Tuisbladsy | |||||||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
Balkie | Nuut | Jamie | Martie | Werkskole | |||
Publikasies |
|||||||
|
|||||||
e-pos: martie@storiewerf.co.za |
terug na publikasies |
Skryfboeke Prenteboeke
Kinderboeke
Jeugboeke |
|||||
Jeugboeke |
|||||||
ANDERKANTLAND
PRYSWENNER: Silwer Sanlampprys en CP Hoogenhout-medalje
SNEEUWITJIE SOOS UITGEBEELD IN
ANDERKANTLAND BESPREEK IN MA-VERHANDELING
Marlize Leyden-Burger bespreek Sneeuwitjie, soos uitgebeeld in onder andere
ANDERKANTLAND in haar MA-verhandeling, getitel: Twintigste-eeuse transformasie
van Sneeuwitjie met die klem op Afrikaanse en Nederlandstalige tekste.
In MEI 2001 het ZANDRA DUVENAGE van
DURBANVILLE se Dramagroep 'n uiters suksesvolle toneelverwerking van
ANDERKANTLAND (TAFELBERG UITGEWERS) op die planke gebring. Daar is ook 'n VIDEO
geneem van die opvoering. Indien iemand meer besonderhede verlang, e-pos my
gerus.
FLAPTEKS
Die hele storie het begin toe ek een middag na skool in die bos gaan loop het.
Ek wou gaan dink. Die enigste plek waar ek dit kan doen, is by my sitplek langs
die rivier. Wanneer ek daar sit, voel ek soos 'n koningin, totaal in beheer van
alles, van my koninkryk, die bos. RESENSIE
Al leer ons nooit haar naam ken nie, gaan ons in
hierdie verhaal op 'n verbeeldingsreis saam met 'n veertienjarige meisie wat ek
gerieflikheidshalwe Meisie wil noem.
MOTIVERING VIR TOEKENNING VAN C.P. HOOGENHOUT MEDALJE
Martie Preller se kinder- en jeugboeke
verleen 'n nuwe
sprankel aan boeke in hierdie genre
vanweë die ongewone verbeeldingryke en
humoristiese aanslag wat haar lekkerleesboeke
karakteriseer. Anderkantland is
dan ook een van die eerste post-modernistiese kinderboeke in Afrikaans waarin
die dekonstruksie van die klassieke
sprokie met ontsag behandel word.
Met die
oopmaak van 'n alleenstaande towerdeur in 'n dennebos maak die spitsvondige
heldin 'n towerwêreld vir haarself en die leser oop. Haar pogings om in die
verloop van die bekende sprokiesgebeure in te meng, lei tot bisarre en soms
onaangename gevolge. 'n Unieke groen
telefoon, die kommunikasielyn van die
hedendaagse tiener, vervul die rol van 'n
geniepsige waghondjie. Soos wat die
heldin egter deurentyd met die leser gesels,
kom die ware rede na vore waarom
sy na hierdie sekondêre sprokieswêrels ontvlug
asook die besef dat in die ware
wêreld aanvaarding meer as inmengende
verset kan vermag. 'n Geslaagde verhaal
wat op 'n vernuwende wyse die leser, nog vertroud met die sprokiesbelewenis,
intrek in die jong tienermenswêreld. |
![]() |
||||||
Kliek op die Kalahari prentjie om 'n boek
direk van kalahari.net te bestel. |