|
|
|
Clearwater, Florida Van al die plekke waar ons gewoon het, was die vir my die lekkerste. Die weer is baie soos Suid-Afrika sin, net 'n baie warmer winter wat meer soos SA se herfs is. Dit was baie lekker om by die see te bly en die seewater is baie lekker warm. Mis net die lekker branders wat ons in SA het. Met sy spierwit strande en palmbome het dit vir my soos een lekker lang vakansie gevoel...
|