San Jose 

Home Up Florida Grand Canyon Half Moon Bay Lake Tahoe Muir Woods Napa Valley Nasionale Parke Pacific Grove Pebble Beach Rodeo in Auburn Santa Cruz San Francisco San Jose Vakansie in SA Vriende Wind waaiers 1/2 pad om die Węreld

Hier kom die bokke....

Amerika is ongelukkig nie so rygby"mal" soos ons Suid-Afrikaners nie, so om 'n plek te kry wat die węreldbeker uitsaai, is nogals 'n gestoei.

Maar na vele probeerslae kon ons die eerste wedstryd sien by 'n "British Pub" in San Jose en was baie bly dat die bokke gewen het. En ons het talle ander Suid-Afrikaners ontmoet. Hier is ons na die wedstryd.

 

Ons na die eerste oorwinning!            

Darem nog 'n glimlag na die Bokke se nederlaag in die 1/2 eind..

Nuwe Suid-Afrikaanse en Amerikaaanse vriende

Węreld is klein....

Kyk net wie kry ons in San Jose.... Bharat het saam met ons gewerk in goeie ou Suid-Afrika en werk nou ook in Amerika....

"The Saddle Rack"

Ons was een aand saam met Amerikaanse vriende na die Saddle Rack. Dis ongelooflik! Baie groot plek met 3 dansvloere en 5 kroeë. En BAIE regte Cowboys. Ons het dit vreeslik geniet. Daar is ook 'n meganiese bul in die plek. Johan en Bharat het probeer ry, maar dit was duidelik die 2 Suid-Afrikaners het bietjie oefening nodig op die outjie.... Maar hulle het probeer.

 

Bharat se eerste draai...

Laaste keer nog bo...

Johan se probeerslag...