Lake Tahoe 

Home Up Florida Grand Canyon Half Moon Bay Lake Tahoe Muir Woods Napa Valley Nasionale Parke Pacific Grove Pebble Beach Rodeo in Auburn Santa Cruz San Francisco San Jose Vakansie in SA Vriende Wind waaiers 1/2 pad om die Wêreld

Lake Tahoe

Lake  Tahoe is die "Sprokiesland" waarvan mens hoor as jy klein is. Lake Tahoe is op die grens tussen Kalifornië en Nevada. Ons was daar gedurende winter en dis pragtig. Somer is glo net so mooi. Dis nie net een van Amerika se gewildste ski-oorde nie, maar ook oor die algemeen een van die gewildste vakansieplekke as gevolg van die groot verskeidenheid van dinge om te doen.

Die meer is baie groot, 22 myl lank en 12 myl breed, met 'n maksimum diepte van 1 645 voet. Die meer is dan ook die 10de diepste in die wêreld. Ons het die 72 myl roete reg rondom die meer gery en mens kan nie glo hoe mooi dit is nie. Dit het net nie einde nie. Die meer se water is helder en silwer skoon. Jy kan baie diep in die water sien. Die kleur van die water verander soos die lug verander. As die lug helder blou is, is die water ook.

Ons het later die dag by Rosie's gaan eet

Eerste stop punt

Dis groot...

Helder water

Ons was saam met Bharat daar

As dit nie mooi is nie...?

Hier het ons in BAIE diep sneeu geloop en 'n sneeubal of 2 het ook geval

Ongelooflik!

Ons 2