Huis toe
Opsomming
Indeks
Inleiding
  • Eerste Indrukke
  • Inhoud
  • Ouderdom
  • Oorsprong
  • Doel/Gehoor
  • Gevallestudie
    Gevolgtrekking
    Webwerftipes
    URL's
    Skakels
    Kitskriteria
    Nuttige Wetenskapwerwe
    Bronnelys
    Woordelys


    Spider-web
    "No man means all he says, and yet very few say all they mean, for words are slippery and thought is viscous."

    - Henry B. Adams


    Woordelys

    aflaai - download
    Om iets van 'n ander rekenaar af op jou eie masjien te laai. Dit gebeur elke keer wanneer jy op die Wêreldwye Web op 'n skakel kliek en 'n dokument verskyn op jou skerm.
    bediener - server
    'n Rekenaar op 'n netwerk wat dienste (soos programmatuur of webbladsye) aan ander rekenaars beskikbaar stel.
    deurblaaier - browser
    'n Program waarmee (onder andere) webbladsye gelees word. Die bekendste voorbeelde in Suid-Afrika is Netscape Navigator en Internet Explorer.
    domeinnaam - Domain Name
    Die eerste deel van 'n webadres wat die masjien (rekenaar) spesifiseer waarop die webbladsye gelaai is. Die deel van die URL tussen die http:// en die eerste volgende /.
    duimnaelgrafika - thumbnail images
    'n Miniatuur-weergawe van grafika wat op 'n webwerf beskikbaar is. Dit laat die gebruiker toe om te kies watter prentjies die rekenaar moet aflaai.
    e-pos - e-mail
    Elektroniese pos. Programmatuur wat boodskappe tussen rekenaars via die Internet rondstuur.
    FTP Lêeroordragprotokol - File Transfer Protocol
    'n Fasiliteit waarmee dokumente van een rekenaar af na 'n ander gekopieer word oor die Internet.
    gasheer - host
    'n Rekenaar wat jou toelaat om van sy fassiliteite gebruik te maak.
    geselskamer - chat room
    'n Webwerf waar verskillende mense intyds (real-time met mekaar kan gesels deur hul kommentaar op die webblad te publiseer vir almal om te lees.
    hiperteks - hypertext
    Teks wat terselfdertyd 'n skakel is na ander plekke op dieselfde webbladsy, of na ander webbladsye toe.
    HTML Hiperteksmarkeertaal - Hypertext Markup Language
    Die taal of kodes wat gebruik word om 'n dokument vir die Web voor te berei.
    HTTP Hiperteksoordragprotokol - Hypertext Transfer Protocol
    'n Standaard waarmee web-dokumente van een rekenaar af (die gasheer) na 'n ander (die kliënt) afgelaai word.
    ikoon - icon
    Klein prentjies wat 'n skakel of opdrag voorstel.
    Internet - Internet
    'n Wêreldwye rekenaarnetwerk.
    inpropprogram - plug-in
    Sagteware wat funksionaliteit by ander programme byvoeg.
    IRC Internetaflosklets - Internet Relay Chat
    Om op die Internet met ander Internetgebruikers te gesels deur boodskappe op 'n gemeenskaplike webwerf te pos.
    Java - Java
    'n Programmeertaal wat die webontwerper toelaat om programme te skryf vir web-dokumente.
    Java teks - Java script
    'n Semi-programmeertaal wat die webontwerper toelaat om toepassings te skryf vir web-dokumente.
    kletskamer - chat room
    sien geselskamer
    kliënt - client
    'n Rekenaar wat van 'n ander rekenaar (die bediener) se dienste gebruik maak.
    koekies - cookies
    'n Inskrywing wat deur 'n webbladsy (of die bediener-rekenaar) op die kliënt-rekenaar gemaak word om die kliënt se voorkeure te dokumenteer.
    miniprogram - applet
    'n Klein toepassingsprogrammetjie in Java.
    netwerkadministrateur - network administrator
    Die persoon verantwoordelik vir 'n netwerk.
    omval - crash
    Die term wat gebruik word wanneer rekenaars skielik ophou werk.
    poslys - mailing list
    'n E-pos-groep van mense met dieselfde belangstelling. Elke persoon se bydrae word aan die hele poslys gestuur.
    programmatuur-pleister - pragram fix or program patch
    Klein verstellinkies aan programmatuur.
    raampie - frame
    'n Deel van die rekenaarskerm met die inhoud.
    teller - counter
    'n Teller op 'n webbladsy om te tel hoeveel keer die webbladsy besoek is.
    tuisblad - home page
    Die eerste bladsy van 'n webwerf, of 'n bladsy waar iemand sy persoonlike inligting en stokperdjies publiseer, of die eerste bladsy wat oopmaak nadat jy jou webblaaier geaktiveer het.
    URL Bronadres - Uniform Resource Locator
    Die unieke adres van 'n webdokument.
    wagwoord - password
    'n Kode wat toegang tot inligting of webwerwe verskaf.
    webmeester - webmaster
    Die persoon verantwoordelik vir 'n webwerf.
    webbladsy - web page
    'n Bladsy met 'n unieke URL.
    Webwerf - website
    'n Versameling webbladsye oor dieselfde onderwerp of deur dieselfde persoon of instelling.
    Wêreldwye Web - World Wide Web
    Die deel van die Internet waar webbladsye gepubliseer word.



    'n Volledige woordelys is beskikbaar by die Stigting vir Afrikaans.

    carine@ananzi.co.za
    Gemaak met Notepad deur carine op 29 Desember 2000