Tuisbladsy              
 
  Balkie Nuut Jamie Martie Werkskole

Publikasies

e-pos: martie@storiewerf.co.za

terug na publikasies

Skryfboeke

Prenteboeke

Kinderboeke

Jeugboeke

Kinderboeke

JY EN HERCULES (kies-jou-eie-avontuur)

(1993: J.L. van SCHAIK) 
ILLUSTRASIES (SWART EN WIT) : ELIZABETH PULLES

(UIT DRUK) 

FLAPTEKS

Kan jy (met 'n bietjie hulp) 'n leeu aandurf? Sal jy die goue appels van die nimfe anderkant die einde van die węreld gaan haal? Wat sal jy maak as jy in die hond van die onderwęreld vasloop? 
Dit is die soort besluite wat 'n mens moet neem voor jy hierdie boek oopmaak.

As jy hou van veilige dinge wat op gewone maniere gebeur, moet jy wegbly uit die ou Griekse mites waar Atlas die hemel vashou en 'n monster met drie koppe in die donker skuil.

Maar miskien is jy ouer as ses, met genoeg moed vir vreemde goeters. Dan is jy dalk die een om die groot Hercules met sy eienaardige take te help.

Jy en Hercules is meer as 'n boek. Dis 'n avontuur wat julle self onderneem en jy kan net hoop dat Hercules weet waarheen...

Kliek op die Kalahari prentjie om 'n boek direk van kalahari.net te bestel.