|
|
|
Disney - Orlando, Florida Ons was saam met die familie by Disney gewees. Dit was lekker maar na elke keer in 'n tou staan vir 45 minute en dan net te ry vir 5 minute het ons vir eers genoeg gestaan en wag. Dit was egter vet pret. Ons was by die volgende parke: Magic Kingdom: Saam met die Barkhuysens. Was baie lekker en 'n l...a....n.....g dag. MGM Studios: Saam met pa en ma Bosman en die Barkhuysens vir Franco se verjaarsdag en sommer pa sin ook. Epcot Center: Saam met pa en ma Delport. Ons het eers die beste plekke laaste ontdek... Universal Studios: Ons op ons eie en was ook in by die Hard Rock Cafe, die grootste een in die węreld. (Let daarop dat die Amerikaners altyd iets het wat die grootste of die beste is. Indien hulle nie kan meeding nie, hou hulle dit net nie aan nie. As hulle die beste in iets wil wees dink hulle iets nuuts uit.)
|