Huis toe
Opsomming
Indeks
Inleiding
  • Eerste Indrukke
  • Inhoud
  • Ouderdom
  • Oorsprong
  • Doel/Gehoor
  • Gevallestudie
    Gevolgtrekking
    Webwerftipes
    URL's
    Skakels
    Kitskriteria
    Nuttige Wetenskapwerwe
    Bronnelys
    Woordelys


    Spider-web
    "The four pillars of wisdom that support journalistic endeavors are: lies, stupidity, money-grubbing, and ethical irresponsibility."

    - Marlon Brando


    Tipes Webwerwe

    Alexander en Tate 21 verdeel webbladsye in vier basiese kategorieë:
    1. Informatiewe bladsye, insluitende onafhanklike en akademiese studies, verwysingsbronne en feitelike opsommings;
    2. Nuus- en Joernalistieke bronne soos elektroniese joernale en aanlyn-tydskrifte en koerante;
    3. Oortuigingsbladsye om bewustheid of siening van 'n sekere onderwerp te propageer; en
    4. Persoonlike tuisbladsye, informele plekke waar skrywers onder andere hul resumés plaas, skakels na hul gunsteling-webwerwe het en hul publikasies, prestasies en idees kan propageer.

    5. Die Mansfield-biblioteek 22 voeg Bemarkingsbladsye as 'n vyfde tipe by.


    1. Informatiewe Webwerwe
    2. Hierdie webwerwe kan herken word aan 'n domeinnaam wat eindig met .edu, .gov, .ac.za of .gov.za. Dit word gewoonlik saamgestel deur die regering of onafhanklike persone of organisasies. Regeringswebwerwe soos dié van die Departement van Waterwese en Bosbou of die Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie bevat onder andere kopieë van voorgestelde wetgewing en inligting oor projekte waarmee hulle besig is.

      Regeringswebwerwe is soms partydig vir hul eie politieke siening en propaganda, maar oor die algemeen is dit van die betroubaarste inligting wat op die Web beskikbaar is.

      Inligtingswebwerwe deur individue of organisasies soos die Nasionale Botaniese Instituut is moeliker om te evalueer, maar gewoonlik ook betroubaar.


    3. Nuus- en Joernalistieke bronne
    4. Inligting op 'n nuuswebwerf is, soos gedrukte of uitgesaaide nuus, net tydelik. Wat vandag nuus is, is môre geskiedenis. Dié tipe bronne moet dus nie sommer gebruik word as verwysing nie - dis dalk nie meer by dieselfde web-adres wanneer jy soontoe wil teruggaan nie, omdat dit moes plekmaak vir varser nuus.

      Die domeinname van nuuswebwerwe eindig gewoonlik met .com of .co.za. News24 en WildnetAfrica se webwerwe is voorbeelde van nuusbronne.


    5. Oortuigingswebwerwe
    6. Oortuigingswebwerwe soos Greenpeace of 'n vrou se reg tot aborsie word dikwels geborg deur nie-winsgewende organisasies. Onafhanklike aktiviste publiseer dikwels ook hul eie literatuur. Die tipe webwerwe kan gewoonlik herken word aan domeinname wat eindig met .org of .org.za.

      Die Web is 'n koste-effektiewe plek vir politiese en sosiale advokate om die publiek te probeer oorhaal na hul sienings - hetsy oor homoseksualisme, aborsie, pelsjasse of evolusie. Hierdie tipe webwerwe moet gesien word as ideologiese advertensie-inligting (infomercials) eerder as opvoedkundige inligting. Die skrywers van hierdie tipe webwerwe is per definisie partydig. Die webwerf kritiseer maklik die hoofstroom, maar feite wat hul eie siening propageer, word nie so krities geëvalueer nie.

      Oortuigingswerwe moet egter nie summier afgeskiet word net omdat dit bevooroordeeld is nie. Waardevolle inligting oor 'n spesifieke organisasie se sienings is hier beskikbaar. Deur die webwerwe van ondersteuners van beide kante van 'n saak te besoek, is dit dikwels moontlik om 'n volledige prentjie daaroor te vorm.


    7. Persoonlike Webwerwe
    8. Die domeinname van persoonlike webwerwe (soos hierdie een) kan byna enige kode hê. Die gewildste is .com, .co.za, .edu en .ac.za. Adresse met geocities in die domeinnaam is moontlik ook persoonlik. 'n Tilde (~) in die adres dui op 'n persoonlike adres binne 'n groter maatskappy (gewoonlik op 'n akademiese werf).

      'n Tuisbladsy of persoonlike webwerf is 'n persoonlike advertensie van 'n persoon. Dit bevat gewoonlik inligting soos sy kontakbesonderhede, publikasies, kwalifikasies, belangstellings en sienings.


    9. Bemarkingbladsye
    10. Die domeinname van hierdie tipe webwerwe eindig gewoonlik met .com of .co.za en dit word hoofsaaklik gebruik om produkte te bemark. 'n Voorbeeld van so 'n webwerf is hier te sien.

    carine@ananzi.co.za
    Gemaak met Notepad deur carine op 1 Januarie 2001