Nasionale Biddag 13 Mei
Gebruik hierdie as 'n dag wat die tak
of takke in 'n dorp kan saamkom om die Here te aanbid. Dink aan
bv. 'n gesamentlike "praise en worship",
optrede in die kerk, uitreik, saam kuier, saam bid ens. Julle kan my
gerus kontak indien julle nog gedagtes soek. Kom ons bid saam
dat die Here ons sal wys hoe ons effektief hierdie dag vir Hom kan
benut in ons tak of dorp. Die biddag kan ook 'n geleentheid
wees waar die vas van die famine gebreek word. Julle sal sien
die Prayerstorm volg in die daaropeenvolgende week. Vra ook die
plaaslike predikante om deel te wees van die biddag.
God wil definitief die jongmense in
Suid Afrika gebruik om instrumente van hoop te wees. Kom ons
tree in vir ons land, jongmense ens. Kom ons bid teen die
duisternis wat kom om jongmense en gesinne se lewens te verwoes.
Bid teen al die seer (Na die afgelope twee kampe van die
vakansie het ek net weer besef die meerderheid jongmense voel of
verwerp of misbruik deur ouers of volwassenes of is te nagekom
deurdat liefde nie bekend is en daarom liefde soek in dwelms, seks,
drank ander gelowe, rebellie ens alles net vrugte van die wortels
geplant deur sonde en satan. God wil kom genees en vrymaak sodat
almal 'n lewe van oorwinning kan hê, ook die wat reeds die Here
ken en verwar word met halwe waarhede en paradokse. Bid
asseblief vir ons organisasie, takke en personeel. Indien
jy graag meer riglyne wil hê vir spesifieke gebedsversoeke kan
jy my gerus enige tyd kontak !!
|