Florida Keys 

Home Up Clearwater Disney Everglades Familie kuier Florida Keys Honeymoon Island Kennedy Space Miami St. Petersburg

Florida Keys tot by Key West

Die Keys is pragtig. Ons is tot heel onder by Key West waar daar ook die mees Suidelik punt van Noord-Amerika is. Die Keys is een lang dun landstrook met eilande plek-plek.  Tussen die eilande is daar plekke waar dit net die pad breedte en so klein bietjie land is, verder is dit die oseaan weerskante van jou. Ons het gehoop om nie enige orkane te kry terwyl ons hier is nie, gelukkig niks nie.

Ons was dus aan by al die Keys : Key Largo, Islamorada, Marathon, Lower Keys en Key West. Die water is baie helder en baie mense duik daar. Ons het dit ongelukkig baie sleg getref... Terwyl ons daar was, was daar 'n bakterie in die water en niemand mag geswem het nie. Ons sou graag wou snorkel en saam met die dolfyne swem. Maar nog steeds het ons dit baie geniet en baie mooi natuur gesien.

Ons het ook by Key West opgemerk dat baie van die mense wat daar woon nie 'n motor het wat op die sypaadjie staan nie, maar wel 'n vliegtuig! Baie van die filmsterre het vakansie huise daar. Ons het ook by 'n restaurant gaan eet waar die mense met hulle bote kom vasmeer en eet. (Sien foto) Ons het weereens die mooiste sonsondergange gesien... Florida is definitief die regte plek vir mooi sonsondergange...

Key Largo waar ons die eerste aand oorgebly het.

Kan nie glo hoe rustig dit hier is nie

Bietjie later...

 

Ons 2

Mooi sonsondergang...

 

Ons is vinniger uit die Voëlpark as in weens miljoene MUSKIETE!

Eendag as ons oud is...

Hierdie is enige visserman se droom winkel

 

Die winkel se binne kant

Die huis is te groot om op die foto te pas

Nog 'n mooi sonsondergang

 

Ons het ook hier oorgeslaap

Die restaurant waar die mense met bote kom om te kom eet