheid en spreekwoordelike 
skoffel en pik in die hand, vry op die grond van u Vadere, as lid van die 
Boervolk. 
Manifes 
Uitgereik deur lede van die Boervolk. 
Hiermee verklaar ons:
 
- Dat ons staan vir die herstel van die geskonde vryheid van TRANSVAAL 
en VRYHEID vir die Boervolk onder die Vierkleur met sy bekende volkslied.
  
 
 
Ken jy die Volk vol heldemoed 
En tog so lank verkneg 
Hy het geoffer goed en bloed 
vir Vryheid en vir reg 
Kom burgers! laat die vlae wapper 
Ons lyding is verby 
Roem in die sege van onse dapp'res 
'n Vrye volk is ons 
'n Vrye volk 
'n Vrye volk 
'n Vrye, Vrye volk is ons
 | 
Ken jy die land so min bekend 
En tog so heerlik skoon 
Waar die natuur haar wonders skenk 
en kwistig stel ten toon 
Transvalers! Laat ons feeslied galm 
waar vas ons volk moet staan 
waar onse vreugdeskote ge'knalt 
Daar is ons vaderland 
'n Heerlik land 
'n Heerklik land 
Dit is; Dit is ons vaderland
 | 
Ken jy die staat, nog maar 'n kind 
In wêrelds statery 
maar tog deur magtig brits bewind 
weleer verklaar as vry 
Transvalers! edel was ons strewe 
en pynlik onse smaad 
maar God wat uitkoms het gegewe 
sy lof vir eie staat 
loof onse God! 
loof onse God! 
loof onse God vir land en staat!
 | 
 
		| 
			 
		 | 
		
			 
		 | 
( Met dank aan die vertaler ) | 
 
 
- Dat die RSA en sy voorloper, die Unie van SA, waarnemende regeringsvorme 
is van die Brits-imperialistiese stelsel en dat volwaardige vryheid die 
saamgevoegde volkere, onder sy jurisdiksie toekom.
 - Dat Grondwet 84 'n tydelike grondwet is wat die weg moet baan vir die 
ontbinding van die RSA in sy afsonderlike state vir die volkere wat dit 
begeer.
 - Dat die ondernemings gegee aan ons Vadere by oorgawe in 1902, en die 
vorming van die uniale sisteem en weer in grondwet 83, skandelik verbreek 
is en dus aan ons, hulle wettige erfgename, die reg gee om op staatregtelike 
basis, die ontbinding van sodanige strukture wat daaruit voortgespruit het, 
te kan opeis.
 - Ons verwerp die beginsel dat 'n nasie beskikkingsreg het oor die lotgevalle 
van volke in sy midde.
 - Ons verwerp die begrip Afrikaner op grond van die feit dat dit - 
sinteties is - na 'n nasie verwys -  party-polities geinspireerd is.
 - Ons verwerp die party politiekestelsel (vir die Boervolk) van 
demokrasie aangesien dit lei tot 'n onpersoonlike entiteit (die party) wat 
die volksiel beheer en manipuleer.
 - Ons aanvaar die aristokratiese vorm van demokrasie wat 'n konkrete 
realitiet in die midde van die volkshuishouding is en dus tot orde geroep 
kan word.
 - Alle terme, groeperings, name en konnotasies wat die begrip Afrikaner 
behels word summier verwerp as volksvreemd en idelogies onsuiwer t.o.v. 
die Boervolk.
 - Die gelofte van Bloedrivier bind die Boervolk en hulle nasate sowel as 
die daaropvolgende 'trekkers' wat hulle by die Boervolk-laer aangesluit 
het, en nog sal, tot volksbou en nie tot arbitrere rituele nie.
 - Dat die Boervolk willens en wetens die Gelofte verbreek het op 31 Mei 
1910 en dat geen aanpassings behalwe die verkryging van die vryheid van 
die Boervolk weer die Gelofte in ere sal herstel nie.
 - Ons erken die Skepper van hemel en aarde en sy Goddelik geinspireerde 
geskrifte, maar ingelyks is ons bewus van die menslike listigheid wat nie 
die suiwer bewaring van Godswoord aan ons kan waarborg nie.
 - Ons stel ons dit ten doel om ons grondgebied op 
vreedsame wyse te herwin mits ons teenstanders dit vreedsaam 
met ons wil besin en besleg.
  
