Tuisbladsy              
 
  Balkie Nuut Jamie Martie Werkskole

Publikasies

e-pos: martie@storiewerf.co.za

terug na publikasies

Skryfboeke

Prenteboeke

Kinderboeke

Jeugboeke

Jeugboeke

MY NAAM IS ALEXANDER EN WAT DAARVAN?

(1996: KAGISO)
(Tel.: MASKEW MILLER EN LONGMAN: 021 531 7750)

FLAPTEKS

Almal begin meteens opgewonde praat en lag. Niks om oor te lag nie, so ver ek kan sien. My voete pyn ondraaglik. My tekkies lyk soos modderstewels. Ek kyk op my horlosie. Dis drie-uur in die oggend! En hier sit ek soos 'n natgereënde hoender met modderstewels tussen 'n spul idiote êrens in 'n grot in die middel van die berge. Ek moet beslis my kop laat lees.

Alexander besluit om op 'n skoolstaptoer berge toe te gaan, want hy wil wegkom van die huis af. Die res van die stappers kan doen wat hulle wil, solank hulle hom net uitlos.

Maar dinge verloop nie volgens plan nie. Louise met die baie vlegseltjies pla hom, sy voete is vol blase, en toe jaag 'n donderstorm hulle in die middel van die nag op en hulle moet skuiling soek. In 'n grot. Waar Alexander 'n ontstellende ontdekking doen...

Die staptoer word 'n ontdekkingsreis waarin Alexander die grotte van sy eie hart en dié van sy medestappers leer ken.

Kliek op die Kalahari prentjie om 'n boek direk van kalahari.net te bestel.