Huis toe
Opsomming
Abstract
Indeks
Inleiding
  • Eerste Indrukke
  • Inhoud
  • Ouderdom
  • Oorsprong
  • Doel/Gehoor
  • Gevallestudie
    Gevolgtrekking
    Webwerftipes
    URL's
    Skakels
    Kitskriteria
    Nuttige Wetenskapwerwe
    Bronnelys
    Woordelys

    Spider-web
    "Congress shall make no law respecting an establishment of religion, or prohibiting the free exercise thereof; or abridging the freedom of speech, or of the press; or the right of the people peaceably to assemble, and to petition the Government for a redress of grievances."

    - The First Amendment to the U.S. Constitution


    Opsomming

    1. Die Probleem
    2. Die Doel
    3. Die Bestek
    4. Die Gehoor
    5. Die Vraag
    6. 'n Moontlike Antwoord
    7. Gevolgtrekking


    1. Die Probleem
    2. Die Internet verbind miljoene rekenaars en mense regoor die aarde met mekaar. Net 'n paar klieke van 'n muis kan toegang verskaf tot die rekenaars van amper enige universiteit in die wêreld. Dit is egter nie net professors en navorsers met jare se ervaring in hul veld wat hul bevindinge op die Wêreldwye Web publiseer nie. Enige-iemand kan enige-iets om enige rede publiseer sonder dat dit deur enige-iemand gelees of goedgekeur hoef te word.



    3. Die Doel

    4. Die Web is 'n waardevolle bron van die tipe inligting wat wetenskap-joernaliste nodig het om die feite van hul stories te bevestig, of om agtergrondinligting oor 'n onderwerp in te samel - mits hulle seker is dat die inligting vertrou kan word. Hierdie webwerf identifiseer en bespreek verskillende kriteria wat kan help om die gehalte van die inhoud van 'n webwerf te bepaal.



    5. Die Bestek

    6. Die Wêreldwye Web is die bekendste deel van die Internet. Die riglyne is van toepassing op die Web alleen, maar kan met aanpassings ook op die ander dele van die Web gebruik word.



    7. Die Gehoor
    8. Wetenskapjoernaliste, studente wat die Web gebruik vir navorsing, en enige webgebruiker sal baat vind by hierdie webwerf.



    9. Die Vraag
    10. Te veel mense kan publiseer. Is daar 'n stel reëls waarvolgens 'n webwerf gemeet kan word wat sal verseker dat die inhoud akkuraat en betroubaar is? Wat is daardie reëls?



    11. 'n Moontlike Antwoord
    12. By die ondersoek na die gehalte van die inhoud van 'n webwerf, kan die volgende in gedagte gehou word:
      • Eerste Indrukke Is die uitleg professioneel? Is die werf gebruikersvriendelik? Pas die skryfstyl by die tipe inligting? Is die dokument vol spel- en taalfoute? Laai die dokument vinnig af?
      • Geloofwaardigheid van die Inhoud Is die logika wat gebruik word, logies? Is die skrywer objektief? Is daar enige ondersteuning vir hierdie inligting? Is die inligting akkuraat en volledig?
      • Ouderdom Wanneer is die webbladsy gepubliseer? Is dit vol gebreekte skakels?
      • Die oorsprong van die inligting Wie is die skrywer? Wie is die uitgewer of instansie? Wat het ander oor die webwerf te sê?
      • Doel / Gehoor Wie is die teikengehoor? Wat is die gebruiker se doel daarmee? Wat is die webwerf se doel? Waar lê die geld?

      'n Opsomming van die kriteria in tabelvorm is hier beskikbaar.



    13. 'n Gevolgtrekking

    14. Die kriteria wat op hierdie webwerf bespreek word, is slegs riglyne. Sommige kriteria is belangriker as ander. Waar die inligting vandaan kom, wie verantwoordelik is daarvoor en wat die doel is daarmee is dalk die belangrikste vrae. Die belangrikheid van die ouderdom van die inligting hang van die tipe inligting wat ondersoek word, af. Die belangrikste reël by die beoordeling van 'n webwerf bly egter gesonde verstand. Meer as een bron moet ondersoek en met mekaar vergelyk word. Eers as alle (of genoeg) kante van 'n saak ondersoek word, kan 'n ingeligte besluit oor die akkuraatheid van inligting geneem word.


    Kliek hier vir 'n volledige inhoudsopgawe, of hier vir die inleiding.

    'n Engelse weergawe van die opsomming is hier beskikbaar.
    An English version of the abstract is available here.

    carine@ananzi.co.za
    Gemaak met Notepad deur carine op 29 Desember 2000