Ons voorsien om op die volgende wyses te werk te gaan ten einde ons doel te bereik:
 
  - ONS SELF TE ORGANISEER OP 'N PARTYLOSE VOLKSTAATBASIS MET DIE HUIDIGE KIESAFDELINGS AS 
VERTREKPUNT
  
 - VERKIESINGS TE VEG OP DIE BETROKKE GRONDGEBIED d.m.v. ONAFHANKLIKE KANDIDATE
  
 - DIE GRONDGEBIED VAN ELKE VEROWERDE SETEL SAL OUTOMATIES BESKOU WORD AS OM OP 'N 
DEMOKRATIESE WYSE VRYGESTEL TE WEES VAN DIE RSA OP TWEEDE EN DERDE VLAK VAN REGERING EN DAN 
SAL DAAR MAKSIMUM DEVOLUSIE VAN MAG OPGEëIS WORD OM DIT TE BESTUUR VOLGENS DIE 
BOEREVOLKSTAAT BEGINSELS 
  
 - Op eerste vlak van regering sal verowerde setels se verteenwoordigers in alle toepaslike liggame en 
strukture hulle plekke inneem ( uitgesluit die RSA parlement wat 'n burgerstaatlike forum is ) en betoog vir die 
afskeiding van Transvaal en Vryheid as onafhanklike state: Insgelyks sal hulle, hul beywer vir 'n nasionale konvensie 
van alle groepe om die huidige party politieke en daaruit voortspruitende strukture se steriliteit te oorbrug in die soeke 
na 'n onderhandelde oplossing.
  
 
 
U is deel van die stryd as u JA kan antwoord op die volgende .....
 
- Transvaal, Vryheid en Vrystaat is Gelofteland.
 - Die Vierkleur is my simbool van Vryheid.
 - Afrikaans moet die taal van my kind se opvoeding wees.
 - Ek wil in my eie land deur my eie mense regeer word.
 - Werk is edel.
 - My land moet sy eie onverbonde geldsisteem hê.
 - Partypolitiek is 'n onding.
 - Ek moet self dag vir dag stry vir die verkryging van my en die nageslag se vryheid.
 - Die Gelofte kan net herstel word as Transvaal, Vryheid en Vrystaat hul vryheid herwin het.
 - Afrikanerskap verkneg my Boerskap.
 - Ek is deel van die Boervolk.
 
 
As u dan JA geantwoord het op al die voorafgaande dan is u deel van die stryd ! ! 
    Gaan dan uit met die enkel doel voor oë om die Boervolk bymekaar te maak in u 
kiesafdeling. Moenie wag op 'n party of organisasie om u instruksies te gee nie. Begin en organiseer u self om die 
ideaal van Vryheid, wat u alleen kan bekom deur u spesifieke setel deur 'n onafhanklike kandidaat te 
verower. Met net 40 kiesafdelings wat hierdie ideaal bereik kan die Boervolk hom self weereens uit die 
Raadsaal in Pretoria regeer.
 
 ...................................................................................................................
 
	
|   | 
		
		HEROWER TRANSVAAL REEDS SIMBOLIES ...
    | 
  | 
		
			IDENTITEIT
		 | 
     | 
	 
	
|   | 
		
			          HYS DIE VIERKLEUR ELKE DAG
		 | 
		  | 
		
			BRING
		 | 
     | 
	 
	
|   | 
		
			    OP NOG 'N VIERKANTDUIM BOEREGROND !
		 | 
		  | 
		
			VRYHEID !
		 | 
     | 
	 
 
Terug na hoofblad
     		
       |