Tuisbladsy | |||||||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
Balkie | Nuut | Jamie | Martie | Werkskole | |||
Publikasies |
|||||||
|
|||||||
e-pos: martie@storiewerf.co.za |
terug na publikasies |
Skryfboeke Prenteboeke
Kinderboeke
Jeugboeke |
|||||
Kinderboeke |
|||||||
'n HAAS MOET DOEN WAT 'n HAAS MOET DOEN
HAAS DEEL VAN 'n M-VERHANDELING 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen het
nou deel van 'n M-verhandeling geword! Die titel is: Humor in Kinderverhale
deur Jani van Niekerk. Sy het die soorte humor, soos dit gevind word in drie
Afrikaanse kinderverhale ontleed en vergelyk met die humor in drie Nederlandse
kinderverhale.
FLAPTEKS
Vir baie jare daarna het die mense nog gegons oor wat presies gebeur het. Gerda
was op die voorblad van al wat 'n koerant en 'n tydskrif was. Verslaggewers het
tougestaan om 'n persoonlike ondehoud met haar te kry. Sy was beroemd! Selfs
die oorsese koerante het die vreemde verhaal vertel. Die naam Gerda Marais was
op almal se lippe. En dit het alles begin daardie oggend... daardie
Donderdagoggend... En sy kon nie wortels verdra nie. Dit het nie saakgemaak wat
haar ma gedoen het nie, sy het geweier om wortels te eet. Sy het net gesê:
"Wortels maak my naar," en dit was dit.
RESENSIE
Dis 'n lekker storie dié, en hy hou jou geboei van die
oomblik dat die hoofkarakter - Gerda, 'n doodgewone kind met vaal boksterte -
op die eerste bladsy haar oë oopmaak. Maar dis natuurlik nie aldag dat Gerda as
'n haas wakker word en dan binne minute moet koes vir haar eie hond en die
koerantafleweraar, wat haar as die ideale biologie-projek (opgekook, natuurlik)
beskou nie. En dis maar net die begin van haar probleme... Saam met
haar beleef die jong lesers al haar avonture as 'n haas, en leer hulle
tussendeur 'n paar omgewingslesse en kry selfs 'n voorsmakie van die politiek.
Suzette Truter
|
![]() | ||||||
Kliek op die Kalahari prentjie om 'n boek
direk van kalahari.net te bestel. |