|
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passions,
they cannot alter the state of facts and evidence."
- John Adams
'n URL-gids
URL - die unieke adres van 'n webbladsy
Domeinnaam - die deel van 'n webadres tussen http:// en die eerste / daarna
Die laaste deel van die domeinnaam kan 'n idee gee van die land en tipe organisasie waaraan dit behoort:
- .gov - 'n Regeringswebwerf in die VSA
- .mil - 'n Militêre webwerf in die VSA
- .us - 'n Regeringwebswerf in die VSA
- .edu - 'n Tersiêre akademiese instansie in die VSA
- .com - 'n Kommersiële instansie in die VSA
- .org - 'n Nie-winsgewende organisasie in die VSA
- .net - 'n Rekenaarnetwerk, gewoonlik Internet-verband, in
die VSA
- .int - 'n Internasionale organisasie
- .ac.za - 'n Naskoolse akademiese instansie in Suid-Afrika
- .co.za - 'n Kommersiële instansie in Suid-Afrika
- .school.za - 'n Webwerf vir skole in Suid-Afrika
- .org.za - 'n Nie-winsgewende organisasie in Suid-Afrika
- .gov.za - 'n Regeringswebwerf in Suid-Afrika
'n Volledige lys met domeinname is by www2.frd.ac.za/uninet/zadomains.html beskikbaar.
Die laaste twee letters van 'n domeinnaam verklap die naam van die land waar die naam geregistreer is:
- .za - Suid-Afrika
- .sz - Swaziland
- .sa - Saudi-Arabië
- .be - België
- .au - Australië
- .ca - Kanada
- .fr - Frankryk
- .jp - Japan
- .no - Noorweë
- .tv - Tuvalu
'n Volledige lys van lande se kodes is beskikbaar by http://www.norid.no/domreg.html , of by die amptelike webwerf-administrasiewebwerf:
http://www.iana.org/cctld/cctld-whois.htm .
Die laaste deel van die domeinnaam is nie noodwendig 'n aanduiding waar die eienaar van die webwerf woon nie, maar eerder waar die webwerf geregistreer is. Alcatel Suid-Afrika se webwerf eindig byvoorbeeld met .fr. Sommige besighede registreer hul webwerwe doelbewus in die buiteland om eksotiese agtervoegsels soos .tv te kry.
Om die eienaar van 'n domeinnaam op te spoor, kan sy naam by 'n domeinregistrasieagentskap (Domain Registry Agency) gesoek word:
TERUG na die skrywer van die webwerf.
TERUG na die domeinnaam van die webwerf.
carine@ananzi.co.za
|