Everglades 

Home Up Clearwater Disney Everglades Familie kuier Florida Keys Honeymoon Island Kennedy Space Miami St. Petersburg

Everglades

Die Everglades is enig van sy soort in die wêreld. Daar is natuurlik die dinge in die natuur wat maak dat die Everglades is wat dit is. Dit sluit in  baie water, son, wind en vuur. Die gras wat daar groei, genoem "sawgrass" groei 6 voet hoog en selfs hoër. Afhangende van die seisoen kan dit baie droog wees en ander tye oorstroom. Die diere pas aan by die seisoen en trek so na verskillende areas. 'n Derde van Florida was deel van die Everglades op 'n stadium

Dis hier waar so baie "Alligators" is. Ons het meer as een keer gestop om te kyk maar het net ogies gesien en nie die hele Alligator nie. Daar is bote waarmee mens kan vaar op die riviere en hulle belowe dat dit waarborg jou om baie te sien. Ons tyd was egter beperk aangesien ons die Keys wil sien tot by Key west. Maar hier kan mens sien hoe lyk die Everglades.